Page 2 of 3

Re: Gemsbok pryse

Posted: Tue Apr 05, 2022 8:59 pm
by Eduard Venter
Terwyl almal nou teem oor wildpryse (ek weet self nie wat is die antwoord nie, alles raak duurder en ons geld nie meer nie)...

Ek het eendag 'n groep wat by my jag. Hulle vertel my presies hoe goed hulle skiet en dat die jag eintlik net 'n formaliteit is. Al hoekom hulle hierheen gekom het is omdat hulle nie self die teiken spesie op hulle grond het nie, maar andersins sou hulle sekerlik nie betaal het om te jag nie.

Vra toe wat is daar wat hulle verniet kan skiet. Ek sê jakkals, maar 'n mis skoot kos R1000 want dan sukkel ek met die jakkals na die tyd. Hulle is lekker ontsteld daarmee en het 'n paar woorde oor boere, nie veel anders as wat mens op prys besprekings op forums so nou en dan raaklees nie. Nietemin die manne het nie geskiet op jakkalse nie (hulle skiet dan springbokke in die kop in die hardloop, weet elk geval nie hoekom daai reël hulle afskrik nie).

Nou ja, 2 uur die middag skiet hulle 'n rooikat mis op 12 meter. Natuurlik is 'n rooikat nie 'n jakkals nie en daarom was die oom braaf genoeg om die skoot te vat.




Re: Gemsbok pryse

Posted: Wed Apr 06, 2022 9:08 am
by Danie01
Die droogte het verseker die wild se getalle verminder, maar n gemsbok kos nogsteeds tussen R4500 tot R5000 in my omgewing, dagfooi is gewoonlik R800 tot R1000 vir die bakkie en verblyf rondom R500 pp.

Ek weet nie waar jag julle vir daai rowee pryse nie en as dit nader aan die groot stede is, was die droogte inelkgeval nie so erg soos in die Noord en Ooskaap nie.

Ek dink die manne so na aan die groot stede betaal net so baie want hulle kan en wil nie so vêr ry nie. As die pryse te rof raak sal daai eienaar inelkgeval nie jagters kry nie.

Re: Gemsbok pryse

Posted: Wed Apr 06, 2022 9:11 am
by pietskiet
Jag (en skiet!) is duur - net gisteraand vir n ou gese mens kon altyd die sommetjie probeer maak tussen Slaghuis vs jagpryse, maar nou is dit nie eers meer nodig nie.

Maar: die bottom-line bly die kragte van vraag en aanbod- n boer sal nie daai pryse wat ons dink is mal kan vra, as daar nie n mark is wat bereid is om dit te betaal nie. Die boer is aan niemand n verduideliking verskuldig oor hoekom hy daai pryse vra nie - dis n vrye mark en almal se keuse of hulle bereid is om daarvoor te betaal.

Dis presies dieselfde vir enige besigheid en produk wat jy koop - ek wil graag n Ferrari ry, maar ek kan dit nie bekostig nie. Help nie ek moan oor die pryse van Ferrari's nie- hul verkoop genoeg daarvan aan mense wat dit kan bekostig om n winsgewende besigheid te he.

Duidelik is die verskil, wanneer dit kom by jag, dat ons jagters dit in die verlede altyd kon bekostig, en nou voel dis onregverdig omdat ons dit nie meer kan bekostig nie. So asof dit n 'reg' was, wat iemand ons nou ontneem. Dis ook te verstane- dis net menslik om so te voel. Dit maak egter nie dat die pryse wat die boere vra onregverdig, oneties, of verkeerd is nie - die boer probeer bloot om sy besigheid so winsgewend as moontlik te bedryf.

Re: Gemsbok pryse

Posted: Wed Apr 06, 2022 10:47 am
by Wouter Roets
Boys kan julle asb julle beskikbare datums op julle wildsplase aanstuur? Sommer julle pryse ook, groot asb? Sal darem maar bitter lekker wees om vir n slag op n plaas te kom met eienaars wat so baie kennis en ondervinding van die wildsbedryf het. Ek kan nie wag nie en tel die salpies een vir een af!

Re: Gemsbok pryse

Posted: Wed Apr 06, 2022 11:58 am
by Frederik
Mens moet maar mooi gaan loop en soek en as jy plek kry wat goed prys en jy dit geniet het amper stil hou.
Wat nou weer onregverdig is teenoor die boer want hulle wil volgetalle doen.

