Kom ons gesels bietjie jag stewels....
- 6mmMusgrave
- Hero Member

- Posts: 1033
- Joined: Thu Apr 28, 2016 2:06 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Kyk na die Jim Green Razorback ook. Regtig baie netjiese skoene en loop baie lekker. Ek wil ook graag n paar Courtneys he maar met n klein baba in die huis koop ek maar doeke en melk. So die jim greens is vir geld n baie lekker skoen
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1491
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
+1DWB wrote:Ek het maar tot dusvêr my Courteneys gekoop as hulle op "special" is
Ek het 2 stelle. Die plat sool en die modder sool. Beide werk goed en hou lank. Ek verkies die plat vir bosveld jag wat ek daagliks doen.
As die jagseisoen verby is gaan my eerste stel in vir hersool en 'n diens na 4 jaar. Nog geen ander skoen het my al ooit so lank gehou nie. Let wel ek dra hulle elke dag vir jag in die winter en boer enige ander dag.
Ek was in die verlede al heel tevrede met 'n stel wolverines wat ek gehad het en dan ook baie tevrede met 'n stel cat slip ons. Hulle is darem goedkoper as Courteneys en sal lank hou vir die manne wat nie elke dag jag nie.
Sent from my SM-A127F using Tapatalk
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Ek het ook nou 2 stelle wat ek wil terug stuur, dra hulle ook soos jy elke liewe dag.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

- tau
- Hero Member

- Posts: 3964
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Hang af wat doen jy met die jagstewels? Ry jy net agte rop 'n bakkie dan vat ek my Bluntstones heeldag aldag. Myne is nou 2.5 jaar oud en hulle lyk soso nuut. ek dra hulle elkedag en baie olie en diesel bemors hulle. EK wil wel nie ind ie berge met hulle loop nie.
As jy loop jag in berge ne oopvisier ook nog vat jou skoene vreeslik houe en ook jou enkels. Dan soek ek iets wat my enkles help, sag loop en nie raas nie(meesste stapskoen vaal hier.) Jy soek ook 'n harde sool met stewige liners as jy baie klipperige areas jag vir meer as een dag.
Tarzan is in my tuisdorp en ek het kry baie goeie diens uit my hoë jagstewels. Myne is al 3 keer hersssol end ie leer gan steeds sterk aan.
Ek weet die courtneys is asemrowend ek is net te arm vir 'n paar Jameson's

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13585
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Salomone somer dantau wrote: Mon Aug 07, 2023 11:56 am Hang af wat doen jy met die jagstewels? Ry jy net agte rop 'n bakkie dan vat ek my Bluntstones heeldag aldag. Myne is nou 2.5 jaar oud en hulle lyk soso nuut. ek dra hulle elkedag en baie olie en diesel bemors hulle. EK wil wel nie ind ie berge met hulle loop nie.
As jy loop jag in berge ne oopvisier ook nog vat jou skoene vreeslik houe en ook jou enkels. Dan soek ek iets wat my enkles help, sag loop en nie raas nie(meesste stapskoen vaal hier.) Jy soek ook 'n harde sool met stewige liners as jy baie klipperige areas jag vir meer as een dag.
Tarzan is in my tuisdorp en ek het kry baie goeie diens uit my hoë jagstewels. Myne is al 3 keer hersssol end ie leer gan steeds sterk aan.
Ek weet die courtneys is asemrowend ek is net te arm vir 'n paar Jameson's
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 551
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Ek het 'n stel Jim Green African Ranger (in die buffel leer). Die leer is hard en het langer gevat om in te loop, maar duk sokkies het mooi gehelp. Die sool is redelik hard, maar tog loop hul sag as jy jou kant bring en hul "grip" is goed op klip en nat gras. Ek is baie gelukkig met myne, maar hul is nou eers so 150km oud.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
-
Glocked
- Sr. Member

