Page 2 of 2

Re: Red dot bende

Posted: Wed Jan 14, 2026 3:26 pm
by DWB
saswart wrote: Wed Jan 14, 2026 12:25 pm
DWB wrote: Tue Jan 13, 2026 2:06 pm Ek het ook darem 3 Januarie my rekening vir die jaar oop gemaak.

Eerste vark op 1.5m in die mielies en die 2de een seker op so 12m in die plantasie waar sy oor 'n pad gespring het.

WhatsApp Image 2026-01-03 at 12.42.02.jpeg
Geluk! Ek vra namens 'n paar manne, gaan jy met daai oranje bolt knob aanhou skiet? Is dit 'n ping pong bal?
Namens meneer se vriend kan meneer in meneer se mo## in vlieg :laugh: :laugh: :laugh:

Daar binne die mielies en die jong boompies raak dinge nat en glad!!!

Re: Red dot bende

Posted: Wed Jan 14, 2026 3:44 pm
by saswart
Ja Deon, ons is maar net bekommerd oor jou, die rubber beskerming goedjies wat jy gebruik, wil wil lyk of jy dit laat pas kleur gewys met die jou kledingstukke. Volg week, skiet jy dalk saam met die NRL/PRS manne (hul het mos kleurvolle, gebrande kappies) en wat maak jy dan met daai rubber dingetjie?

Re: Red dot bende

Posted: Wed Jan 14, 2026 4:06 pm
by DWB
Nee wat, julle is veilig, my groot roere het nie sulke foefies op nie, maar die 7x57 se knop is glad!!! En daar staan darem Aimpoint op die een!!!

Re: Red dot bende

Posted: Fri Jan 16, 2026 4:02 pm
by Koos Barnard
Ek kon darem ook my rekening oopmaak vir 2026.
Hierdie bababulletjie gejag op die plaas waar ek 'n aftreejoppie het. My .375 gebruik met 300gr Spoor en reduced lading van 50gr S335 wat die koeël so teen 1765vps uitspoeg. Skietafstand was 44m. Ek het die koedoe voorgesit op 'n plek waar ek die afgelope paar weke baie koedoebulle sien beweeg. Was die oggend so 5.30 op my pos en het die bul teen 6.45 geskiet.

Vir diegene wat wonder of die Spoor teen so 'n lae snelheid oopmaak; hier is die bewys. Die koeël het die bok skuins van voor op die regterblad getref, die bladbeen gebreek, is bo-oor die hart waar dit al die "plumbing" afgesny het en ek het die koeël by die laaste ribbebeen aan die verste kant van die lyf herwin.

Ek hou van die ligte lading in die .375H&H. Dit voel of jy 'n .30-06 skiet en op kortafstand het dit genoeg slaankrag vir enige van ons boksoorte.

Re: Red dot bende

Posted: Fri Jan 16, 2026 4:08 pm
by Koos Barnard
Terwyl ek op die plaas was het ek sommer gevaarlike grootwild ook gejag. Die jakkals het my gestorm en ek kon daarin slaag om hom op 65m plat te trek net voor hy my wou byt. Die bobbejaan is verras op 58m. Hierdie een was 'n reus, die swaarste mannetjie wat ek nog ooit geskiet het. Ook 'n ou bobbejaan. Sy tande was al erg afgeslyt en heeltemal vergeel... anders as die een wat ek in Desember geskiet het waarvan die tande nog spierwit was.
Beide jakkals en bobbejaan is ook met die 300gr Spoor geskiet. Ek hou maar daarvan om goed bewapen te wees teen die gevaarlike goeters in die karoo. Hê-hê !!!

Re: Red dot bende

Posted: Fri Jan 16, 2026 5:39 pm
by DWB
Lekker Oom Koos

Re: Red dot bende

Posted: Fri Jan 16, 2026 7:09 pm
by JAGTERSREG-JRM
Ek het darm 2025 redelik lekker afgesluit. Klipharde jag in koppe en rotse en lelike ruigtes vir n draadbreker bul. Die Ruger Guide met sy houtkolf en Reflex was n plesier om te dra in die berg, Helse ervaring en tussen bloed sweet en reen het ons reggekom

Re: Red dot bende

Posted: Fri Jan 16, 2026 8:43 pm
by DWB
Kobus jou wetter!!! Baie Geluk!!!!

Re: Red dot bende

Posted: Fri Jan 16, 2026 9:19 pm
by JAGTERSREG-JRM
DWB wrote: Fri Jan 16, 2026 8:43 pm Kobus jou wetter!!! Baie Geluk!!!!

Geen idee gehad hoe bul lyk nie maar toe nie te sleg uitgedraai nie. Nie stokou bul nie maar bosse darm hard. Kan nie glo wa daai bul beweeg nie, somme plekke het ek op my bas gesit en afgeklim na volgende rotse. Die perd seil da tussen deur een poot agter ander poot. Was nogals n belewenis. Langs storie kort toe ons ruk op ons kniee was en opstaan toe bulk hy en kom met n gejuig. Sal anderdag hele storie vertel

Re: Red dot bende

Posted: Sat Jan 17, 2026 6:51 am
by ThinusS
Klink na n bitter lekker jag. Veels geluk.

Re: Red dot bende

Posted: Mon Jan 19, 2026 10:39 am
by Wouter Roets
Lekker Kobus en Koos!

Re: Red dot bende

Posted: Mon Jan 19, 2026 12:58 pm
by Frederik
Netjies aan almal die jaar sover lyk my die Red Dot bende kap meer diere as die nie red dot bende sover die jaar.