Page 2 of 2

Re: 247Hunter

Posted: Tue Feb 17, 2026 11:40 pm
by Forester
Apie wrote: Tue Feb 17, 2026 9:54 pm Verstaan ek reg? Jy kla oor jy toe R89 moes inbetaal vir ‘n kissie wat jy te per ongeluk veel gekry het?

Klink amper soos daai ouens wat as hy per ongeluk te veel kleingeld by die winkel se till kry dit maar vir homself hou.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Dink mooi oor wat jy sê, dis ‘n wilde insinuasie (gaan google dit as jy nie weet wat dit beteken nie) wat jy maak… Dis eerder soos iemand anders (nie jy self nie) wat iets in jou mandjie sit nadat jy klaar betaal het. Die sekuriteitswag keer jou dan voor, hassle jou en jy moet daarvoor betaal. Dis letterlik 30 sekondes van my uurlikse tarief, vir my om te reël vir courier en vir hulle te wag maak nie sin nie. As ek vir iemand 1% korting moet gee omdat ek ‘n fout gemaak het, doen ek dit met ‘n smile!

As Dirk enigsins gereageer het, sou ek nie die tweede boodskap geplaas het nie. Hulle loop nie op water nie, dis al wat ek sê.

Re: 247Hunter

Posted: Wed Feb 18, 2026 4:54 am
by snakker
Ek wil ook so 'n werk hê eendag (+R10k per uur)... Jy sal moet begin charge vir forum plasings

Sent from my 23090RA98G using Tapatalk


Re: 247Hunter

Posted: Wed Feb 18, 2026 5:13 am
by Forester
:laugh: Ek sal vir die Aap sy rekening stuur…

Re: 247Hunter

Posted: Wed Feb 18, 2026 5:41 am
by Apie
Ek het eendag ‘n bordjie gesien…

‘It’s nice to be important, but it’s more important to be nice.’




Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 247Hunter

Posted: Wed Feb 18, 2026 10:27 am
by pwdejager
Apie wrote: Wed Feb 18, 2026 5:41 am Ek het eendag ‘n bordjie gesien…

‘It’s nice to be important, but it’s more important to be nice.’




Sent from my iPhone using Tapatalk
Sal so lekker wees as almal net daarvolgens wil leef.

Re: 247Hunter

Posted: Wed Feb 18, 2026 3:35 pm
by tripodmvr
'n Sagte antwoord keer kwaad af.

Re: 247Hunter

Posted: Wed Feb 18, 2026 4:01 pm
by tripodmvr
Spreuke 15 vers 1 is waarna ek gesoek het.

Re: 247Hunter

Posted: Wed Feb 18, 2026 7:50 pm
by Toxxyc
tripodmvr wrote: Wed Feb 18, 2026 3:35 pm 'n Sagte antwoord keer kwaad af.
Oom dis nie waar nie, my vrou word net nog kwater as ek vir haar probeer fluister dat sy oorreageer.

Re: 247Hunter

Posted: Sun Feb 22, 2026 4:10 pm
by Swys14
24/7 Hunter se diens is uitsonderlik, beste in klas. Ek het nog niemand ontmoed wat 'n minder as goeie ervaring gehad het met hulle nie. Dit maak 'n slegte ervaring nie onmoontlik nie. Uit die uurlikse vergoeding openbaring (en houding wat daarmee saam gaan) sal ek geld opsit dat hy (die lid wat 'n slegte ervaring gehad het) 'n advokaat is. Ek het nog nie baie van hulle ontmoed wat nederig is nie.

Re: 247Hunter

Posted: Mon Feb 23, 2026 10:35 am
by jager
Persoonlik het ek nog altyd uitstekende diens gehad by 247Hunter,gewoonlik is my pakkie dieselfde dag al by die koerier. En hulle pryse is van die beste, veral koeëls.

Een van net 'n paar SA aanlyn skiet winkels wat 'n behoorlike stelsel het wat wys wat is in voorraad en wat is nie. Ek dink 'n R89 boksie hier en daar kan mens maar vergewe.

Re: 247Hunter

Posted: Mon Feb 23, 2026 12:00 pm
by Capt. Yoda
Ek vat nie kante nie en het ok al baie by hulle gekoop maar ek sou maar die boksie af skryf en se dit was ons fout

Re: 247Hunter

Posted: Mon Feb 23, 2026 1:14 pm
by tripodmvr
Koerierkoste kan selfs meer as R89 wees, dus sal ek dit as verskaffer afskryf as 'n glips aan my kant. Die klient het nie die fout begaan.

Re: 247Hunter

Posted: Mon Feb 23, 2026 3:40 pm
by tau
Ek verstaan nou nie, is ons onstel oor die dosie of oor die feit dat ons nie R10 000/uur maak nie.

Want ek het nie een van die twee nie en het toe op Temu 'n ammo boks vir my .416 bestel. Hier land toe so klein tassie op wat darem 40 van my 6.5 Needmoor se kragtelose rondtes kan huisves.

Anyway ek like 24/7 hulle het my nog net goeie diens gegee.

Re: 247Hunter

Posted: Mon Feb 23, 2026 6:13 pm
by Capt. Yoda
tau wrote: Mon Feb 23, 2026 3:40 pm Ek verstaan nou nie, is ons onstel oor die dosie of oor die feit dat ons nie R10 000/uur maak nie.

Want ek het nie een van die twee nie en het toe op Temu 'n ammo boks vir my .416 bestel. Hier land toe so klein tassie op wat darem 40 van my 6.5 Needmoor se kragtelose rondtes kan huisves.

Anyway ek like 24/7 hulle het my nog net goeie diens gegee.
JW, ek het vir jou n kassie hier wat jy kan kry hoor