- Posts: 386
- Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Nee wat, vir bakkie jag vat ek sommer 'n paar slippers....tau wrote: Mon Aug 07, 2023 11:56 am Hang af wat doen jy met die jagstewels? Ry jy net agte rop 'n bakkie dan vat ek my Bluntstones heeldag aldag. Myne is nou 2.5 jaar oud en hulle lyk soso nuut. ek dra hulle elkedag en baie olie en diesel bemors hulle. EK wil wel nie ind ie berge met hulle loop nie.
As jy loop jag in berge ne oopvisier ook nog vat jou skoene vreeslik houe en ook jou enkels. Dan soek ek iets wat my enkles help, sag loop en nie raas nie(meesste stapskoen vaal hier.) Jy soek ook 'n harde sool met stewige liners as jy baie klipperige areas jag vir meer as een dag.
Tarzan is in my tuisdorp en ek het kry baie goeie diens uit my hoë jagstewels. Myne is al 3 keer hersssol end ie leer gan steeds sterk aan.
Ek weet die courtneys is asemrowend ek is net te arm vir 'n paar Jameson's
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
-
Glocked
- Sr. Member

- Posts: 386
- Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Ek sal dalk maar die Ranger's weer moet gaan loer ! Ek was net bang dat daai sool baie raas, hulle het net raserig gelyk en gevoelStephan86 wrote: Mon Aug 07, 2023 2:24 pm Ek het 'n stel Jim Green African Ranger (in die buffel leer). Die leer is hard en het langer gevat om in te loop, maar duk sokkies het mooi gehelp. Die sool is redelik hard, maar tog loop hul sag as jy jou kant bring en hul "grip" is goed op klip en nat gras. Ek is baie gelukkig met myne, maar hul is nou eers so 150km oud.
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
-
Willem Grobler
- Full Member

- Posts: 154
- Joined: Mon Jul 08, 2013 2:48 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Jag met n paar Freestyle boots vanaf 2003. Steeds in perfekte kondisie (Dubin!). Het baie lekker sole vir sagloop. Daar al wel so 2x n sekeldoring deurgesteek maar ek is nog hier om d storie te vertel…
As ek weer moet koop sal dit net hulle wees.
Sent from my iPhone using Tapatalk

toxicsox
- Sr. Member

- Posts: 358
- Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
My ervarings.
In volgorde van beste
My eerste ordentlike boots wat ek mee gejag het was Salomon Quest Boots. Dit is relatief duur (R4500.00) maar ek het die Noord Kaap se klippe in Phillipstown plat geloop op baie jagte, dorings platgetrap in Swartwater en Dwaalboom en besit hulle nogsteed vandag. Dit is sekerlik die gemaklikste stewels wat ek ooit besit het. Sover as wat Salomons tekkies aanbetref vind ek hulle tekkies baie ongemaklik en hard.
Ek het 'n stel Delta stewels gekoop ek dink by die army surplus of kon by Pretoria Arms Gewees het. Dit kos maar R800-00 en is so kameel kleur. Bitter gemaklik en teen die prys kan jy 2 stelle koop. baie ligte stewel maar ek het gevind dit is nie gemaak vir sekelbos bosveld nie.
Wolverine. Ai tog. My vrou het vir my die hoë Wolvering Hunting Boot gekoop. Nie seker oor die prys nie maar ek dink nie dit is goedkoop nie. Die probleem was eerstens dat die stewel bitter maklik rek in wydte. Die sool het ook afgekom na 'n paar jagtogte.
Die jaar het ek vir my die Lowa Tibet GTX stewels gekoop. So teen R4000.00. Die stewels sal jou 'n leeftyd hou maar goeiste het ek gesukkel met dit. Ek het dit eers mooi ingeloop by die huis. Sommer werk toe en terug, maar mens loop mos nou nie baie by die werk nie en die bokke in die stad is min. By die jag na die eerste dag kon ek voel hier kom erge Medial Tibial Stress Syndrome, of soos ons hom ken, shin splints. Gelukkig het ek my Salomons saamgebring om op terug te val. Die probleem met die spesifieke Lowa's is dat die sool so ferm en hard is dat daar maar bitter min "flex" in die sool is. Om heeldag platfoet te loop is nie vir sissies nie. Die gaan maar my werk-toe-en-terug stewels word.
Ek het vir my 'n paar platsool Freestyle Tankwa stewels van die Kaap af bestel en verwag dit volgende week. Met my plat voete sal ek maar sien hoe dit loop. As 'n G3 K1 in die weermag :-) het platsole my goed gedoen.