Die pryse wat ek sover gesien het die jaar is baie wissel vallig een is baie hoog en ander goed geprys daar is 'n standaard nie.
Maar die slagkostes raak nou belaglik ek vestaan om ekstra geld te gee vir na uur slag of sou jy op vakansie dag of Sondag jag en daar moet geslag word.

Arbeid ruk hand uit maar sluit dit in die dagfooi in en jy gaan nie vir my se dat die boer 2 keer minimum lone vir sy mense betaal wat slag nie.
Slag drie bokke vir dag en daars eweskielik R750 se fooie by???
Caping kan ek verstaan want jy het iemand nodig wat kan en nie almal skiet heeltyd trofees nie.

Rooibok ram R2200 + R150 slagfooi + voertuig en dagfooi dan gaan jy die beste daarvan maak en die grootse en mooiste probeer skiet.

Re: Gemsbok pryse

Posted: Wed Apr 06, 2022 12:01 pm
by ruaanb
Haha

Ons het n lekker pakkie gekry die jaar vir ons familie jag.

Ons betaal R40k vir

3 nagte verblyf maar self sorg
Geen ekstra jag slag whatever kostes nie
1 eland bul
1 koedoe bul
8 rooibokke
3 bontebokke
3 ribbokke

Re: Gemsbok pryse

Posted: Wed Apr 06, 2022 12:05 pm
by Capt. Yoda
Ja daai is nie sleg geprys nie Ruaan maar julle Koedoes daar lyk mos maar eintlik soos ons Rooibokke

Re: Gemsbok pryse

Posted: Wed Apr 06, 2022 12:29 pm
by Eduard Venter
'n jagter skiet onlangs 2 wildebeeste by my. Een bul meet 31 duim en is by verre die grootste bul wat ek gejag het saam 'n jagter. Die ander bul is volwasse maar ondergemiddeld. Hy wil afslag hê op die kleiner bok, wat ek kan verstaan. Maar dan behoort hy mos meer te betaal vir die uitsonderlike groot een ook?

Die beste is maar om hier op die forum pryse te bespiegel en gesels, maar as die skoot geklap het moet jy maar betaal wat op die pryslys staan.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Gemsbok pryse

Posted: Wed Apr 06, 2022 12:53 pm
by Toxxyc
Ek dink jag vir die deurslag-biltongjagter is vinnig besig om 'n uiterse luuksheid te word. Ek onthou toe ek jonger was, nie eers so lank terug nie, het ons gejag omdat dit goedkoop genoeg was om te doen. 3, 4 of selfs 5 jagte per jaar was nie ongewoon nie. Dan het ons tussenin nog gaan duiwe en goeters op lande skiet, ons het ver gery om te gaan jakkalse afhaal, ens. ens. ens. 'n Goeie jagtog was sommer net met 'n EFT betaal want dit was nie amper my hele salaris vir 'n week se uitstappie nie.

Nou as ek wil gaan jag moet ek maande voor die tyd daarvoor begroot, en veral na die laaste 2 jaar dink ek nie ek gaan binnekort weer 'n jaar hê waar ek 3 of 4 keer sal kan gaan jag nie. Omdat dinge nou so duur geword het (nie net bokke en verblyf nie, maar ook alles wat daarmee saamgaan soos brandstof en so aan ook) moet ek baie mooi beplan want ek wil bitter graag my vrou en kinders saamvat, en dit maak weer inbraak op waar en wanneer ek kan gaan.

Ek is bevrees as ons boere kry wat R3,200 vir 'n rooibokkie vra vir die algemene biltongjagter gaan ons 'n spoedige afstwerwe kry van die tydverdryf, en dit gaan net nog duurder word, en nog meer van 'n luuksheid wat nog meer mense nie sal kan bekostig nie. Dit maak my bang, en hartseer, want ek is bitter lief vir die veld en dit was (is) vir my een van die mees mens-wordende ervarings om net in die veld te wees.

Maar ja, klaar gekla. Ek moet werk.

Re: Gemsbok pryse

Posted: Wed Apr 06, 2022 1:27 pm
by cassie_calvinia
Beespryse, skaap pryse is ook hoogte in.
bees voerkraal pryse was laasweek hoer as lam.
als raak duur. maar dink nogsteeds is jag goedkoper as bees in die winkel.
dis nou as jy jag vir kos. mince, boerewors ens.
ek is maar lief vir so een ossie per jaar vir die huis.

Re: Gemsbok pryse

Posted: Sat Apr 09, 2022 10:57 am
by Ben Remington
Morning Cassie...

R45/kg hier by ons rond maar ook al duurder kol kol hier.

