Page 2 of 2
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Posted: Thu Jan 12, 2012 6:41 pm
by Ian
Hierdie Bosbok het ek geskiet (nie gejag) 30 minute voordat ons sou oppak met 'n 10 dae Koedoejag. Merk die kleur van die bosbok. Dit was in die Waterberge by Tolwe. Nou die vraag aan die manne wat hom ken en al baie gejag het. Ons het self Bosbokke en ons ramme verskil dag en nag van kleur met hierdie bok. Is dat dalk omdat die Bosbokke in die noorde 'n ander spesie is? Kan iemand ook vir my inlig wat die Bosbok se horinglengte is, ek skat hom hier by die 15". (Die blerrie honde het die horings weggedra). Groete
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Posted: Thu Jan 12, 2012 9:16 pm
by grumpy
Bos gees. Daai Koedoe beweeg darem stil vir sy groote. Hy het beter camo as wat daar nog ooit gemaak was. Het baie respek vir hom!!

Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Posted: Sun Feb 05, 2012 1:00 am
by Fanie
What is the most favourite game animal to HUNT?
Ek sou se Rooibok en Blouwillebees is die gewildste en waarskynlik die beste geld waarde vir biltong.
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Posted: Sun Feb 05, 2012 7:40 am
by Frederik
Ian wrote:
Hierdie Bosbok het ek geskiet (nie gejag) 30 minute voordat ons sou oppak met 'n 10 dae Koedoejag. Merk die kleur van die bosbok. Dit was in die Waterberge by Tolwe. Nou die vraag aan die manne wat hom ken en al baie gejag het. Ons het self Bosbokke en ons ramme verskil dag en nag van kleur met hierdie bok. Is dat dalk omdat die Bosbokke in die noorde 'n ander spesie is? Kan iemand ook vir my inlig wat die Bosbok se horinglengte is, ek skat hom hier by die 15". (Die blerrie honde het die horings weggedra). Groete
Ian, ek het groot geword in daardie berge dit is nie 'n ander spesie nie as jy hard en lank daar gaan jag sal jy sien jy kry verskillende kleure bosbokke daar die een wat jy geskiet is is die ligter weergawe maar hulle het groter lyf die so groot soos 'n rooibok. Dan kry jy die wat amper swart is met baie mooi velle wat uistaan hulle lywe is gewoonlik kleiner as die bruin weergawe as ek hulle so kan noem en ja ek dink jy is baie naby aan 15" daar. Ek sal gou paar fotos soek en kyk mof ek dit kan opsit.
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Posted: Sun Feb 05, 2012 7:46 am
by Frederik
Die eerste twee kan jy duidelik sien is donkerder en die ander lig soos die wat jy geskiet het.
Die wat ligbruin is slag omtrent 32kg tot 40kg uit en die wat meer donker is gaan sukkel om 35kg uit te kom.
Onthou die is my observasie tussen sowat 15 bosbokke wat met kliente geskiet is en 12 wat ek self persoonlik geskiet het toe ek groot geword het ongelukkig nie fotos van almal nie.
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Posted: Sun Feb 05, 2012 8:10 pm
by Ian
Beste Frederik
Baie dankie vir die mooi foto's en inligting, ek kan nou sien wat jy bedoel.
Groete Ian
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Posted: Sun Feb 05, 2012 9:41 pm
by Marc
Naands? manne,
Ek stem saam die gemsbok manne, maar ek voel jy moet hom daar in die kalahari gaan haal, op sy eie grond. My taaiste jag was toevallig ook in die kalahari, 'n Volstruis

, as jy hom kwes het jy probleme

, GLO MY MAAR!

Hy draai die gas oop
Vir my is daar min wat kom by monster Kudu jag, as daai groote gaan rus wonder mens mos hoeveel ander jagters hy al deur die jare ontduik het.
Hiers 'n foto van my broer se kudu wat hy in Junie 2011 buite Baltimore kon raakloop, 58". Toevallig ook toe hy hard gejag het vir die dag en sy hoede laat sak oppad terug huis toe, dat die ou man voor hom inloop. Ek gaan verseker terug, want sy pa loop nog daar en dis nou een kans wat nie teversmaai is nie!!! Biltong jagter of nie, vir hom betaal ek trofee prys met 'n

, mens skiet mos net een groote in jou lewe.
Groetnis
Marc
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Posted: Mon Feb 06, 2012 9:27 pm
by Ian
Beste Marc
'n Kompliment, die foto van jou broer met die koedoe, 10/10 met die sonsondergang, 'n baie mooi foto. Se vir hom geluk met daai mooi koedoe. Dankie vir jou stories.
Groete Ian
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Posted: Tue Feb 07, 2012 12:37 pm
by Marc
Dags? Ian,
Baie dankie vir die mooi woorde, man ek is bly ek kon deel in daai ervaring !!! Omdat ons hoofsaaklik biltong jag, gaan dit regtig 'n besonderse dier moet wees voor ek die sneller druk teen 'n ho?r prys. Ek laat hul gewoonlik verby beweeg en wonder soms of die satisfaksie wat mens kry om n reus te laat "wegkom" ,nie grooter is as waneer hy val nie ?
Sal nou geduldig wag vir my beurt.
Mooiloop
Marc
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Posted: Tue Feb 14, 2012 10:45 am
by Zack Benade
Dagse Visstok
Ek stem saam met jou oor ribbokke in die Dordrecht omgewing.

Jy moet verseker fiks wees en jou skoene moet goed ingeloop wees. Tydens die jag as jy nie meer asem het nie, wonder jy soms of jy nie eerder professioneel moet begin skaak speel nie maar na die skiet is jy trots op jou bokkie en jouself. Die herhinderinge is wat alles die moete werd maak. Groete aan Leon Coetzer en Koos want almal ken mos almal.
In die Vrystaat is springbok jag die lekkerste vir my. Al die ander manne wat die groot bokke skiet se "Guns" se lope is seker uitgeskiet en groepeer seker nie te mooi nie want dis waarom hulle groter diere skiet.

Dis net 'n grap manne, Ek hou van al julle foto's
Groete
Zack
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Posted: Wed Feb 15, 2012 12:14 pm
by Marc
Re: What is the most favourite game animal to HUNT?
Posted: Wed Feb 15, 2012 10:49 pm
by visstok
Zack, my ouers het in Dordrecht omgewing groot geword en het nog die plaas daar, maar ons het nooit daar gebly nie. Ek gaan gereeld af daai kant toe, het ook nog baie familie daar, die Myburg's Queenstown se kant toe en dan die Schmidt'e Swempoort se kant toe. Ek glo hulle sal jou mense ken! Ek het reeds so intresante jag die jaar daar beplan in daai berge! Groete visstok