Page 2 of 2

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Posted: Mon Mar 01, 2021 2:34 pm
by Gawie(13mm)
Die perspektief is as volg:
Op 300 meter is die verskil in elavasie: 0.3 MOA of 0.3 x 3 x 29.1= 26mm
Verskil in wind van 10 mph: 1.6 MOA of 1.6 x 3 x 29.1=139.68mm

Op 500 meter lyk die verskil in elavasie so: 1.9 MOA verskil of 1.9 x 5 x29.1 = 276.45mm
Verskil in wind van 10 mph: 3.2 MOA verskil of 3.2 x 5 x29.1 = 465.6mm

Ek wil my verstout om te sĂȘ dat ek heel moontlik die skoot sou verbrou met my .243 AI en 87 Vmax kombinasie.
Cappie het klaar gevra hoekom ek die 105 greiners nie 'n bietjie aanjag nie. Ek soek optimale loopleeftyd met die roer en ek dink die akuraatheid en minimale terugskop beantwoord al my vrae.

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Posted: Mon Mar 01, 2021 2:35 pm
by Arnold
Gawie(13mm) wrote:
Wouter Roets wrote: Mon Mar 01, 2021 1:37 pm Gaafster

As jy nog jou Ackley gehad het kon jy hom aan die bokant van die kop vat om hom tussen die oe te klits. Ja maat darem lekker as dinge so bymekaar kom. Ek neem aan jy het toe geluister en die die 6mm XC gebruik as basis met jou berekeninge?

Groetnis
Wout
So min of meer ongeveer. ;D
Ek het die 6.5 Creed gebruik en die dopvolume, nek deursnee en "weighting factor" aangepas. Dit is hoe ek my aanvanklike berekeninge gedoen het. Na ons gesprek het ek dieselfde roete gevolg met die XC as basis en by presies dieselfde uitgekom.

Die 6 mm is amper soos 'n .270. Hy skiet plat tot op 250m en dan begin hy klim. ;)
Ek is baie bly niks het opgeblaas nie. Ek sien jy skryf hier op 'n oop forum dat jy die weighting factor verstel het Image

Maar ek kan saam sing dat die 6 Creed wonderlik is en ek is gelukkig dat myne die 105gr RDF mooi skiet want sy BC is ongelooflik.

Vertel gou hoekom nie weer 243 AI nie of as jy dan nou regtig mooi wou skiet die 6 Dasher nie Image

Sent from my SM-G955F using Tapatalk



Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Posted: Mon Mar 01, 2021 2:37 pm
by Capt. Yoda
Arnold, die Dasher is mos so 1999

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Posted: Mon Mar 01, 2021 2:57 pm
by Gawie(13mm)
Arnold, jou paplepel is in die pos!!! ;D

Met my .243 AI het ek gevind dat om rondom 55 000 psi te skiet op 'n node met 'n 87 Vmax uit 'n 24 duim loop, die dop maar 88% vol was met S365.

Ek was opsoek na iets met beter dopvulling.
Ek het baie huiswerk gedoen en ure met QL gespeel en gaan loer na Heinds se oorspronklike 6mm Creedmoor data wat hy verskaf het en skielik het die somme geklop. 39 Grein S365 gee vir my 95% dopvulling teen 100% verbranding en 'n berekende druk van 47 375 psi.
Met die .243 AI sou ek 42.5 grein kruit moes gooi. Die spoed sou 60 vps meer wees teen amper 50 000 psi, maar dopvulling sou 90.5 % wees.

Met die Creed kan ek selfs die volgende node haal teen 3 140 vps @ 62 000 psi, wat dan net onder Maks druk is, afhangende van wie jy glo. ;)

NS: Ek kan nie mooier skiet nie, al gee jy my 'n Dasher. Bowenal, al my vriende wat nie op Jaracal is nie slaan nou oor na eksotiese kruite en dan bedel ek maar hul S365.

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Posted: Mon Mar 01, 2021 3:07 pm
by Arnold


Ek hardloop nou so 2950fps met 40.6gr S365 agter n 105gr RDF (met hBN) uit n 24" loop en het seker dieselfde huiswerk as jy gedoen maar voor ek gekies het. Standaard Lapua doppe sonder fire forming het darem groot in die outjie se guns getel.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk



Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Posted: Mon Mar 01, 2021 3:30 pm
by Gawie(13mm)
Arnold wrote: Mon Mar 01, 2021 3:07 pm Ek hardloop nou so 2950fps met 40.6gr S365 agter n 105gr RDF (met hBN) uit n 24" loop en het seker dieselfde huiswerk as jy gedoen maar voor ek gekies het. Standaard Lapua doppe sonder fire forming het darem groot in die outjie se guns getel.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Die Peterson doppe van die rak af was ook die kersie op die koek.
Snaaks dat baie manne die XC met S355 geskiet het.

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Posted: Mon Mar 01, 2021 3:45 pm
by figjam
Gawie..... Ek laaik dit! Knap gedaan my maat!

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Posted: Mon Mar 01, 2021 5:57 pm
by Malan123
Ek stem saam met Wouter. Met 'n Ackley het jy hom aspris eers so bietjie verder gejaag net om 'n punt te bewys...

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Posted: Tue Mar 02, 2021 9:17 am
by PWV
Gawie, smaak my daai 6 mm is nie 'n peashooter nie!!!

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Posted: Tue Mar 02, 2021 10:08 am
by joe rocket
Gaafsters weet jy hoe mooi sal rdf's in daai roer loop. Ek is so bly jy sukkel met hom. Ek dink jy moet die afterburner aansit en nie 80km/h in die regterbaan op die N1 sit nie. Bly dat die roer skiet geniet haar.