Page 2 of 2
Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.
Posted: Mon Jun 21, 2021 9:09 am
by projagter
Diesel Dog wrote: Sat Jun 19, 2021 1:36 pm
So lyk my Gordons na 25 jaar diens.
Rode hard and put away wet!
Loop soos n nagmuis.
DD
Sent from my SM-G980F using Tapatalk
Dit is mos nou karakter. Mag hulle nog lank saamloop.
Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.
Posted: Mon Jun 21, 2021 9:15 am
by projagter
Jaco vdW wrote: Sat Jun 19, 2021 11:46 am
Courtney’s
Na 10 jaar het die sole al bietjie pak gevat. Stuur hulle na die fabriek in Bulawayo en hulle kry nuwes. Reg vir nog baie stap.
IMG_3962.jpg
In terme van stewels vs skoene, ek werk elke dag met veiligheidskoene in die vorm van n stewel, so dit is gemaklik vir my.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek hou van wat ek hier sien.
Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.
Posted: Mon Jun 21, 2021 9:24 am
by LoopSoosStroop
Ek het hierdie jaar met 'n stel Asics trail skoene gejag, maar die veld waar ons was het baie sand paadjies gehad en veld het maar sleg gelyk. As jy daardie trick in beboste plekke probeer sal die steekgras jou vrek maak.
Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.
Posted: Mon Jun 21, 2021 11:06 am
by projagter
Sien STEEKGRAS is besliste oorweging by baie . Ja nee. Iewers in die Matlabas hang 'n paar sokkies van my in 'n haak en steek. Kan nie sê dat dit kaalvoet in die stewels beter gegaan het nie -- was darem tydelik verligting.
Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.
Posted: Mon Jun 21, 2021 12:07 pm
by projagter
Willem Grobler wrote: Fri Jun 18, 2021 5:20 pm
My Freestyle bootse loop nou al 18 jaar saam my d pad en as ek hulle so kyk is daar nog baie lewe in hulle. Ek sal eenvoudig net weer n stel van hulle kry indien nodig. Als loop reg, altyd reg, Freestyle…
Bietjie gaan inloer op die Freestyle se tuiste. LYk my hier is iets om na te kyk as jy nie van jou oues weer kan kry nie -- groot verskeidenheid en WesKaaps. Kom hulle met die ondersteuning vir die voet se brug aan die onderkant??
Nog jagters met ondervinding hiervan?
Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.
Posted: Mon Jun 21, 2021 12:41 pm
by Klein Chris
Ek dra die mopane leer skoen as my jag skoen van freestyle. My bree plat pote pas lekker daarin. Die dik sool maak die skoen bietjie swaar maar geen doring steek daar deur nie. Sit net n ander sagter inner sool in
Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.
Posted: Mon Jun 21, 2021 3:38 pm
by Joe13
Julle stel Tarzans voor maar watter model, is hierdie die regtes?

Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.
Posted: Mon Jun 21, 2021 5:25 pm
by HeinM
Joe13 wrote: Mon Jun 21, 2021 3:38 pm
Julle stel Tarzans voor maar watter model, is hierdie die regtes?
Sal seker mooi werk vir parrabats

Ek stap lekker met die Grasso Bul Boot. Sy sool is naby aan 'n tipe flatsole, wat vir my beter is...
Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.
Posted: Mon Jun 21, 2021 10:28 pm
by Barry Loock
Ek het al die jare Rogue gedra, toe kry Jim Greens.
Glad nie beindruk nie, sole trek los en wrd nat binne as ek net oor my grasperk loop.
Ek gaan weer terug na Rogues
Sent from my SM-A715F using Tapatalk
Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.
Posted: Tue Jun 22, 2021 8:14 am
by Capt. Yoda
HeinM wrote: Mon Jun 21, 2021 5:25 pm
Joe13 wrote: Mon Jun 21, 2021 3:38 pm
Julle stel Tarzans voor maar watter model, is hierdie die regtes?
Sal seker mooi werk vir parrabats

