6CM node hulp asb

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
User avatar
StefL
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 80
Joined: Sun Jul 20, 2014 2:42 pm

Re: 6CM node hulp asb

Post by StefL »

Dale SH wrote: Mon Oct 18, 2021 6:20 pm
StefL wrote: Mon Oct 18, 2021 12:00 pm Hi Dale

I'm still struggling with this.
I drilled the flash holes and saw a change in ES and SD, but still quite a bit variation in the groups.
I loaded a few with S385, and immediately saw better groups.

Can you please check the nodes with S385 lot 014; dev -1.7 please.
Loaded 103gr ELD-x with COL 70.70mm
42.0gr - 2829fps
42.5gr - 2872fps

Kaliber: 6CM
Loop lengte: 608mm
Koeël: 103gr ELD-X
TPL: 70.7 (1.2mm van lands)
Dop Lengte: 48.40mm
Dop Volume: 51.37gr H2O
Kruit: S385

I also tried what Uncle Marius suggested with going a bit further of the lands, but no luck, just an increase in velocity,
Thanks for all the help.
Stef.
With your current data you will need 43.4 grains of your current batch of S385 for 2947 -13 fps on the chrony at 5 meters from the muzzle( 2934 on the chrony for Node 5)
52380 psi

Node 4 is 66500 psi - do not try,

PS. With Reloder 26 Node 4 is predicted to be 3060 fps and +-50500 psi with 100% powder burn.
Thanks Dale

Thought I'll give S385 a try because it is more in line with MRP.
Nobody in my town has R26.
Will have to go look for it somewhere else.
Live on the edge, otherwise you're wasting space!
User avatar
StefL
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 80
Joined: Sun Jul 20, 2014 2:42 pm

Re: 6CM node hulp asb

Post by StefL »

Arnold wrote: Tue Oct 19, 2021 6:58 am Hi Stefan
Ek skiet self 'n 6mm Creed met goeie sukses selfs al gebruik ek 'n 105gr RDF :laugh:

Met die 24" loop en swaarder koeels sit die node by omtrent 2950fps en ek dink daar is 'n halfnode by so 3020 fps maar hierdie waardes gaan effens verskil afhangende van jou spesifieke dryfmiddel.

As jy vir jou 30-06 laai met groot sukses, sou ek reken daar is nie 'n probleem met jou laai metode nie maar ek sou wel soek wat anders is met die 6mm wat die hoë ES gee. Is die doppe wat jy skiet nuut, virgin brass, of laai jy dit nou al meer as een keer? Die rede vir die vraag is nekspanning, met nuwe Lapua doppe is nekspanning baie hoog en kan maklik veroorsaak wat jy sien.

Hoeveel skote het die geweer al geskiet? 'n Nuwe Howa kort so paar skote deur die loop voor hy mooi begin settle ;)

In kort is my metode om 'n spoed node te vind en dan met seating diepte te speel sodat die groepering krimp, indien dit nodig is. Ek gebruik QL en GRT maar vind dat die standaard veranderlikes moeilik is om te kalibreer en vertrou eerder wat die geweer vir my wys >:D

Die chronograwe wat lig afhanklik is is baie sensitief vir verskillende lig kondisies en moet liefs in die middel van die dag gebruik word as die son hoog sit. Hier is die OCW metode van ladingontwikkeling baie behulpsaam as jy nie jou chronograaf vertrou nie 8)

Sterkte met jou soeke na daai 0.5 MOA groepe, ek glo jy sal hulle binnekort vind.
More Arnold

Dankie vir al die raad, waardeer, want my gryshare raak nou vinnig meer!

Ek het ook agtergekom dat die ES en SD baie meer konstant is naby 2940-2950fps.
Kan net nie verstaan hoekom die URP nie wil werk nie. Dalk is dit nie die kruit nie, maar 'n kombinasie van nekspanning en nuwe loop.
Dit was Lapua Virgin brass ja, maar is darem nou al twee keer geskiet.
Nuwe Howa Dikloop 24". het nou 86 skote deur die loop.
Ek gaan ook nou vir my 'n expanding mandrel kry om die nekke mee oop te maak. Kom agter die nekspanning wissel.
Ek anneal elke keer en stamp die skouer met 0.002", so ek glo die mandrel sal help. Gebruik tans Redding FL en seater matrys.

Moet dalk 'n vriend se Magneto leen en seker maak oor die spoed.

