More Kerels
Ek het my eerste sessie met bosluiskoors in standerd 5 gehad waar ek siek geword het en toe vir alles behalwe bosluiskoors behandel was. Na 5 dae in die hospitaal het ek toe darem deurgetrek toe n bytplek so reg op my tjommie(daai stukkie wat jou meneertjie uit die poef uit hou) gevind was deur die jong ongevalle dokter so op die Sondagaand. Ek het vir lank nie weer bosluiskoors gekry nie en dit eers weer opgedoen hier in my middel twintigs gedurende n jagtrip. Was oordentlik siek maar genadiglik niks soos die eerste keer nie. Daarna het ek hom seker 8 keer al gehad maar elke keer met ligter simptome. Dink nie eers ek sal nou weet as ek hom het nie want ek sal sokkel om hom te onderskei van n babbelaas.
Groetnis
Wouter
Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
-
B Five
- Full Member

- Posts: 211
- Joined: Mon Jan 22, 2018 7:34 am
Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?
Ja, ek het in my jonger dae ook een oggend wakker geword met n allervreeslikste babelas wat nie die partyjie regverdig het nie.
My ma het net vir my gese dat ek maar my pak moet vat,…..hier op dag drie toe le ek nog onder die kombers in n Kalahari somer van 40grade en bewe van die koue.
Ek is toe dokter toe, ….oortuig ek het alkohol vergiftiging.
Hy my gevra of ek geslag het onlangs, of van n bosluis bytplek weet.
Het bosluiskoors en melkkoors vermoed.
Einde van saak was dit toe bosluiskoors en nie bachus se voggies nie……

- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?
tau wrote: Tue Mar 14, 2023 8:16 amPappabeer wrote: Mon Mar 13, 2023 11:55 pm Manne kry net een ding reg.
Mense kry bosluiskoors - rickettsia africae en verskeie subspecies Rickettsia conorii is die bakterië wat dit veroorsaak.
Honde kry Bosluisbytkoors - Ehrlichia canis is die bakterium wat dit veroorsaak. Dit is gewooonlik baie erger in honde, met meer sterftes agv uitgesproke long patologie.
Die twee het niks met mekaar te doen nie.
https://en.wikipedia.org/wiki/Babesia_canis
Die bruinbosluis gee hondee ook Babesia canis
Jy is reg Tau. Is dit endemies by ons of Noordelike halfrond gebonde? Ek weet nie genoeg nie
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- tau
- Hero Member

- Posts: 3963
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?
Vrek jong ek dink hy is noorde, maar waarom moes ek dan in Zoologie die ding uitken onder mikroskoop en sy hele lewenssieklus ken!!!!!Pappabeer wrote: Thu Mar 16, 2023 9:27 amtau wrote: Tue Mar 14, 2023 8:16 amPappabeer wrote: Mon Mar 13, 2023 11:55 pm Manne kry net een ding reg.
Mense kry bosluiskoors - rickettsia africae en verskeie subspecies Rickettsia conorii is die bakterië wat dit veroorsaak.
Honde kry Bosluisbytkoors - Ehrlichia canis is die bakterium wat dit veroorsaak. Dit is gewooonlik baie erger in honde, met meer sterftes agv uitgesproke long patologie.
Die twee het niks met mekaar te doen nie.
https://en.wikipedia.org/wiki/Babesia_canis
Die bruinbosluis gee hondee ook Babesia canis
Jy is reg Tau. Is dit endemies by ons of Noordelike halfrond gebonde? Ek weet nie genoeg nie
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?
Ek het al 3 keer bosluiskoors opgedoen wat ek van weet. Nie een keer was ek baie siek nie, net effense koors gehad. Elke keer het die bytplek 'n soort sweer gevorm.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Methos
- Hero Member

- Posts: 581
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?
Toe ons in Namibië gewoon het was my pa die skoolhoof van die skooltjie op die dorp. Ek was so 10. Elke jaar word daar boeresport gehou vir die skool. Die een Oom het elke jaar die 40km perde resies gewen. Paar weke later is hy nie lekker nie en grieperig. Gaan uiteindelik dokter toe en toe hospitaal toe. Hy was gebyt deur 'n bontpoot bosluis. Diagnose is dat hy Kongo koors het. Paar dae later lyk dit of dinge beter gaan. Dit was 'n Sondag middag gewees.
Paar uur later word my pa gebel deur die hospitaal - die Oom het inwendig begin bloei en is oorlede. My pa en die dominee moet die nuus aan sy vrou gaan oorda. Die volgende week by die begrafnis word daar papiertjies uitgedeel wat die oorsaak en siptome van dit verduidelik.
Paar weke later kyk ek na die hanslammers en gee melk en als. Gaan speel later onder 'n boom met my he-man mannetjies. Sowaar as wragtig loop daar 'n bontpoot bosluis op my - ek freak uit en begin huil en gaan sê vir my ouers. Hulle sê ek moet nie worry nie. Ek onthou nog hoe sit ek op met die papiertjie in my hand en huil my oë uit want ek is verseker dat ek dit ook gaan kry.
Ek het niks oorgekom nie maar dis taamlik traumaties vir 'n kind.