Page 2 of 2
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Thu Mar 08, 2012 7:18 pm
by Hein M.
Dus is dit in orde om die loop "skoon te skiet"? As die deklaag so onbeduidend is, hoekom is dit daar?
Skuus, net my dom vrae, Gerard...
Mooiloop!
Hein
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Thu Mar 08, 2012 7:57 pm
by Marc
Hein M. wrote:
As die deklaag so onbeduidend is, hoekom is dit daar?
Skuus, net my dom vrae, Gerard...
Mooiloop!
Hein
Nou wonder ek ook

Aai die forum is 'n lekker plek

Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Thu Mar 08, 2012 9:12 pm
by Gerard
Dus is dit in orde om die loop "skoon te skiet"? As die deklaag so onbeduidend is, hoekom is dit daar?
Hoe kom jy daarby uit? Ek sukkel om te verstaan waarom jy daardie twee afleidings maak. Wat het ek ges? wat sou aandui dat lope nie hoef skoongemaak te word waar GSC koeels gebruik word nie? Hoekom sou 'n deklaag wat geen nadele het (soos vele ander) maar net voordele, onbeduidend wees?
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Fri Mar 09, 2012 5:06 pm
by Hein M.
Gerard wrote:
Dus is dit in orde om die loop "skoon te skiet"? As die deklaag so onbeduidend is, hoekom is dit daar?
Hoe kom jy daarby uit? Ek sukkel om te verstaan waarom jy daardie twee afleidings maak. Wat het ek ges? wat sou aandui dat lope nie hoef skoongemaak te word waar GSC koeels gebruik word nie? Hoekom sou 'n deklaag wat geen nadele het (soos vele ander) maar net voordele, onbeduidend wees?
Gerard,
Ek maak (weereens) verskoning vir die dom vraag... Ek probeer ook nie opsetlik of snaaks wees nie...
Wat beteken hierdie in Afrikaans vir stadiges:
Dit is heeltemal omruilbaar met kaal koe?ls en die beste manier om ons deklaag te hanteer is om te maak of jy dit nie gesien het nie. Dit is nie nodig om anders as met kaal koe?ls skoon te maak of enigiets anders te begin doen nie.
Mooiloop!
Hein
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Fri Mar 09, 2012 8:47 pm
by Biltongjagter
Wat beteken hierdie in Afrikaans vir stadiges:
Dit is heeltemal omruilbaar met kaal koe?ls en die beste manier om ons deklaag te hanteer is om te maak of jy dit nie gesien het nie. Dit is nie nodig om anders as met kaal koe?ls skoon te maak of enigiets anders te begin doen nie.
Ek lees hierdie
Dit is heeltemal omruilbaar met kaal koe?ls en die beste manier om ons deklaag te hanteer is om te maak of jy dit nie gesien het nie
as:
'Of jy met GSC se geplateerde koe?ls skiet en weer daarna met ongeplateerde koe?ls skiet en andersom, is daar geen merkbare afwyking in die punt van impak met elke tipe koe?l, wat deur moontlike aanpakking van enige aard in die geweerloop sou plaasgevind het nie.'
S?, maak of jy die platering nie gesien het nie!
Dit is nie nodig om anders as met kaal koe?ls skoon te maak .....
Weens geen of bitter min aanpakking wat GSC se geplateerde koe?ls meebring, is dit nie nodig om juis anders as gewoonlik skoon te maak as waar jy ongeplateerde koe?ls in jou geweer geskiet het nie.
Dit nou nie om namens Gerard te antwoord nie, maar my praktiese ervaring oor 8+ jare se skiet met GSCHV koe?ls in al my gewere, het my baie duidelik gewys dat skoonmaak van hierdie gewere se lope nog nooit so maklik was soos met GSC koe?ls se gebruik nie.
By ges?, ek gebruik natuurlik net M98.
Groete,
Koos.
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Fri Mar 09, 2012 8:52 pm
by Hein M.
Koos,
Dankie vir die verduideliking, pel. Het hom nou
Groetnis!
Hein
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Thu Jun 07, 2012 12:08 am
by Gerard
Die projek kom mooi aan. Vir skaal is daar 'n 308Win op links.
[img width=560 height=477]
http://www.gsgroup.co.za/1690spdies.jpg[/img]
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Thu Jun 07, 2012 1:12 pm
by DawieKotze
Liewe Ouers Oom Gerard!!!!!!!!!!!!
Daai rondte vat amper 'n hele blik kruit!!
Dit sal darem lekker wees as jy ons gaan wys waar julle die "ding" uit toets
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Thu Jun 07, 2012 1:20 pm
by vlakvark1
Oom Gerhard
Dit is baie interesant maar dit lyk meer na n kanon

