Page 2 of 2

Re: SA VERVAARDIGDE PUNTE

Posted: Thu Apr 27, 2023 8:47 am
by projagter
ADMIN
sal SA punt vervaardigers hier 'n pryslys en besonderhede van hul punte kan plaas.???

Re: SA VERVAARDIGDE PUNTE

Posted: Fri Apr 28, 2023 12:00 pm
by James Wilson
Projagter, daar is spesifieke reels rondom pryslyste/advertensies. Hein(die eienaar van Jaracal) kan maar self besluit of hier n uitsondering gemaak moet word. Ek dink die beste is om intussen die links na die websites te plaas(soos tripod alreeds n paar geplaas het) dan kan die manne maar daar na pryse kyk.

Gaan egter intussen voort om julle ervaring van die plaaslike produkte hier te bespreek.

Re: SA VERVAARDIGDE PUNTE

Posted: Fri Apr 28, 2023 12:44 pm
by James Wilson
Ek het beloof om terugvoer te gee oor my toetse rakende die plaaslik vervaardigde Viper Bullets. https://www.viperbullets.com/product-category/bullets/
Daar is genoeg info oor die mpy op die company website/profile. Ek gaan nie daaroor gesels nie. Ek het die eienaar Peter Sutton per W-app gekontak vir ontbrekende info rakende ladings. Die pryse is heel aanvaarbaar en dit wil voorkom of voorraad nie n probleem is nie.

Daar is verkeie opsies om van te kies. Ek het die Plains Supreme vir die 243, die 300mag en die 9,3 gekies.

Ek het 5 ladings vanoggend gaan toets, vir die 243 en en die grootste groep was 16.8mm. Die tweede kleinste was 9.88m en die kleinste was 7.19mm. Die ES was baie goed op al die toetse. Ek is 0.8mm weg van die lande en het std primers gebruik. Ek weet daar is n school of thought wat magnum primers aanbeveel, vir mono's en dit maak vir my ook sin. Ek het egter gevoel op n 243 kan ek die std primers probeer.

Ek is tevrede met die vinnige sukses veral op n 243. Tot dusver het ek net posetiewe kommentaar oor die produk en diens. Sal verder terugvoer gee as ek gejag het. Vir wat dit werd is sien ek baie raakpunte met GSCustom.

Re: SA VERVAARDIGDE PUNTE

Posted: Sun Apr 30, 2023 8:28 pm
by jdpretorius
Dit lyk daar is dalk nog n nuwe een...

Axe Bullets
https://axebullets.com/

Dit lok soos nog n mono

Sent from my SM-A536E using Tapatalk



Re: SA VERVAARDIGDE PUNTE

Posted: Mon May 01, 2023 6:39 am
by JF123
Enige iemand met ń CnC draaibank met bietjie kennis kan deesdae redelike goeie koeëls maak. Ek het self al ń paar ontwerp en laat draai.

Re: SA VERVAARDIGDE PUNTE

Posted: Sat May 06, 2023 12:49 pm
by projagter
James Wilson wrote: Fri Apr 28, 2023 12:44 pm Ek het beloof om terugvoer te gee oor my toetse rakende die plaaslik vervaardigde Viper Bullets. https://www.viperbullets.com/product-category/bullets/
Baie dankie James vir hierdie insiggewende en feitelike inset.

Re: SA VERVAARDIGDE PUNTE

Posted: Fri Jun 28, 2024 11:34 am
by James Wilson
Ek gaan voort om terugvoer te gee: Ek het sedert my laast skrywe nog varke geskiet en twee BWBeeste. Alles was nek en egter die bladskote. Beide het net daar geval. Die vleisdkade bly baie min en die doodmaakvermoe is goed. Ek glo ek gaan van nou af net met hierdie koeels jag, afgesien van die produk se resultate, hou ek daarvan dat ek nooit probleme met voorraad het nie.

Ofskoon hierdie koeels monolitiese koeels is, skiet die koeels teen n baie lae druk. Die vervaardiger het aan my verduidelik dat van die begin af was dit een van sy top doelwiite- lae druk. Hulle behaal dit, omdat daar van druk bande en nie druk groewwwe gebruik gemaak word.

