Page 2 of 2
Re: Prys per kilo
Posted: Wed Nov 16, 2022 1:13 pm
by Chris (vdB)
Soos dit vir my nou lyk, gaan die pryse heelwat styg volgende jaar. Het laasweek met 3 verskillende plase gepraat by wie ek jag, die een plaas het die jaar al klaar nie laat jag nie, verder se almal hulle gaan volgende jaar ook nie laat jag nie. So die manne hou nou seker terug met die goeie reen van die laaste twee jaar. Die een boer se hy sal my liewer help met n' bees teen R50 p/kg, dan stuur hy hom in slagpale toe hier in Bloem en ek kan hom gaan laai daar. Dit klink na n' goeie opsie, maar as mens nou n' klomp geld en tyd aan herlaai toerusting en lading ontwikkel spandeer het wil jy darem seker ook bietjie in die veld kom en nie net op die skietbaan skiet nie.
Re: Prys per kilo
Posted: Thu Nov 17, 2022 7:45 pm
by Toxxyc
Hoekom laat hy jou nie toe om die bees self te klits nie? Ek weet party boere doen dit, los beeste op die plaas om te loop en dan jag manne die half-wilde beeste.
Re: Prys per kilo
Posted: Fri Nov 18, 2022 4:54 am
by Chris (vdB)
Toxxyc ek het hom nogal gevra moet ek daai bees sommer kap dan met die 30-06, toe se hy net nee hy sal hom sommer in bring slagpale toe. Ek dink omdat hy nie wild gaan laat jag nie, is hy ook nie lus om nou spesiaal reelings te tref om manne daar te he wat moet slag en dan koel kamer spesiaal te laat hardloop ens nie. Hy bring natuurlik die bees sommer saam, wanneer hy van sy ander beeste ook in bring om geslag te word.
Re: Prys per kilo
Posted: Fri Nov 18, 2022 5:36 am
by Chris (vdB)
Dit is ook maar die geval dat die boere gedaan gewerk is teen die tyd wat die jag seisoen begin. Meeste plase by wie ek skiet plant aartappels en graan ook, van 15 Desember af begin hulle stroop en aartappels oes en die winter stroop hulle weer sonneblom. Party manne het half n' vrees vir die jag seisoen wat voorle, as jy die stories hoor wat hulle vertel sal jy verstaan. Ek het vroeer die jaar weer gehoor van Gauteng manne wat 2 weke voor my op dieselfde plaas gejag het, Die manne het laat aand n' yster in die vuur gedruk en mekaar op die boude gebrand merk met die warm yster. Die boer se hy het toe maar gou gou n' verskoning gemaak dat hy kan ry voor hy ook gemerk word. Soos wat die boer se dis lekker om saam die manne te kuier en te gesels, maar almal wat kom skiet wil he hy moet saam kuier, en hy ook nie meer jonk nie, dit vang hom deesdae. Dan hoor jy nou ook van daai 1000 en 1200 meter groepe en die fotos word gewys word, maar wanneer hulle in die veld kom kan Sterlok nie onder 500 meter dope uit werk om n' rooibok te kan dood skiet op 50 meter nie. Dan skiet hulle die diere se pote af. So ek weet nie of is Sterlok die probleem of dalk die boude wat nog brand nie.
Re: Prys per kilo
Posted: Fri Nov 18, 2022 9:01 am
by Capt. Yoda
JIs mens moet eintlik so brandystertjie laat maak met jou jag groep se naam op
Re: Prys per kilo
Posted: Fri Nov 18, 2022 11:21 am
by Lategan1
Party manne is elke jaar in nuwe jaggroep met nuwe naam
Beste.
Re: Prys per kilo
Posted: Fri Nov 18, 2022 3:16 pm
by Methos
Capt. Oblivious wrote: Fri Nov 18, 2022 9:01 am
JIs mens moet eintlik so brandystertjie laat maak met jou jag groep se naam op
Dis soos om 'n girl se naam op jou arm te laat tatoo - Daar lĂȘ net swaarkry voor
Re: Prys per kilo
Posted: Mon Nov 21, 2022 12:24 pm
by Toxxyc
Chris (vdB) wrote: Fri Nov 18, 2022 5:36 am
Dit is ook maar die geval dat die boere gedaan gewerk is teen die tyd wat die jag seisoen begin. Meeste plase by wie ek skiet plant aartappels en graan ook, van 15 Desember af begin hulle stroop en aartappels oes en die winter stroop hulle weer sonneblom. Party manne het half n' vrees vir die jag seisoen wat voorle, as jy die stories hoor wat hulle vertel sal jy verstaan. Ek het vroeer die jaar weer gehoor van Gauteng manne wat 2 weke voor my op dieselfde plaas gejag het, Die manne het laat aand n' yster in die vuur gedruk en mekaar op die boude gebrand merk met die warm yster. Die boer se hy het toe maar gou gou n' verskoning gemaak dat hy kan ry voor hy ook gemerk word. Soos wat die boer se dis lekker om saam die manne te kuier en te gesels, maar almal wat kom skiet wil he hy moet saam kuier, en hy ook nie meer jonk nie, dit vang hom deesdae. Dan hoor jy nou ook van daai 1000 en 1200 meter groepe en die fotos word gewys word, maar wanneer hulle in die veld kom kan Sterlok nie onder 500 meter dope uit werk om n' rooibok te kan dood skiet op 50 meter nie. Dan skiet hulle die diere se pote af. So ek weet nie of is Sterlok die probleem of dalk die boude wat nog brand nie.
Ek verpes jaggroepe wat dit so rof maak vir die boere. Ek het al by baie manne gejag in my lewe, en nog nie een keer het ek myself so gedra dat ek moet skaamkry nie. Elke enkele trip was respekvol, eervol en met rustigheid, soos die jagtrip moet wees vir my om dit te geniet.
Ons het al gedrink, ja glo my, selfs die manne wat "nie regtig drink nie" het saamgesit en ons het verbasend baie leeggemaak deur die loop van die aand, maar dronkgedrag en mekaar brand en sulke nonsens? Nog nooit.
Maar ja ek dink die groepie van ons wat wil gaan jag om nie die natuur te kan wees en bietjie tyd te kan spandeer met niks tussen onsself en ons God nie behalwe die natuur, raak maar klein.