iwbotha
- Newbie

- Posts: 47
- Joined: Tue Mar 05, 2019 10:49 am
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Gordonfoootwear - Oryx boot with Crepe sole
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Kom ons gesêls of Courtenney hulle gelde werd is.
Deel van wat jy koop is diens. My track rekord staan nou so:
2007: ek werk by Safari as student en Willem gee vir my n paar, in fact dit was nog DIW oorkant Mug en Bean
In 2011 kom hulle sole los en voor elke jagseisoen sikaflex ek hulle terug tot 2015. Daai huntex noem ek dit aan Gale, en sy sit vir my nuwe uppers op, en hersool hulle behoorlik sonder koste. Daai boots jag nou nog
2015 by dieselfde huntex soek ek Warriors, hulle verkoop uit teen R1000, maar het nie my grootte nie. Nogtans laat hulle vir my teen daai prys maak en koerier.
Seker 2014 maak Jane Halse hulle die RW winkel toe. Daar het ek toe vellies teen R800 en Selous teen R1200 raakgeloop. Met beide jag ek ook nog steeds. En ek is met die vellies getroud tussen in ook nog.
So nee wat koop een keer, kry maar seer, maar jy het hulle vir n leeftyd.

.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- mr rey
- Jr. Member

- Posts: 90
- Joined: Thu Jan 24, 2013 11:16 am
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Dag se manne,
Ek kom nou soos Richie McCaw van n onkant hoek in die gesprek in maar wil graag die volgende vra:
1. Is daar n beproefde stewel in die mark wat help met “anti-pronation”. (Ek “pronate” - trap na binne met my voete)
2. Miskien is die antwoord op my eerste vraag “nee”, in daai geval- enige advies op n beproefde anti-pronation inner sole?
Ek is n lang man wat die skaal trek en my size 12 voete kort die advies Asb.
Ek kom nou soos Richie McCaw van n onkant hoek in die gesprek in maar wil graag die volgende vra:
1. Is daar n beproefde stewel in die mark wat help met “anti-pronation”. (Ek “pronate” - trap na binne met my voete)
2. Miskien is die antwoord op my eerste vraag “nee”, in daai geval- enige advies op n beproefde anti-pronation inner sole?
Ek is n lang man wat die skaal trek en my size 12 voete kort die advies Asb.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13585
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Ek werk elke dag met vellies, blue betties of blue paul en ek weti wat se 11.1.11 nog nie maar eks wild op n skoen. Ek loop die vellies (wat so tussen R1500 en 2800 n stel kos) se sole in 6 tot 8 maande kla dan breek hy onder my brug. Een of 2 van hulle het my gehelp en dit een keer oor gesool ma dit het weer net 8 maande gehou, ek het die naweek 4 stelle vir die tuindiens gegee en hier is nog 3 wat kruppel is maar drabaar is. Ek gaan nou maar vir my n ook stel Courtenney koop vir werk
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
blaser
- Hero Member

- Posts: 1609
- Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
ek het n stel courtenney wat 20 jaar oud is wat aandag kort
hoe maak ek
hoe maak ek
- Heinds
- Hero Member

- Posts: 786
- Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Persoonlik dink ek dit hang alles af watter tipe voet jy het. Ek het vir my n paar selous courteneys gekoop en hulle is nou al goed ingeloop maar my voete raak baie moeg in hulle as ek berg jag doen. Glad nie gemaklik nie en dis jammer want ek hou van die skoen . Ek het gevind dat hulle redelik plat is so tone se kneukels skuur teen die leer bo veral met afdraende en dit maak vir n ongemaklike sitasie terug by die kamp na n dag in die berg.
Sako 85 6XC
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
- saswart
- Sr. Member

- Posts: 485
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Lekker gesprek, elke keer as ek gaan jag is die keuse van watse stewels/skoene ek inpak amper so moeilik soos die besluit van watse roer. Ek vind my courteneys met ripple baie gemiklik, maar haat om met hul slag of vol bloed te raak (ek wil die goed oppas), Jim Green Rangers is ook lekker, ek het heelwat Sapmoks en ander vellies wat ook werk en nie omgee vir bloed nie en gewone gumboots vir slag en af en toe kort stap werk ook. Ek hou nie baie van die plastiek sole soos op stapbootse vir jag nie, hul loop harder en maak meer geraas, dit is waar die vellies/Courteney se ripple lekker werk. Maar ripple werk glad nie met nat gras, modder ens nie
- Askari
- Hero Member

