Page 2 of 5
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Mon May 30, 2022 6:30 am
by Chris (vdB)
Baie geluk met daardie pragtige buffel Dewald. As jy moet skat, wat sal daardie buffel se gewig wees netso, voordat hy geslag is.
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Mon May 30, 2022 7:59 am
by Capt. Yoda
Lekker Dr Beer. Baie mooi Buffel en rooibok daai, geluk
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Mon May 30, 2022 8:10 am
by Gian_dP
Lekker Pappabeer! Pragtige buffel, eendag as ek groot is wil ek ook so een raakloop.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Mon May 30, 2022 8:26 am
by joe rocket
Lekke dok mooi buffel en rooibok daai baie geluk.
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Mon May 30, 2022 8:35 am
by Wouter Roets
Maggies Manne
Ek sien nou eers die draad. Baie geluk aan julle almal. Welgedaan!
Groetnis
Wouter
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Mon May 30, 2022 8:45 am
by tripodmvr
Dewald, daardie is nou ware Afrika ervarings. Buffel word per pont huis toe gebring!!!!!!!!!
Die 94m klink so vêr na ek nie vir jare met oop visier geskiet het nie. Goed gedoen.
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Mon May 30, 2022 10:14 am
by J le Roux
Baie geluk met 'n pragtige buffel en ervaring Dewald.
Ek het darem ook kans gekry om 'n lekker bosveld jag saam met 4 vriende in de Alldays omgewing van Donderdag tot Sondag te geniet.
Soos verwag na al die reen Noord van die Soutpansberge is die veld baie ruig. Die gras staan tot bo 'n man se kniee, en die bos en bome se lower is baie dig. Stap was moeilik, maar meer suksesvol as bakkiejag. Ek het 'n mooi rooibok ram en 2 knypkoppe te voet geskiet, en een ram van die bakkie af. Ons wou eintlik groter diere soos koedoe koeie, waterbok en gemsbok skiet, maar al was daar duidelik baie wild op die plaas het ons afgesluit met 11 rooibokke, een gemsbok en een vark. Ons wou ook rooibok ooie afhaal, maar kon net 2 kry omdat hulle troppe ons in die digte bos uitoorle het.
Die koedoe bulle het ons gereeld geterg, maar op die plaas word hul gespaar vir oorsese jagters en veilings.
Daar is 'n storie agter die ram van die bakkie af (ek het maar die bloederige fotos verwyder).
Al het ek nie sleg gevoel oor die skoot nie, het dit mis gelyk en geklink. Die ram het niks snaaks gedoen nie, en ons het niks gesien in die spoor nie. Ons het op die spoor gestap en na so 20 minute besluit dit was mis en verder gaan jag. Na so 3 ure se jag en 'n knypkop later het my gewete my steeds gepla en ons is terug na die plek toe. Ek het so 20m verder as wat ons eers begin het 'n druppel bloed gekry, en die ram nog 20m verder gekry, morsdood met 'n longskoot en baie bloed waar hy gele het.
Ek het net weer besef:
Moet nie sommer aanvaar 'n skoot wat mis lyk is mis nie. Nie alle raaksote wys bloed nie, maak baie seker jy en die gids kyk mooi waar die bok gestaan het toe die skoot geloop het, en moenie aanneem die spoor wat jy volg is die regte een sonder bevestiging nie. Loop sirkels om die "crime scene" as daar twyfel oor raak of mis.
Screenshot_20220530-075144_Gallery_compress94.jpg
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Mon May 30, 2022 10:17 am
by J le Roux
20220526_170736_compress1.jpg
Laaste een
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Mon May 30, 2022 10:37 am
by LoopSoosStroop
Baie mooi fotos daardie Pappabeer.
Geluk met almal se bokke, dit bly darem lekker!