Re: SA VERVAARDIGDE PUNTE

Posted: Fri Jun 28, 2024 4:30 pm
by Koos Barnard
James verduidelik 'n biki daai drukbande en drukgroewe asb. Ek ken dit nie.

Re: SA VERVAARDIGDE PUNTE

Posted: Fri Jun 28, 2024 5:11 pm
by tripodmvr
Die' koeël van GSC het verhewe riwwe of dan "bands" soortgelyk aan die van kanonkoeëls. Die lande sny daardeur, maar die skag raak nie aan dit nie. Sodoende word wrywing verminder en kan mens die koeël aanjaag sonder om te gou druk te kry.
GS Custom koeël.jpg

Re: SA VERVAARDIGDE PUNTE

Posted: Sat Jun 29, 2024 2:14 pm
by Capt. Yoda
Eks half skepties oor daai storie. Die groewe sny tog in die skag van die koel in?

Re: SA VERVAARDIGDE PUNTE

Posted: Mon Jul 01, 2024 2:15 pm
by Koos Barnard
Tripod skryf: Die' koeël van GSC het verhewe riwwe of dan "bands" soortgelyk aan die van kanonkoeëls. Die lande sny daardeur, maar die skag raak nie aan dit nie. Sodoende word wrywing verminder en kan mens die koeël aanjaag sonder om te gou druk te kry.
GS Custom koeël.jpg

Tripod, dit ken ek goed, ek het immers self met GS Customs gewerk, maar praat ons nie eerder van dryfbande nie of is dit drukbande? n wat is drukgroewe? Of is dit 'n geval dat 'n goeie begrip net 'n halwe woord nodig het. Ek ken die konsep ook baie goed dat meer groewe in die skag van die koeël die dravlak se oppervlak verklein of verminder en dus minder druk tot gevolg sal hê. Maar moet ons praat van drukgroewe? Dit klink net snaaks vir my. Indien ek nou sommer net hare kloof, ignoreer maar wat ek geskryf het.
Mooi loop

Re: SA VERVAARDIGDE PUNTE

Posted: Mon Jul 01, 2024 3:58 pm
by JF123
'n Drukgroef het 'n kleiner deursnee as die basis van die ogief. Die basis van die oegief het dieselfde deursnee as die loop se groef deursnee.
rsh1221barnes-10-.jpg



Die drukband se deurnee is dieselfde as die loop se groef deursnee. Die basis van die ogief se deursnee is kleiner as die loop se groef deursnee.
plainsmaster_regular_shipping.jpg

Re: SA VERVAARDIGDE PUNTE

Posted: Mon Jul 01, 2024 4:02 pm
by James Wilson
Koos, as jy na Impala se produk kyk en dit met n GSC of n Viper vergelyk, dan sien n mens mooi die verskil. Op my 300mag skiet ek Viper se koeel teen 150fs stadiger as n konvensionele jagkoeel, met dieselfde lading. Ek kan dit net an Viper se laer drukvlakke toeskryf.

Re: SA VERVAARDIGDE PUNTE

Posted: Mon Jul 01, 2024 4:31 pm
by Arnold
165gr Huntac van Balistix teen 2770fps uit my 30-06
Het die BWB (130kg skoon karkas gewig) voor die kop geskiet op so 35m en die koeel in die nekvel gekry.
20240629_124913_small.jpg
20240628_164824_small.jpg
IMG-20240628-WA0144_small.jpg
Is die petals wat afbreek goed of sleg? Ek hou van die sekondere skade maar 'n Barnes mushroom lyk darem mooi ;D

Die BWB en twee rooibokke wat my seuns agter die blad geskiet het is dood, so prestasie is goed volgens my.
Hierdie koeels het ek twee jaar terug gelaai vir 'n jag en ons skiet toe omtrent als met my 6CM en 85gr Huntacs op daardie jag.

Re: SA VERVAARDIGDE PUNTE

Posted: Wed Jul 03, 2024 7:54 pm
by Koos Barnard
Koos, as jy na Impala se produk kyk en dit met n GSC of n Viper vergelyk, dan sien n mens mooi die verskil. Op my 300mag skiet ek Viper se koeel teen 150fs stadiger as n konvensionele jagkoeel, met dieselfde lading. Ek kan dit net an Viper se laer drukvlakke toeskryf.