- Posts: 714
- Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Hi Blaser. Stuur 'n epos vie Gale (gale@courteneyboot.com). Sy gaan vra dat jy die boots na Postnet Musina. Met hul vlge "SA log run" (maandeliks), sal sy dit daar kry, hulle op dollie en dan met die die eerste "log run" daarna vir jou Postnet. Hulle het my '08 Courtenays verlede jaar 'n "midlife upgrade" gegee en ek is baie tevrede.blaser wrote: Mon Aug 14, 2023 7:15 am ek het n stel courtenney wat 20 jaar oud is wat aandag kort
hoe maak ek
Gooi lood!!!!
-
blaser
- Hero Member

- Posts: 1609
- Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
dankie ek maak so
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13585
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Is daar n verskil in gewig tussen die Rangers en die Courteneys?saswart wrote: Mon Aug 14, 2023 10:06 am Lekker gesprek, elke keer as ek gaan jag is die keuse van watse stewels/skoene ek inpak amper so moeilik soos die besluit van watse roer. Ek vind my courteneys met ripple baie gemiklik, maar haat om met hul slag of vol bloed te raak (ek wil die goed oppas), Jim Green Rangers is ook lekker, ek het heelwat Sapmoks en ander vellies wat ook werk en nie omgee vir bloed nie en gewone gumboots vir slag en af en toe kort stap werk ook. Ek hou nie baie van die plastiek sole soos op stapbootse vir jag nie, hul loop harder en maak meer geraas, dit is waar die vellies/Courteney se ripple lekker werk. Maar ripple werk glad nie met nat gras, modder ens nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Ek sal aanbeveel dat jy iemand soos 'n orthopodis kry wat spesiale binnesole vir jou voet maak. My seun het so paar al vir omtrent 10 jaarm maar dit is nou al gedaan geloop.mr rey wrote: Thu Aug 10, 2023 5:42 pm Dag se manne,
Ek kom nou soos Richie McCaw van n onkant hoek in die gesprek in maar wil graag die volgende vra:
1. Is daar n beproefde stewel in die mark wat help met “anti-pronation”. (Ek “pronate” - trap na binne met my voete)
2. Miskien is die antwoord op my eerste vraag “nee”, in daai geval- enige advies op n beproefde anti-pronation inner sole?
Ek is n lang man wat die skaal trek en my size 12 voete kort die advies Asb.
Ek het 'n paar Freerange Tankwa skoene waarmee ek omtrent elke dag mee loop, ongelukkig nie elke dag in die veld nie. Aan die begin moes ek dit eers inloop, en toe kon ek ook 'n ou paar Hi-Tec skoene wat gedaan was se binnesole daar in sit. Nou loop dit baie lekker. Modder en nat teëls kan soms 'n probleem wees vir die crepe sole. Maar daardie sole loop stoep stil. My vrou kla dat sy my nie kan hoor loop as ek dit aanhet nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- saswart
- Sr. Member

- Posts: 485
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Rangers is swaarder as die Courteneys (ek het die Safari model)Capt. Yoda wrote: Mon Aug 14, 2023 1:13 pmIs daar n verskil in gewig tussen die Rangers en die Courteneys?saswart wrote: Mon Aug 14, 2023 10:06 am Lekker gesprek, elke keer as ek gaan jag is die keuse van watse stewels/skoene ek inpak amper so moeilik soos die besluit van watse roer. Ek vind my courteneys met ripple baie gemiklik, maar haat om met hul slag of vol bloed te raak (ek wil die goed oppas), Jim Green Rangers is ook lekker,
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13585
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Dankie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Wildebees Ratel loop alte lekker maar pasop vir n nattigheid of daai fyn gruis wat lyk soos polish media. Voete bo jou kop bitter vinnig.
- mr rey
- Jr. Member

- Posts: 90
- Joined: Thu Jan 24, 2013 11:16 am
Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....
Dankie vir advies Giepie.