My en DD se posts om en by dieselfde tyd gepost, was besig om myne te tik terwyl syne verskyn het en dus nie video gesien.Andre308 wrote: Wed Jan 12, 2022 6:11 amMaroelas,Maroelas wrote: Tue Jan 11, 2022 8:16 pmEk het dieselfde wapen in dieselfde kaliber. Ek kan nie insien dat hy 'n dop so kan duik op extraction nie.Whisky17 wrote: Tue Jan 11, 2022 7:27 pm Baie dankie Andre, dit maak sin.. Ek sal laat weet of dit wel die geval is.
Ek dink eerder doppe te lank (daai dop wat 64.14mm gemeet het bv) of dalk die koolstofring soos oom driepoot gesê het.
Ek sny na 63mm terug na elke vuring.
Watse matryse gebruik jy om te vorm? Vollengte of nek size?
Hier bo het DD nou klaar baie info gegee oor die issues met daardie tipe Sako aksies, so ek gaan nie verder daaroor uitbrei nie.
My logika het my net gesê dat met afvuur van n skoot is daar +/- 55kpsi in die dop. Die dop se bek seel teen die wand van die kamer wat net effens groter is as die dop.
Daar is geen manier wat daar so n duik in n dop se nek kan kom tydens die vuur van die skoot nie. Sou daar n bietjie vervorming wees van n nek tydens die skoot, dan sou daar blowback merke op die dop gewees het.
Te lang doppe is wel n risiko, maar dit is met die kamer van die ammo en hoe druk.
Groete
Andre
Baie leersaam. Sou nooit kon dink dat 'n dop so sal misvorm teen 'n scope ring nie.