Ek stap lekker met die Grasso Bul Boot. Sy sool is naby aan 'n tipe flatsole, wat vir my beter is...
Ek dink daai is meer vir saam n jeanpant met wit kolle en stukkende merke op die knie as jy uit gaan in die Paarl
Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.
Posted: Wed Jun 23, 2021 9:12 am
by Hansieslim
Eks nie groot op brandnames nie, maar dra al n paar jaar n stel Wildebees skoene met flat soles. Ek moet sê, die flat soles trap beslis sagter oor takkies, grasse en klippe in die veld as harde sole met n hak.
Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.
Posted: Sat Jun 26, 2021 1:20 pm
by Gawie(13mm)
Capt. Oblivious wrote: Tue Jun 22, 2021 8:14 am
HeinM wrote: Mon Jun 21, 2021 5:25 pm
Joe13 wrote: Mon Jun 21, 2021 3:38 pm
Julle stel Tarzans voor maar watter model, is hierdie die regtes?
Sal seker mooi werk vir parrabats

Ek stap lekker met die Grasso Bul Boot. Sy sool is naby aan 'n tipe flatsole, wat vir my beter is...
Ek dink daai is meer vir saam n jeanpant met wit kolle en stukkende merke op die knie as jy uit gaan in die Paarl
Tsek!!!

Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.
Posted: Sun Jun 27, 2021 7:32 am
by Gerhardu
Joe13 wrote: Mon Jun 21, 2021 3:38 pm
Julle stel Tarzans voor maar watter model, is hierdie die regtes?
Daai sal mooi pas by die Kolonie manne.
Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.
Posted: Mon Jun 28, 2021 6:00 am
by ruaanb
Is Rocket se hotsteppers daai.
Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.
Posted: Fri Jul 02, 2021 3:14 pm
by projagter
Lyk my skoene is soos vrou kies. Smaak en keuse verskil.
Wat sê die HiTec manne en watter model?
Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.
Posted: Wed Jul 28, 2021 3:58 pm
by Maroelas
Ek het my stel Rogues so drie weke terug gekry en gewerk om hulle in te loop (nie maklik as jy heeldag agter 'n rekenaar sit nie).
Maar stupid soos wat ek is bestel ek nie van die Rogue Leather Food nie.
Waarmee behandel julle manne julle leer stewels? Dubbin? Of iets anders? Wil nie R100 courier betaal vir 'n R60 produk nie!
Hulle moes môre vir die eerste keer bosveld toe, maar covid het ons gepootjie, so nou moet ek wag tot middel September voor ek hulle in die bos probeer.
Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.
Posted: Thu Jul 29, 2021 7:55 am
by Capt. Yoda
Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.
Posted: Sat Jul 31, 2021 8:55 am
by Blitzzz
Julle manne het seker gesien die Courteney’s is op n vet special by die groot winkel.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.
Posted: Sun Aug 22, 2021 6:05 pm
by projagter
Maroelas wrote: Wed Jul 28, 2021 3:58 pm
Waarmee behandel julle manne julle leer stewels?
Besef meteens hoe belangrik die vraag en keuse is -- dit bepaal sekerlik die leeftyd van jou voetgoed. Ek altyd dubbin gebruik.Maar het die bekommernis dat boleer redelik sag en vetterig word.
Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.
Posted: Sun Aug 22, 2021 8:25 pm
by Maroelas
Ek het maar die bullet gebyt en van Rogue se leather food bestel. Werk baie lekker op die skoene. Het sommer my vrou se leer handsak ook bygekom met die goed en nou lyk daai handsak sommer weer spekeries.
Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.
Posted: Mon Aug 23, 2021 7:20 am
by Geno
Maroelas wrote: Wed Jul 28, 2021 3:58 pm
Waarmee behandel julle manne julle leer stewels? Dubbin? Of iets anders? Wil nie R100 courier betaal vir 'n R60 produk nie!
My vrou vervaardig 'n produk wat uitstekend werk vir leerskoene.
Ek het dit nou al deeglik getoets met my jagwerk. Nagte wat die veld erg nat dou bly my voete droog, en bly die leer op my Redbacks lekker sag.
Dit kos R70/blik.
Bestel gerus by:
lila@ggvarminting.co.za
Whatsapp 0791289992
Hier is 2 manne se skoene voor- en na behandeling.

Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.
Posted: Mon Aug 23, 2021 8:14 am
by projagter
Geno
is die smeergoed kleurloos

Dit lyk goed . veral die waterdig.
Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.
Posted: Mon Aug 23, 2021 8:44 am
by Geno
Hy lyk so Oom Jan.
Hy neig om die leer 'n bietjie donkerder te maak in sekere gevalle.

Re: MY MEES GETROUE JAGMAATS.
Posted: Mon Aug 23, 2021 8:50 am
by projagter
Lyk reg. Dankie Geno. Hou van wat ek sien. Sal moet kry. Raak net duur met kourier