Page 2 of 2
Re: Hulp Asseblief!
Posted: Mon May 20, 2024 7:04 pm
by PhilManders
Wonder net, was jou vorige scope MOA en nuwe een MRAD?
Het jy boresight op nuwe scope gedoen?
Ek sou as ek jy is net eers probeer die geweer met nuwe scope op 100m op papier kry. Groot teiken, mik op 'n lae kol en kyk of jy baie hoog is en kyk dan of jou scope MOA of MRAD is en stel dan ooreenkomstig af tot jy nader aan kol kom
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Hulp Asseblief!
Posted: Mon May 20, 2024 7:13 pm
by PhilManders
Nog iets, as jou baan 'n wal agter die teiken het, sit teiken laag genoeg voor wal en vat iemand saam om jou te help kyk waar die stof opslaan as jy teiken mis dan weet jy darm waar jou mis skote tref
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Hulp Asseblief!
Posted: Tue May 21, 2024 7:59 am
by Kolhasie
Jy kan nie se daars fout nie.
Kry eers die skote op teiken dan kan jy van daar af werk.
letwel as ander scope opgesit is sal jy weer moet instel
Re: Hulp Asseblief!
Posted: Tue Jul 09, 2024 8:11 pm
by Jacquesb
My klein inset, en een van die manne het dit hierbo vlugtig aangeraak.
Is daar nie dalk n drukpunt tussen kolf en loop nie, dalk n nuwe swiwel opgesit?
Trek n geldnoot tussen die loop en kolf deur ek kyk.
Re: Hulp Asseblief!
Posted: Tue Jul 09, 2024 10:06 pm
by Joe13
Net soos oom Tripod gesê het.
As jy nie baie wil krap nie, stel daai scope af, draai jou knobber bo op die scope. Vat jou teiken stelselmatig vorentoe en kyk waar hy wat maak.
Re: Hulp Asseblief!
Posted: Thu Jul 11, 2024 8:01 pm
by Hansieslim
Nepol
Is jou probleem nou al opgelos? Jy kan sien die ouens wil graag help.
Het jy gedoen wat Oom tripod gesê het? Hy is reg as hy sê jy skiet bo oor jou 400x600mm teiken.
Stel voor jy kry 'n baie groot teikenbord en kry die skote eers op die teiken op 100m.
Jou teleskoopverstelling is dalk jou enigste probleem.
Hou ons ingelig asb.