Stefan
Live on the edge, otherwise you're wasting space!
User avatar
StefL
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 80
Joined: Sun Jul 20, 2014 2:42 pm

Re: 6CM node hulp asb

Post by StefL »

Arnold wrote: Tue Oct 19, 2021 8:17 am
Capt. Oblivious wrote: Tue Oct 19, 2021 7:54 am Ek sou na n bq vinniger kruit kyk om te begin
Ek beplan om een van die dae Rel26 in my 6CM te toets want dit werk baie goed in my 260 AI met die 156gr Berger uit 'n 26" loop.
S365 is nou my go-to poeier vir my 6CM en werk baie mooi konstant. So iets in daai brandspoed behoort te werk ... soos die URP wat jy gebruik het maar S385 kan moontlik nie volledig ontbrand nie en die hoë ES veroorsaak soos wat Capt noem alhoewel jy nie baie toetsresultate hier gee met die S385 nie.

Dop voorbereiding is egter krities en dan moet jy natuurlik dieselfde lading gooi asook sekermaak jy krimp nie die koeels as jy hulle seat nie. As jou seating matrys kan krimp en die doppe se legtes verskil effens waar jy sommiges krimp en ander nie gaan jy ook baie hoe ES sien.
Capt, Arnold

Dale het vroeër in die post voorgestel om MRP of R26 te probeer, dit is hoekom ek toe besluit het om S385 te probeer, want dit is meer in lyn met MRP en ek het nog daarvan.
Ek voel ook URP moet werk, maar huidiglik sukkel ek. Soos in die vorige post genoem, gee ek dalk verkeerdelik die kruit die skuld en moet ek eerder nog geduldig wees met die nuwe loop en die nekspanning uitsorteer.

Sal volgende week R26 probeer kry en dit probeer.

Dankie vir al die hulp

Stefan
Live on the edge, otherwise you're wasting space!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6CM node hulp asb

Post by Arnold »

Stef, 86 skote is regtig min alhoewel mens darem ietwat van 'n idee moet kry wat die geweer wil doen.

Ek laai my 6CM met 'n gewone Forster FL die sonder om 'n mandrel te gebruik en dit werk alhoewel ek gewoonlik 'n mandrel gebruik in my proses. Persoonlik dink ek QL kan jouself jou stert laat jaag en jouself net frusteer, soos in die geval.

My voorstel is om te laai en 'n spoed ladder te skiet en so jou spoed node te bepaal met jou TPL so lank as waarmee jy gemaklik is maar nie in die lands gejam nie. As jy dan jou spoed het en jy is nie tevrede met jou groepering nie speel dan met die seating diepte in klein inkremente.
User avatar
StefL
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 80
Joined: Sun Jul 20, 2014 2:42 pm

Re: 6CM node hulp asb

Post by StefL »

Arnold,
Hoe ver is jy van die lande af?
Ek hou daarvan om naby te wees (0.5-0.7mm) maar in die geval het ek nie genoeg koeël in my dop nie en moet ek verder weg laai.
Op die oomblik 1.2mm.
Live on the edge, otherwise you're wasting space!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6CM node hulp asb

Post by Arnold »

Stef, ek is nie seker op die stadium nie maar begin altyd 0.5mm weg as daar genoeg koeel in die dop is. Afhangende van hoe jy die geweer gaan gebruik kan jy wegkom met min koeel in die dop maar as jy uit 'n magesyn gaan laai is meer beter.
User avatar
StefL
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 80
Joined: Sun Jul 20, 2014 2:42 pm

Re: 6CM node hulp asb

Post by StefL »

StefL wrote:
Dale SH wrote: Mon Oct 18, 2021 6:20 pm
StefL wrote: Mon Oct 18, 2021 12:00 pm Hi Dale

I'm still struggling with this.
I drilled the flash holes and saw a change in ES and SD, but still quite a bit variation in the groups.
I loaded a few with S385, and immediately saw better groups.

Can you please check the nodes with S385 lot 014; dev -1.7 please.
Loaded 103gr ELD-x with COL 70.70mm
42.0gr - 2829fps
42.5gr - 2872fps

Kaliber: 6CM
Loop lengte: 608mm
Koeël: 103gr ELD-X
TPL: 70.7 (1.2mm van lands)
Dop Lengte: 48.40mm
Dop Volume: 51.37gr H2O
Kruit: S385

I also tried what Uncle Marius suggested with going a bit further of the lands, but no luck, just an increase in velocity,
Thanks for all the help.
Stef.
With your current data you will need 43.4 grains of your current batch of S385 for 2947 -13 fps on the chrony at 5 meters from the muzzle( 2934 on the chrony for Node 5)
52380 psi

Node 4 is 66500 psi - do not try,

PS. With Reloder 26 Node 4 is predicted to be 3060 fps and +-50500 psi with 100% powder burn.
Thanks Dale

Thought I'll give S385 a try because it is more in line with MRP.
Nobody in my town has R26.
Will have to go look for it somewhere else.
Hi Dale

Got some R26 today. Please help with a node.

