Page 2 of 2
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Posted: Mon Apr 24, 2023 9:04 pm
by B Five
Ek was laasjaar daar en vanjaar was my seun en n paar van my vriende daar.
Wat ek baie, baie geniet het van die vroeer Huntexe was die hoeveelheid gewere wat uitgestel was. Elke liewe vervaardiger was daar en mens kon na alles kyk.
Dit is nie meer die geval nie, en ook wat ek die meeste mis. Ek sal n special online koop, maar dit was vir my lekker om na AL die fabrikate se roere te kyk.
Ek sal nie weer die moeite doen om so ver te ry nie.
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Posted: Tue Apr 25, 2023 12:38 pm
by Geno
As uitstaller is ek tevrede met die skou en is dit verseker 'n verbetering op verlede jaar.
Daar was BAIE mense. Hoe maak ons as uitstallers dit beter dat daar nie 'n vertrapping is nie? Skou ons 4 dae? Maak ons die stalletjies groter(duurder) of die paaie wyer(wat die stalletjies weer kleinter forseer)?
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Posted: Thu Apr 27, 2023 6:34 am
by win270
Hier kan jul lees wat Huntex in Midrand se organiseerder, Adriaan Woudstra, vertel oor die skou:
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus ... 8ac90ff7ef
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Posted: Thu Apr 27, 2023 7:14 am
by wynis
Baie goeie artikel en dit wys ook dat as ons wil hê die jag bedryf moet gesond wees, moet ons die bedryf ondersteun.
Ek haal my hoed af vir die man wat saam met sy vrou Huntex georganiseer het om dit weer aan die gang te kry! Laer stalletjie pryse het onder meer wapen handelaars in 2023 by die skou gekry.
Wanneer ek in die Noorde is in 2024 sal ek verseker gaan draai maak. Dis mos lekker om rond te kyk en elke nou en dan te belê
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Posted: Fri Apr 28, 2023 3:39 pm
by Grenslyn
Huntex was puik georganiseer en ek het ou vriende raakgeloop en kon 'n paar lekker items aanskaf. Die vrou en kinders het dit ook baie geniet en hopelik kan ons volgende jaar weer so maak. Selfs 'n paar lekker souse aangeskaf.
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Posted: Wed May 10, 2023 4:04 pm
by LoopSoosStroop
Miskien kan iemand my help, soek die naam van die ouens wat die groot stalletjie met staal teikens gehad het? Daar was sulke IDPA tipe "torso" pistool staal teikens, met 'n "duelling tree" tipe teiken daar after ge-monteer wat heen en weer kan swaai.
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Posted: Wed May 10, 2023 10:04 pm
by Jaco Naude
LoopSoosStroop wrote:Miskien kan iemand my help, soek die naam van die ouens wat die groot stalletjie met staal teikens gehad het? Daar was sulke IDPA tipe "torso" pistool staal teikens, met 'n "duelling tree" tipe teiken daar after ge-monteer wat heen en weer kan swaai.
Dink dit was Cois Steel Targets
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Posted: Thu May 11, 2023 1:37 pm
by LoopSoosStroop
Jaco Naude wrote: Wed May 10, 2023 10:04 pm
Dink dit was Cois Steel Targets
Baie dankie, dis reg ja, waardeer die antwoord.
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Posted: Thu May 11, 2023 4:15 pm
by Grenslyn
LoopSoosStroop wrote: Wed May 10, 2023 4:04 pm
Miskien kan iemand my help, soek die naam van die ouens wat die groot stalletjie met staal teikens gehad het? Daar was sulke IDPA tipe "torso" pistool staal teikens, met 'n "duelling tree" tipe teiken daar after ge-monteer wat heen en weer kan swaai.
Hulle nommer is 079 491 7067 en epos is
coiscreate@gmail.com