Page 2 of 3
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Sun Feb 05, 2012 10:02 pm
by Marc
Naands?,
Hier is die foto van my 30-06 RSA met magasyn kas, so uitgekom. Die 243 Mod80 se aansoek hang nog iewers en ek het nie foto's geneem. Sorry maar as hy kom sal ek post.
Hiers ook 'n link na nog foto's van hom en van my ander roere.
http://jaracal.com/index.php/topic,1587 ... #msg118630
Groetnis
Marc
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Mon Feb 06, 2012 7:15 am
by James Wilson
Hein M. wrote:
Almal
Hoekom het Musgrave die RSA aksie gevat en 'n ander extractor opgesit
Dalk 'n vraag vir die ingeligte ouens: Het die "claw" nadele?
Musgrave het nooit aan die RSA aksie verander nie. en het nie n ander extractor opgesit nie.
ek dink nie die claw het nadele nie,dit is n controled round, en dis waarvan ek hou.
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Mon Feb 06, 2012 8:48 am
by Johan JvR
Marc - veels geluk, ek is baie jaloers op jou roer!
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Mon Feb 06, 2012 8:39 pm
by Marc
Naands?,
James
Kan jy my dalk 'n guns doen en jou swaar weer bel? Of dalk ken jy of iemand anders reeds die antwoord.
Ek wil solank vir die Mod 80 'n Boyds kolf bestel. Kan jy my dalk raad gee oor watter aksie hy het en/of die naaste wat ek aan hom kan kry sonder om die kolf te veel te hoef te werk

Ek wil probeer om die kolf so voledig as moontlik te laat inkom, gaan baie kostes so spaar.
Ek vermoed dit gaan 'n Mauser aksie wees, maar geen idee watter een van die drie wat hulle voor maak.
Enigeen wat kan help asseblief.
Dankie,
Mooiloop
Marc
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Mon Feb 06, 2012 9:19 pm
by James Wilson
immmm, ek dink ook dit gaan n mauser aksie wees. maar jy kan op boyds se website kyk en daar gee hulle die afstand van die aksie se voorste skroef totdie agterste skroef, dalk is dit n aanduiding. dan kan jy ook kyk na die uninletted kolwe hulle sal perfek werk en dan weet jy jy het n wenner- en hulle is heelwat goedkoper.
ek het al n paar van hulle ingevoer en almal myself ingesluit is net tevrede
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Mon Feb 06, 2012 9:27 pm
by Hein M.
James wrote:
Hein M. wrote:
Almal
Hoekom het Musgrave die RSA aksie gevat en 'n ander extractor opgesit
Dalk 'n vraag vir die ingeligte ouens: Het die "claw" nadele?
James
Is die RSA aksie deur Musgrave in Bloemfontein gemaak of deur Lyttleton in Pretoria (soos aangedui op die aksie)? Ek is nou regtig nuuskierig...
Marc
Jy kan nie - groot asseblief - 'n foto van die gesigkant van die grendel (slot) opsit nie ek vrek om te sien hoe die uittrekker / extractor van jou geweer nou eintlik lyk.
NS! Mooi foto's van 'n pragtige geweer!
Mooiloop!
Hein
Musgrave het nooit aan die RSA aksie verander nie. en het nie n ander extractor opgesit nie.
ek dink nie die claw het nadele nie,dit is n controled round, en dis waarvan ek hou.
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Mon Feb 06, 2012 10:05 pm
by Marc
Naands?,
James
Die probleem is die Mod80 is nog nie by my nie, die huidige eienaar is ook 'n relatiewe afstand van my af? Is daar dalk enige iemand wat my kan help met mates? Het dalk ook 'n uniletted kolf in gedagte gehad, maar as die basiese sny werk gedoen is gaan dit soveel makliker wees om net te verfyn, kyk dus na semi finished kolf.
Hein
Ek gaan more paar closeups neem van die RSA en dit oplaai. Daar staan Lyttleton op so ek neem aan hy is in Pta gebou? Ek hoop so !
Dankie sov?r vir al die hulp manne
Groetnis
Marc
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Tue Feb 07, 2012 7:13 am
by James Wilson
Hein, ja lyk my dit is defnitief Lyttleton Pta
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Tue Feb 07, 2012 9:55 am
by Marc
Hein
Hier is die RSA slot se foto's soos belowe
Verskoon asseblief, hy is nog nie skoongamaak na Saterdag se sessie