amper soos die ''Longtomkanon'' hier in Lydenburg-- net baie meer modern

Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Sat Jun 09, 2012 1:14 pm
by Armand Steenkamp
Oom Gerhard,hoekom is daai longtom nie ge ackley nie?? ;DEk sien sy skouers lyk soos n weatherby se skouers in plaas van 40graade ??
Groetnis
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Sat Jun 09, 2012 9:32 pm
by Gerard
madako, mens kry darem so tussen 12 en 17 ladings uit 'n blik uit, dit hang af watter koe?l en watter afstand verlang word. Die baantoetse word op 'n milit?re baan in die VSA gedoen en sodra fotos beskikbaar is sal ek hulle hier plaas.
vlakvark1, ek het laas by Longtom stilgehou op pad van Nelspruit af Tzaneen toe. Ek was teleurgesteld om te sien dat die geelkoper plate wat die geskiedenis op aangeteken was, gesteel is. Dit is seker die probleem wanneer mens met 'n klomp goed in die land sit wat net een dimensie sien: Die scrap waarde van wat hulle ookal kan steel.
Armand, die ontstekingstelsel van die dop is nie soos ons dit gewoonlik ken nie. Die lading word van voor af ontbrand in plaas van van agter af, soos gewoonlik. Hulle gebruik ook nie gewone slagdoppies nie, hulle is nie warm genoeg nie en 50BMG slagdoppies is nie konsekwent genoeg nie. Ek is nie seker of die lot doppe reeds so aangepas is nie maar dit was die plan. Die ide? is nie nuut nie.
Hou ook in gedagte dat die 40 grade skouer van 'n Ackley omskakeling nie gedoen word om ontbranding of die vloei van gas deur die nek van die dop te bevorder nie. Dit is slegs 'n gerieflike, eenformige syfer om die dop meer volume te gee en ter selfder tyd te verseker dat die nek/skouer aansluiting op dieselfde plek is as dit wat op die standaard kaliber gedoen is.
Die skouer wat op die dop in die foto is, se vorm is met groot omsigtigheid ontwerp maar mag dalk weer verander. Die skouer en die nek is so gevorm dat die ontbrandende gas die hoogste moontlike volume gas deur die nek sal vloei met die minste moontlike weerstand.
Dit is 'n baie interessante projek die want elke aspek van elke komponent word onder die vergrootglas geplaas.
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Sun Jun 10, 2012 8:31 am
by Armand Steenkamp
Jissie nee dis intresand! Sou nooit kon raai dat die kruit kolom van voor af brand gesteek kan word nie!
Oom gerhard hou ons asb op hoogte van hoe hy vorder
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Sun Jun 10, 2012 8:34 am
by vlakvark1
Gerard wrote:
vlakvark1, ek het laas by Longtom stilgehou op pad van Nelspruit af Tzaneen toe. Ek was teleurgesteld om te sien dat die geelkoper plate wat die geskiedenis op aangeteken was, gesteel is. Dit is seker die probleem wanneer mens met 'n klomp goed in die land sit wat net een dimensie sien: Die scrap waarde van wat hulle ookal kan steel.
Ja oom Gerard dit is hartseer hoe ons land agteruit gaan

. Deesdae is dit so erg as jy gaan jag moet jy voor jy sneller trek om die bok te skiet eers weer gou die geweer se slot oopmaak om te kyk of die petroon nie dalk uit die loop gegaps is nie.

Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Tue Jul 03, 2012 3:02 pm
by Gerard
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Tue Jul 03, 2012 3:05 pm
by VdWalt

Daai geweertjie is nie vir walk en stalk gebou nie....
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Tue Jul 03, 2012 10:27 pm
by BenG
vGerard,
Baie geluk met die projek en die goei vordering. Ek neem aan jou werk is nou klaar? Dit sal jammer wees, want ek het die gereelde poste oor die projek geniet.
Wat die laaste foto betref, ek het elders op die forum gelees jy noem dat die wapen in die man se regterhand 'n kolf op het wat "hulle" ook bou. Ek hou nogal van die kolf, hy lyk lig en verstelbaar. Wie is die "hulle" wat die kolwe bou?
Dan 'n ander ding waaroor ek gewonder het, vir wie het jy die wapen gebou?
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Tue Jul 03, 2012 11:37 pm
by Gerard
Hallo Ben,
Ek het nie die geweer gebou nie, net die spec vir die loop vasgemaak en toe die koe?ls gedoen. Die geweer is in die VSA gebou deur verskeie plekke wat elk 'n spesialis op hulle gebied is. Die projek is nog aan die loop. Hulle het toetse gedoen met verskillende ladings en druk probleme opgetel 100gr bokant waar hulle begin het. Iets op die slot het gebreek en dit word nou herstel.
Die produksiekoe?ls word verder deur GS Custom USA gemaak.
Die kolwe word deur XLR gemaak en beide die kolf en aksie is 'free floating'. Hulle het onlangs eers 'n webwerf begin bedryf en is nog besig om te bou daaraan.
http://www.xlrindustries.com/
Die projek is onder die vlerk van Monolithic Munitions.
http://monolithicmunitions.com/
Soos wat inligting beskikbaar word sal ek dit hier bysit.
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Wed Jul 04, 2012 12:28 am
by Johnnie De Wet
Watse scope sit jy op om 5000m te skiet?
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Wed Jul 04, 2012 8:24 am
by Gerard
Die ouens maak teleskope vir enige aanwending. Deur nog 'n lens element by te voeg kan die vermo? van die teleskoop verdubbel word sodat 10 tot 42 20 tot 84 word. Vir proewe gebruik hulle huidig 'n gewone Nightforce x42 teleskoop.
http://www.usoptics.com/optics/sn-9.html
Die foto is van 'n herwinde koe?l. Stadige internet konneksies moet geduldig wees, die foto is groot.
http://monolithicmunitions.com/wp-conte ... 050083.jpg
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Fri Jul 06, 2012 8:45 am
by Gerard
Dit was die eerste skoot met 'n verminderde lading van net onder 2000vps om te kyk of daar nie verrassings is nie.
http://www.youtube.com/watch?v=ua1xM8-Bj5s
Re: iets interessants 5000m geweer
Posted: Fri Jul 06, 2012 10:20 am
by BLOK
Magtag daai is nou n skoot. Ek wonder net moet oom nie dalk Clarence se nommer vir hulle stuur nie. n Terminator sal dalk help dat die skut deur die stof sal kan sien. hahaha
Verder sien ek ook uit om soos Ludwig te sien wat maak hy op 5km