Groetnis

Re: Gemsbok pryse

Posted: Sat Apr 09, 2022 5:09 pm
by Capt. Yoda
Ben Remington wrote: Sat Apr 09, 2022 10:57 am Morning Cassie...

R45/kg hier by ons rond maar ook al duurder kol kol hier.

Groetnis

Liewe fk is dit al wat bees kos

Re: Gemsbok pryse

Posted: Sat Apr 09, 2022 5:35 pm
by Dirk777
Dis nie net die bok se prys nie.... diesel en baie ander kostes.... en so het dit vir my gebeur dat ek vir die eerste keer in 38 jaar nie meer in Namibie kon gaan jag nie.. (Bietjie af van gesprek jammer)

Re: Gemsbok pryse

Posted: Mon Apr 11, 2022 2:57 pm
by Trompie
Eduard Venter wrote:'n jagter skiet onlangs 2 wildebeeste by my. Een bul meet 31 duim en is by verre die grootste bul wat ek gejag het saam 'n jagter. Die ander bul is volwasse maar ondergemiddeld. Hy wil afslag hê op die kleiner bok, wat ek kan verstaan. Maar dan behoort hy mos meer te betaal vir die uitsonderlike groot een ook?

Die beste is maar om hier op die forum pryse te bespiegel en gesels, maar as die skoot geklap het moet jy maar betaal wat op die pryslys staan.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Nee wat daar is niks om te verstaan nie. As jy die sneller trek en jy skiet ñ bul kalf is dit jou saak. Hyt mos die prys voor die tyd geweet.

Ek weet van boere wat jou van sy plaas sal af weg jaag as jy vir afslag vra nadat jy die pryslys tog voor die tyd gehad het en ingestem het om daar te jag.

Sent from my LM-G850 using Tapatalk


Re: Gemsbok pryse

Posted: Mon Apr 11, 2022 3:42 pm
by Dash431
Ja nee kyk, as dit my plaas was, sou ek redelik onsteld gewees het.

Ek dink tog n R/kg prys is dalk n goeie opsie vir beide partye. Die klient betaal vir wat hy skiet, en die boer se grootste wild word nie altyd geteiken nie.

En om dit winsgewend te maak, kan die boer besluit op die prys wat hy wil kry vir n gemiddelde grote dier, en dit dan toepas op die spesie.

Net n gedagte…

Re: Gemsbok pryse

Posted: Mon Apr 11, 2022 4:31 pm
by Capt. Yoda
Trompie wrote: Mon Apr 11, 2022 2:57 pm
Eduard Venter wrote:'n jagter skiet onlangs 2 wildebeeste by my. Een bul meet 31 duim en is by verre die grootste bul wat ek gejag het saam 'n jagter. Die ander bul is volwasse maar ondergemiddeld. Hy wil afslag hê op die kleiner bok, wat ek kan verstaan. Maar dan behoort hy mos meer te betaal vir die uitsonderlike groot een ook?

Die beste is maar om hier op die forum pryse te bespiegel en gesels, maar as die skoot geklap het moet jy maar betaal wat op die pryslys staan.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Nee wat daar is niks om te verstaan nie. As jy die sneller trek en jy skiet ñ bul kalf is dit jou saak. Hyt mos die prys voor die tyd geweet.

Ek weet van boere wat jou van sy plaas sal af weg jaag as jy vir afslag vra nadat jy die pryslys tog voor die tyd gehad het en ingestem het om daar te jag.

Sent from my LM-G850 using Tapatalk
Ou op een van ons jagte het een man n BWB “bul” geskiet wat hom blykbaar gestorem het. Dink hyt 32kg uit geslag, volgende dag skiet n ander man n vark van 6kg. Dank saam die Njala vers wat ok geval het was daai van die duurste biltong wat op daai plaas gemaak is

Re: Gemsbok pryse

Posted: Mon Apr 11, 2022 4:32 pm
by Eduard Venter
So 6kg varkie spit blykbaar baie lekker! Ek dink Sako30-06 het eendag sy resep hier geplaas. Die man verstaan kosmaak.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk



Re: Gemsbok pryse

Posted: Mon Apr 11, 2022 7:23 pm
by Trompie
Capt. Oblivious wrote:
Trompie wrote: Mon Apr 11, 2022 2:57 pm
Eduard Venter wrote:'n jagter skiet onlangs 2 wildebeeste by my. Een bul meet 31 duim en is by verre die grootste bul wat ek gejag het saam 'n jagter. Die ander bul is volwasse maar ondergemiddeld. Hy wil afslag hê op die kleiner bok, wat ek kan verstaan. Maar dan behoort hy mos meer te betaal vir die uitsonderlike groot een ook?