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Mon May 30, 2022 1:29 pm
by Pappabeer
Dankie vir die mooi woorde manne. Almal se wild lyk goed. Ek wil bitter graag n bastergemsbok jag in Wes Afrika resl
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Mon May 30, 2022 4:33 pm
by tripodmvr
Die probleem in Wes-Afrika deesdae is die feit dat terwyl jy jag jy dalk deur die plaaslikes gejag word.
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Mon May 30, 2022 4:51 pm
by Frederik
tripodmvr wrote: Mon May 30, 2022 4:33 pm
Die probleem in Wes-Afrika deesdae is die feit dat terwyl jy jag jy dalk deur die plaaslikes gejag word.
Oom Marius mens moet net bietjie gaan rondsoek maar Cameroon doen nou goed en die outfitters weet wat op die grond aangaan.
Sou regtig iets spesiaal wees om daar te jag.
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Mon May 30, 2022 8:34 pm
by tripodmvr
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Fri Jun 10, 2022 12:52 pm
by Pappabeer
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Fri Jun 10, 2022 1:42 pm
by JohanvB
Het heel oraait gegaan!
C60BD239-7E50-43A8-9144-BDD2AE8E2C28.jpeg
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Fri Jun 10, 2022 1:52 pm
by JohanvB
Mooi Ram
D755BC96-1AC1-44DE-B748-FAB06114A17C.jpeg
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Sat Jun 11, 2022 6:59 pm
by tripodmvr
Ons gesprek oor die Kameroen jagte het betrekking.
https://youtu.be/A0xEmY5SG5U
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Mon Jun 13, 2022 6:16 am
by Frederik
2de Julie kom al hoe nader vir my 2de rondte jag.
Dankie vir die deel manne sien die veld is oorals nog baie ruig.
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Mon Jun 13, 2022 6:20 am
by Frederik
Spesiale jag in spesiale deel van die wereld.
Ook lekker lys van spesies om te doen.
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Wed Jun 15, 2022 11:00 am
by Geno
Ek kon uiteindelik bietjie weg glip om te jag.
Verlede Woensdag is ek Karoo toe om te help met jagters en Vrydag kon ek self bietjie saam skiet op 'n voorsit jag.
Die jagters kon ramme en ooie skiet, en ek kon net ramme skiet.
Ek het my een .243win gebruik met 70gr Nosler Varmageddons en almal breinskote geskiet.
Naaste skoot was op 70m en die verste op 340m.
Gemiddeld op so 220m.
Hier is my span vir die oggend. 9 bokke met 10 skote. Een skoot was afgeskiet op wind op 340m, maar 2de skoot is darm 'n sitter gewees!
Kyk hoe lyk 'n damara springbok ram teenoor 'n koper ram.
Maandag ry ek toe Koedoeskop toe om kliente te vat vir buffelkoeie.
Albei een skoot met 300gr Woodleigh Softs uit 'n .375H&H uit sonder sports en 'n lang opvolg.

Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Wed Jun 15, 2022 11:27 am
by Joe13
Mooi gemaak Geno, daai springbokke bly mooi.
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Wed Jun 15, 2022 11:43 am
by Gian_dP
Lekker Geno! Lyk soos DS op die 243? Hoe ervaar jy hom?
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Wed Jun 15, 2022 11:47 am
by Geno
Dis 'n Gen1 DS op daardie geweer ja. Ek gebruik hom al 2 jaar en geniet hom bitter baie vir my springbok jagte. As als reg en getrue is, is jou enigste oorweging wind spoed en rigting so man kan lekker vinnig skiet. Ek het Vrydag 'n bobbejaan met 'n jyweetwatse-haar gemis op 1030m met hom oor ek net nie die wind lekker kon lees nie.
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Wed Jun 15, 2022 12:28 pm
by Frederik
Mooi gemaak Geno springies, blessies en sommer buffeltjies ook.
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Wed Jun 15, 2022 12:56 pm
by Capt. Yoda
Lekker Geno maar daai springbok heel links lyk nie lekker nie