James ek ken die verskil baie goed, ek het beide koeëls tot vervelens toe mee gewerk en getoets. Ek praat van die terminologie wat gebruik word. Om van drukgroewe of drukbande te praat val vreemd op my oor. Maar soos gesê, ek kloof dalk bloot hare en die meeste mense verstaan seker die begrippe soos hulle bedoel is om verstaan te word.
Mooi loop

Re: SA VERVAARDIGDE PUNTE

Posted: Wed Jul 03, 2024 7:57 pm
by Koos Barnard
JF123, dankie dis hoe ek dit ook al die jare ken, ek bevraagteken maar net die terminologie... maar soos genoem is ek besig om 'n Gerard (GS Custom) te trek hier.
Mooi loop

Re: SA VERVAARDIGDE PUNTE

Posted: Wed Jul 03, 2024 9:32 pm
by tripodmvr
Koos, ek hoop jy het jou "punt" kon oordra.

Re: SA VERVAARDIGDE PUNTE

Posted: Fri Jul 05, 2024 8:02 am
by ruaanb
Arnold wrote:165gr Huntac van Balistix teen 2770fps uit my 30-06
Het die BWB (130kg skoon karkas gewig) voor die kop geskiet op so 35m en die koeel in die nekvel gekry.
20240629_124913_small.jpg
20240628_164824_small.jpg
IMG-20240628-WA0144_small.jpg
Is die petals wat afbreek goed of sleg? Ek hou van die sekondere skade maar 'n Barnes mushroom lyk darem mooi ;D

Die BWB en twee rooibokke wat my seuns agter die blad geskiet het is dood, so prestasie is goed volgens my.
Hierdie koeels het ek twee jaar terug gelaai vir 'n jag en ons skiet toe omtrent als met my 6CM en 85gr Huntacs op daardie jag.
Op 35m breek n Barnes ook af. Het dit self gesien.

Re: SA VERVAARDIGDE PUNTE

Posted: Sun Sep 01, 2024 1:34 pm
by Rudi Fischer
James Wilson wrote:Ek gaan voort om terugvoer te gee: Ek het sedert my laast skrywe nog varke geskiet en twee BWBeeste. Alles was nek en egter die bladskote. Beide het net daar geval. Die vleisdkade bly baie min en die doodmaakvermoe is goed. Ek glo ek gaan van nou af net met hierdie koeels jag, afgesien van die produk se resultate, hou ek daarvan dat ek nooit probleme met voorraad het nie.

Ofskoon hierdie koeels monolitiese koeels is, skiet die koeels teen n baie lae druk. Die vervaardiger het aan my verduidelik dat van die begin af was dit een van sy top doelwiite- lae druk. Hulle behaal dit, omdat daar van druk bande en nie druk groewwwe gebruik gemaak word.
Ek het in die laaste maand vir n Outfitter gewerk wat Viper skiet in die klient geweer (30-06)

My ondervinding met die koeels is dat dit n bitter klein gatjie maak met ingang (tussen 1-2mm) en net een van die koeels het dit deur die varke of bokke gemaak. Daar was ook geen bloed spoor nie en het dit baie moeilik gemaak met spoor sny.

Die een groot beer was op 15m geskiet en het eers vir ons begin bloed gooi na 100m op sy spoor (die enigste koeel wat deur geskiet is, op die linker ribbes in en op die regte blad uit)

Twee van die koeels wat herwin was het gelyk soos n FMJ maar gebuig soos n piesang. (Uit n Gemsbok en Blesbok) en uit die ander varke was daar net die skag oor (ek verstaan dis deel van die ontwerp)

Koeels was die Viper Plains Gold.

Re: SA VERVAARDIGDE PUNTE

Posted: Thu Jul 03, 2025 9:22 am
by James Wilson
viper150.jpg
Soos beloof gee ek terugvoer as ek info het oor die resultate van die Viper koeels:My Ds, het n koedoe bul kopskoot geskiet op 160m met Viper 150grn(308Win). Hier is die resultaat