Thanks for all the assistance

Stefan


Sent from my H8216 using Tapatalk

Live on the edge, otherwise you're wasting space!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 6CM node hulp asb

Post by tripodmvr »

Stef, jy sal 'n paar skote moet skiet om te sien hoe die RL26 maak in jou geweer. Spoed en lading is nodig. Dan kan Dale jou raad gee met die Node. Hy het reeds genoem van 3060vps.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Dale SH
Hero Member
Hero Member
Posts: 1730
Joined: Mon Dec 02, 2013 9:02 pm

Re: 6CM node hulp asb

Post by Dale SH »

Stef.
The node is predicted to be 46.2 grains if you are suitably far off the lands and not jammed into the rifling.
Because the Node is hovering around the 50 000 psi mark I would say you can go straight to 46.0 grains and see how close you are to 3060 fps muzzle velocity.
Once again as as long as you at least 0.5 to 1.00mm off the lands.
C775 Pre B
Brno No 2 .22LR
Tikka LSA55 .243 Win
Voere 6.5x55
Brno ZKK600 Deluxe 7x57
Ruger 77MK2 30-06
Rossler Titan(6) 8X57JS
User avatar
StefL
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 80
Joined: Sun Jul 20, 2014 2:42 pm

Re: 6CM node hulp asb

Post by StefL »

Hi Dale.

I have reached a velocity of 3040 on the chrony with 46.2gr R26.
What will the node be?

Probably just a bid low.

What I'm concerned about is this a on the fringe of being a compressed load. Have not done this before.
Pressure still looks fine. And no heavy bolt lift.

What is the lower node?

ES and SD is way better than with URP

Thanks for all the help.



Sent from my H8216 using Tapatalk

Live on the edge, otherwise you're wasting space!
Dale SH
Hero Member
Hero Member
Posts: 1730
Joined: Mon Dec 02, 2013 9:02 pm

Re: 6CM node hulp asb

Post by Dale SH »

StefL wrote: Mon Oct 25, 2021 2:12 pm Hi Dale.

I have reached a velocity of 3040 on the chrony with 46.2gr R26.
What will the node be?
You are on the node 46.3 grains is the exact number

Probably just a bid low.

What I'm concerned about is this a on the fringe of being a compressed load. Have not done this before.
Pressure still looks fine. And no heavy bolt lift.
Your case fill is predicted to be 98.3 % - excellent
You will never experience pressure signs - you running at 50300 psi


What is the lower node?
Why would you want to go there ? Your current load is exactly where I would want to be.

ES and SD is way better than with URP
Did you shoot any groupings ? If so what did they look like ?

Thanks for all the help.



Sent from my H8216 using Tapatalk
C775 Pre B
Brno No 2 .22LR
Tikka LSA55 .243 Win
Voere 6.5x55
Brno ZKK600 Deluxe 7x57
Ruger 77MK2 30-06
Rossler Titan(6) 8X57JS
User avatar
StefL
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 80
Joined: Sun Jul 20, 2014 2:42 pm

Re: 6CM node hulp asb

Post by StefL »

Dale

Thanks, just want to be safe.
Yes, I did shoot groupings, but did not look good at all.
On 46.2 two shots was one hole and one way off. Speed was higher as well. Suspect neck tension was not the same.
Where is the node supposed to be?
Going to shoot groupings again tomorrow.


Sent from my H8216 using Tapatalk

Live on the edge, otherwise you're wasting space!
Dale SH
Hero Member
Hero Member
Posts: 1730
Joined: Mon Dec 02, 2013 9:02 pm

Re: 6CM node hulp asb

Post by Dale SH »

You are on the node at the moment.
46.3 grains to be exact.
If you can put two shots in one hole you should be able to do three.
Work on your reloading /shooting technique and pay special attention to neck tension and jump to lands.
Load base to ogive if you have a comparator set.
C775 Pre B
Brno No 2 .22LR
Tikka LSA55 .243 Win
Voere 6.5x55
Brno ZKK600 Deluxe 7x57
Ruger 77MK2 30-06
Rossler Titan(6) 8X57JS
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: 6CM node hulp asb

Post by Hansieslim »

My ervaring...
Ek skiet 'n soortgelyke 6mm. Ekt met meeste van die kruite hierbo genoem, begin en my ES was ook hoog. Norma 203B het vir my die laagste, konstantste ES gelewer. Vhitavuori N150 het egter my ES werklik klein (baie klein) gemaak. Ek gebruik Norma doppe, CCI BR primers, Modified Lee collet neck die. Ek sê nie jou probleem lê by kruit nie, maar VV N150 het my breed laat smile.
Net my 2c
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
User avatar
RabieL
Full Member
Full Member
Posts: 161
Joined: Mon Oct 20, 2014 10:10 am

Re: 6CM node hulp asb

Post by RabieL »

Ek het ook nou deur al die antwoorde gekyk en dink die regte dinge is genoem.