en die foto's is sommer gou met die telefoon geneem.
Die brand merk op die bolt face is van HilandAx doppe, het primers uit geblaas na tweede herlaai. So bly daai gemors is van die mark af ! Duur les om te leer !
Julle sal sien dat die slot grendel effe afgewerk is om by die teleskoop verby te beweeg. Hulle het net net aan mekaar geraak.
Hoop dit help
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Tue Feb 07, 2012 1:08 pm
by Marc
Dags? Johan,
Dankie vir die mooi woorde.
Mooiloop
Marc
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Tue Feb 07, 2012 6:00 pm
by Hein M.
Marc
Ja, dit is nou ware Musgrave bloubloed. Mooi slot!
Het jy die grendel laat buig en afwerk of kom hy so van die fabriek af?
Mooiloop!
Hein
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Tue Feb 07, 2012 6:51 pm
by Marc
Hein
Dankie man, ek skree virrie Vrystaaaaaat maar ek verstaan 110% wat jy bedoel !
Daar was so ligte afwerking van die slot toe ek hom gekoop het, so dit moes so in die fabriek gedoen gewees het. Ek het 'n geweersmit gekry om plat deel net bietjie verder verleng, na die bol toe, afwerk want die slot het net net aan die scope geraak{hy kon oopmaak, maar het scope liggies gekrap}. Daar is bitter bitter min afgehaal om die twee bymekaar te laat verby beweeg sonder argument.
Ek sal nie 'n slot laat buig nie, sou dan eerder 'n ander scope koop
Ek lief hierdie roer man ! Toe ek hom gekoop het, het ek niks van roere geweet, vandag is ek dankbaar die outjie het oor my pad gekom en dit sal swaar gaan om ons twee te sky ! Dis nou juis hoekom ek ander roere soek om op te skiet, die man moet bietjie rus want daar is nog baie myle om saam te loop.
Mooiloop
Marc
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Tue Feb 07, 2012 8:06 pm
by Hein M.
Marc
Ja, die Musgraves het ware Suid Afrikaanse karakter en 'n mens raak met die jare meer geheg aan hulle. Koos Barnard praat van "ugly duckling", maar vir my is hierdie aksies baie sag op die oog. Net jamer die gewere raak so vrek swaar in die jagveld, maar dit is nou die prys wat jy vir kwaliteit moet betaal...
Pas daardie geweer mooi op!
Groetnis!
Hein
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Thu Feb 09, 2012 8:23 am
by tripodmvr
Het gister met iemand gepraat wat by Senwes gewerk het. Die Model 80 gewere is gebou en die nommers SWK 3 - 28 dui op geweer no. 28 van reeks 3 wat vervaardig is vir Senwes.
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Thu Feb 09, 2012 8:45 am
by Marc
Dags?
Dankie Oom Marius
Groetnis
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Sun Apr 08, 2012 11:35 am
by Marc
Ek het uiteindelik foto's van die aksie kon bekom.
Hy is die tweede een van onder af.
[imghttp://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/IMGP3502.jpg[/img]
Dog ek sit dit by vir die wat belangstel in Musgrave's soos ek

en enige ander kommentaar sal ook waardeur word.
Mooiloop
Marc
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Sun Apr 08, 2012 11:50 am
by Hein M.
Marc
Dit is voorwaar 'n pragtige Musgrave. Mooi foto's ook
Pas daardie erfstuk mooi op! Dit is regte Africana
Mooiloop!
Hein
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Wed Apr 18, 2012 4:58 pm
by Mar2506
Marc
As jy kolf koop moet jy net ingedagte hou - ek het 'n 375H & H wat ook 'n model 80 is, dus moes Musgrave verskillende lengtes aksies in die model 80 gemaak het. As jy 'n semi inletted kolf koop maak seker dat die inletting vir jou aksie lengte gedoen is.
Jy gaan baie lief word vir die geweer - en daar is absoluut niks fout met die aksies nie. Ek het eendag my 375 op 400m geskiet en die 3 skote het in 55mm gesit. Nie benchrest akkuraatheid nie, maar vir jag heeltemal aanvaarbaar.
Ek het nog met geen van my Musgrave aksies enige extractor probleme ondervind nie - hoop dit stel jou meer gerus (4 van hulle). Almal van hulle doen beter as 1" op 200m.
Skietgoed groete
Mart
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Wed Apr 18, 2012 6:43 pm
by Marc
Dankie Mart?l
Baie welkom hier by ons, glo jy gaan bitter lekker saam kuier
Ek kan nie meer wag vir die roer om te arriveer nie
Groetnis
Marc
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Wed Apr 18, 2012 7:48 pm
by Armand Steenkamp
Marc,
Jis jong daais n lekker roer! Ek sal like van so n Musgrave!
Groetnis
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Wed Apr 18, 2012 8:03 pm
by Marc
Armand Steenkamp wrote:
Marc,
Jis jong daais n lekker roer! Ek sal like van so n Musgrave!
Groetnis
Dankie man, SAPS moet net daai backlog oplos dat ons nuwe aansoeke binne 3mde afgehandel kan word

Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Wed Apr 18, 2012 8:22 pm
by Armand Steenkamp
HAha Jong jy moenie daan naam noem nie

ons is nie op goeie verstandhouding deesdae nie!!
Groetnis
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Tue Aug 14, 2012 8:49 pm
by Marc
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES
Posted: Sun Nov 11, 2012 12:41 pm
by Marc
Dags?
Nou ja Manne ek dink die Huwelik was 'n sukses

Hulle lyk nie net goed saam nie, hulle werk goed saam ook
Ek het die aksie laat bed en daar is bietjie aan die kolf geskaaf en skuur om 'n mooi pas te kry en ook die greep is bietjie dunner gemaak, om mamma se kleiner hande te akkomodeer

Ook sommer gou geneem met die foon
Hier is 'n vyf skoot groep met 85gr Sierra's. Daar het so paar honderd van S&O se Noslers in 80gr hier opgedaag en ek gaan hulle voortaan gebruik

Skuus die fokus is bietjie uit, telefoon gebruik
Volgende op die lys is 'n nuwe paar glase, want ek het Mamma sin gegaps

en 'n Reflex KD
Sal weer kom raporteer
Mooiloop
Marc
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Sun Nov 11, 2012 1:09 pm
by jacojrdn
Marc
Baie geluk , hy het baie mooi gekom en sit die koeele ook by mekaar neer.
Geniet hom.
Ek het ook so Musgrave 243 wat ek n Armtec kolf op gesit het, en hy is net so lekker akkuraat.
Lekker dag.
Jaco