Page 2 of 2

Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.

Posted: Tue Dec 31, 2024 3:34 pm
by JAGTERSREG-JRM
DWB wrote: Tue Dec 31, 2024 7:52 am Ek het seker dan al eelte op my skouers.

My 404 se loop is al vir die 2de keer blink gedra.

Ek kan steeds my loop weg wys van wie voor my is, en doen dit ook so.

As geweer nie op my skouer is nie is hy in my hand, die terrein bepaal dit.

As hy eers sy lêplek op die skouer het dan sit hy mooi.

Tussen bosvarke oor honde, plase met buffels en dan self grootwild jag moes mens maar leer dat slings nie werk nie.

Moet nogals met jou saamstem. Wag ek sal byvoeg is as mens gevaarlike goed jag 375 en op is da nie n band naby nie. Plekke wa ek al in was sal jy jouself so vas koek dat jy nie gou sal uitkom nie.

Ja ek dra die geweer “Afrika Styl” maar ook in die hande. As jy kilos doen help dit as jy posisies kan verander en veral met dubbel. Linkerhand, regterhand, linker skouer en regter skouer. Oor die algemeen as da man voor jou is probeer jy ma roer in jou hand dra en veral n ruigtes.

Bitter min van my gewere het belde op en verkies maar om n ding in die hand te dra maar as ek n geweer dra wat n band het hou ek van loop na onder (asof da dan minder stremming op jou rug is).

Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.

Posted: Tue Dec 31, 2024 4:47 pm
by Ds J
Hoe groot is die verskil tussen 'n dubbelroer en 'n slotroer oor die skouer, of is dit om't ewe?

Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.

Posted: Tue Dec 31, 2024 5:00 pm
by Apie
Ek gebruik my geweerbelt as ek lang ente vinnig wil stap en ook om beter van die langer skote te kan skiet.

Geweerbelt het QD swivels op so wanneer ek in die bos beweeg haal ek hom gou af en jag met my geweer in my hande!

Ek dink mens pas aan soos jou jag omstandighede rondom jou verander.

Ek sal ook soms as ek alleen jag die geweer alla PH oor my skouer dra vir kort stukkies om net bietjie ander spiere te gebruik.

Jou geweerbelt moet vir jou ‘n hulpmiddel wees wat jou jag of skiet verbeter.

Gebruik soos nodig!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.

Posted: Tue Dec 31, 2024 7:07 pm
by JAGTERSREG-JRM
Ds J wrote: Tue Dec 31, 2024 4:47 pm Hoe groot is die verskil tussen 'n dubbelroer en 'n slotroer oor die skouer, of is dit om't ewe?
Dubbel weeg so in die omgewing van 5-5.5kg as ek reg onthou. En Ruger Afrika hier in omgewing van 4-4.5kg

Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.

Posted: Tue Dec 31, 2024 10:00 pm
by Eduard Venter

tau wrote: Watse wapen dra jy? Teleskoop of oopvisier?
Oop visier Winchester mod 70 375. Het 'n teleskoop met qd monterings in die bakkie





Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.

Posted: Tue Dec 31, 2024 11:05 pm
by Ds J
JAGTERSREG-JRM wrote: Tue Dec 31, 2024 7:07 pm
Ds J wrote: Tue Dec 31, 2024 4:47 pm Hoe groot is die verskil tussen 'n dubbelroer en 'n slotroer oor die skouer, of is dit om't ewe?
Dubbel weeg so in die omgewing van 5-5.5kg as ek reg onthou. En Ruger Afrika hier in omgewing van 4-4.5kg
Daai ou een kilogrammetjie kan redelike probleem raak as 'n mens hom nie gewoond is nie. Dis die rede waarom daar vroeër askari's was.

Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.

Posted: Wed Jan 01, 2025 1:31 am
by JF123
As 'n nuwe jagter moet ek sê wanneer daardie skoot klap is dit nogal moeilik om te onthou om weer vinnig de slot oor te haal. Bokkoors maak mens onnosel.

Dit was vir my moeilik om my swaar loop geweer te dra met die draband oor die skouer. Die geweer wou die heel tyd horisontaal draai. Ek het ook probeer om loop ondertoe te dra, maar dan het die loop aan elke takkie en bossie wooroor ek getrap het gehak.

Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.

Posted: Wed Jan 01, 2025 9:39 pm
by Lategan1
Sien JF was vroegdag in die nuwe jaar wakker!

Nog so ene.

Beste.

https://youtu.be/HFb7xs0f6ls

Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.

Posted: Thu Jan 02, 2025 12:04 pm
by win270
https://youtu.be/HFb7xs0f6ls

Bostaande het inderdaad 'n geskiedenis en kan slegs veilig so gedra word as die jagter heel voor loop.

Nietemin, manne en vroue, laat ons nie verder hieroor debatteer en dalk mekaar vies maak nie. Dra hom soos jy wil SOLANK dit ALTYD veilig is.

Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.

Posted: Thu Jan 02, 2025 1:04 pm
by JAGTERSREG-JRM
As alles in die lewe dieselfde was was die lewe maar vrek BORING!!! Elke man se vrou is nie noodwendig almal se vrou keuse nie. Veiligheid eerste dan kan jy hom aan die voorvisier ook dra as jy wil......