Ek skiet self n 6 Creed en vir my was dit werklik seker een van die maklikste gewere om n lading voor te kry. By gese, ek jaag nie sooed bokant 3000 fps nie, dan skiet ek eerder n koeel met n groter BC.

Ek het ladings gekry wat 0.5 MOA en kleiner 5 skoot groepe skiet met H4350 en Re16. Beide dryfmiddels het gewerk met 103gr ELD-Xe en 108 gr ELD-Match koeels. My beste ladings op beide dryfmiddels is toevallig presies dieselfde met beide koeels.

My brass is Lapua SRP brass wat net so uit die boksies kom. Geen verandering nie. Ek gebruik ook Federal 205 M slagdoppe en is volgens my seker een van die bestes wat daar is in terme van ES en SD.

Begin ladings het ek maar soos in die verlede op 0.6mm van die lande begin en n klein ladder gaan skiet. Dienlading met laagste ES en SD gebruik en van daar af die groepe gekrimp met TPL veranderinge. Mens besef nie aldag hoe belangrik dit is en hoe sensitief n geweer daarvoor is nie.

Goed wat ek nie hier kon optel nie, is ek weet dis Howa maar in watter tipe kolf is hy gemonteer. Is die geweer bed presies reg vir die geweer maw is hy gebed. Ek kon ook nie aflei of daar n knaldemper betrokke is nie, want hy kan vir jou lekker rondbogger en is baie keer die oorsaak van die 2 en 1 scenario.

My advies sal wees, indien jou ES en SD laag is, moenie die fout by die herlaai bank soek nie, daai is jou indikasie van die goed is nou reg, behalwe dalk ideale TPL. Begin dan eerder na platform, skietrus en herhaalbaarheid van jou skiet proses te kyk, let op na goed soos die geweer want dalk na eenkant toe kantel. Ek verstaan baie ouens dink hulle maak nie foute nie, en ek was self baie skuldig daaraan al skiet ek 1500 plus rondtes n jaar. Nog n ding wat ek self agter gekom het is bv torque settings op aksie skroewe het net so beduidende invloed. As dit nie reg is en konstant dieselfde is het jy probleme.

As jy dalk een van die Howa eksterne magasyn plate in het, die plastiese nommer nou, maak n ander plan, jy kan nie die geweer reg vas maak met daai plasties tussen jou aksie skroewe nie, dis onmoontlik. Jy moet die geweer vastrek op soliede oppervlak soos bv n aluminium pilaar.

Hoop dit help.
"Only Accurate Rifles Are Interesting"

9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
User avatar
StefL
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 80
Joined: Sun Jul 20, 2014 2:42 pm

Re: 6CM node hulp asb

Post by StefL »

Rabie, en al die ander wat raad gee, baie dankie. Ek waardeer opreg.

Ek het eergisteraand my moer gestrip vir die storie, want hoe kan alles wat herlaai betref, volgens my, reg wees, maar daar is geen patroon in die groepe nie? Dis sommer 2 tot 3 duim groepe op n 100m.

Ek haal toe weer die geweer heeltemal uit mekaar uit en gaan alles deur. Ek kry toe merkies aan die bokant van die magesynkas. Ek besluit toe om dit uit te haal en draai my aksie skroewe vas, en daar gaan my agterste aksie skroef so ver in dat ek nie my slot kan uithaal nie! Die bedding agter is nie reg gedoen nie en ek het heeltyd die aksie op die magesynkas vasgetrek. Vir n tydelike oplossing sit ek toe net n wasser in en die aksie trek reg vas.

Gister gou vinnig n paar skote geskiet en die eerste groep is sommer onder n duim. Baie verlig!

So weereens, baie dankie vir al die raad. Ek Dink ek kan nou begin fine tune.

Ek hou julle op hoogte!


Sent from my H8216 using Tapatalk

Live on the edge, otherwise you're wasting space!
Post Reply