Die beste is maar om hier op die forum pryse te bespiegel en gesels, maar as die skoot geklap het moet jy maar betaal wat op die pryslys staan.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Nee wat daar is niks om te verstaan nie. As jy die sneller trek en jy skiet ñ bul kalf is dit jou saak. Hyt mos die prys voor die tyd geweet.

Ek weet van boere wat jou van sy plaas sal af weg jaag as jy vir afslag vra nadat jy die pryslys tog voor die tyd gehad het en ingestem het om daar te jag.

Sent from my LM-G850 using Tapatalk
Ou op een van ons jagte het een man n BWB “bul” geskiet wat hom blykbaar gestorem het. Dink hyt 32kg uit geslag, volgende dag skiet n ander man n vark van 6kg. Dank saam die Njala vers wat ok geval het was daai van die duurste biltong wat op daai plaas gemaak is
Hahahaha so jong bulletjie hom gestorm sommer net.

Sent from my LM-G850 using Tapatalk


Re: Gemsbok pryse

Posted: Wed Apr 13, 2022 11:06 am
by tau
Eduard Venter wrote: Mon Apr 11, 2022 4:32 pm So 6kg varkie spit blykbaar baie lekker! Ek dink Sako30-06 het eendag sy resep hier geplaas. Die man verstaan kosmaak.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Ek het so opgewonde geraak by Nico Harris met die oopvisier dat ek so 6 kg varkie geskiet het.....weet jy hoe goed moet jy oopvisier skiet om so klein varkie raak te skiet???????

Re: Gemsbok pryse

Posted: Wed Apr 13, 2022 12:08 pm
by Eduard Venter
Haha dan moet jy hom nog in die kop skiet ook om bietjie vleis uit te kry! Gelukkig is jy nou 'n eerbare lid van die oopvisier bende. Ek het self darem al varkies geskiet wat bietjie te maklik heel in die vrieshokkie pas.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Gemsbok pryse

Posted: Wed Apr 13, 2022 1:15 pm
by Carl
Die pryse in Alldays waar ons jag R7100/bul, maar ek dink Gemmies was nog altyd duur in die Bosveld.
Ek sien wel dat die akkomodasie vir 'n jagter die gids fooi + slag insluit. As jy trofee wil verwerk kos dit ekstra. As jy net voor son onder die bok skiet en die manne slag tot na jy jou 2de dop gehad het, maak maar op met 'n fooitjie.

Re: Gemsbok pryse

Posted: Thu Oct 13, 2022 12:24 am
by Whisky17
Dis nou al nou al n rukkie later, maar ek het uiteindelik my Gemsbok geskiet.
Ek was op die plaas Vaalleegte naby Merweville. Akkomodasie is baie goedkoop en bo-gemiddeld van standaard. Bakkie fooi saam met PH fooi is goedkoop in vergelyking met ander plase. Ek het wel die fout gemaak om te noem ek is daar vir vleis en nie die gewone "jagtrip" nie, so als het maar vinnig gebeur...
Ek sal die plaas aan beveel, veral as die wild getalle beter lyk na die groot droogte. Ek is nie seker of ek die prys mag noem nie, maar ek het n groot Gemsbok gekry vir tussen R5750 en R6520 (118kg karkas gehang sonder vel).
Sako 30-06 met Hornady Interlock 180gr en 52.8gr VV N550. Skoot was n bietjie hoog maar hyt geval op sy plek, moes wel baie versigtig die keel sny om dood te versnel.

Re: Gemsbok pryse

Posted: Thu Oct 13, 2022 5:09 am
by Geno
Baie mooi bok!
Ek het in April op Vaalleegte jakkalse geskiet vir Oom Dries. Dis 'n mooi plaas!

Re: Gemsbok pryse

Posted: Thu Oct 13, 2022 7:50 am
by Whisky17
Dit is n baie mooi plaas met groot springbokke, Gemsbok was op buurman se plaas geskiet.
Hyt my nogal vertel hy kry iemand om die jakkalse te skiet, en dit het geklink asof jy baie suksesvol was... ;)

Re: Gemsbok pryse

Posted: Thu Oct 13, 2022 8:32 am
by Capt. Yoda
Netjies, 118kg is n mooi Gemsie en dan gebruik die man nog regte kaliber en maak geweer ook