Page 2 of 2

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Posted: Thu May 18, 2023 2:43 pm
by snakker
DWB wrote:Hierdie groepie op 100m vandag met die 404 geskiet met ñ Leupold VX3 1.5-5X20 Heavy Duplex van my 4 Deadhold stok met 5de poot af.
20230311_120603.jpg
En ja, daar is 3 skote deur 8)
black-sam... Dis netjies vir so groot kaliber, en dan nog van n stok af ook Image

Sent from my M2101K6G using Tapatalk



Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Posted: Fri May 19, 2023 7:40 am
by henried
My DIY stokke werk ook mooi, maar met die opleiding wat ons met die kinders en pa's doen het ek vertelbare stokke nodig.
My stokke is net te lank vir die jong klomp, die verstelbarhied van hierdie stokke maak dit baie aantreklik.

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Posted: Tue Jul 11, 2023 7:45 am
by Lategan1
Ek het oor myne staande geskiet, sonder enige ander ondersteuning as volg:

110, 170 en 180m. Almal 1-skoot dood en plasing binne 25mm waar ek gemik het.

Met oefening raak die gereedmaak ook vinniger. Ek vind wel die geweerband effe lastig, maar het daarvoor ook oplossing.

Hoogs tevrede.

Beste.

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Posted: Tue Jul 11, 2023 9:26 am
by Wouter Roets
Ek het so n maand of twee terug ook drie van die stokke aangeskaf. Al wat ek kan se is ek wens ek het dit al lankal gedoen!

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Posted: Tue Jul 11, 2023 9:31 am
by Capt. Yoda
Wouter Roets wrote: Tue Jul 11, 2023 9:26 am Ek het so n maand of twee terug ook drie van die stokke aangeskaf. Al wat ek kan se is ek wens ek het dit al lankal gedoen!
Jys donners lank maar ek het nie gedink jy moet 3 van hulle aan mekaar vas maak om te werk nie

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Posted: Fri Sep 08, 2023 10:37 am
by Forester
Hulle hardloop nou 'n special waar jy die 5de been verniet kry.

Gister bestel en vandag afgelewer, puik diens!

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Posted: Tue Sep 19, 2023 7:27 am
by airhunter

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Posted: Wed Mar 20, 2024 4:05 pm
by Koos Barnard
Dagsê
Ek wil graag hier iets byvoeg oor die 4DeadHold-stokke en dit gaan oor die voetstukke/voetjies van die stokke. Hulle kom met sulke half ronde voetstukke wat ek gevind het nie altyd vir my na wense vasbyt op alle tipes oppervlaktes nie. Pieter het toe 'n tyd gelede vir my die tungsten-voetjies wat beskikbaar is vir sy stokke aangesit en wat 'n goeie verbetering is dit nie! Behalwe dat jy die voetjie kaal kan gebruik, verskaf Pieter ook 'n rubbervoetjie wat bloot oor die metaalvoetjie opskroef. Die nuwe rubbervoetjie werk baie beter as die ronde voetjie waarmee die stokke uitkom, maar die kaal metaalvoetjie werk die heel beste, ek is mal daaroor. Dit byt vas op enige terrein en teen enige helling en is vir my 'n groot verbetering. Die voetjies kos 'n paar Rand vyftig maar is beslis die moeite werd.
Mooi loop