Amptelike Logo van Jaracal Forum
-
tafjak
Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum
Freddie
Dankie vir die reply op die logo-ding. Ek reken as die agtergrond pers is(wil nie Jaracal se agtergrond neem nie) of enige kleur vir darie matter is dit die geregistreerde jagter se uitkenning. Logo soos aanvaar die lede s'n(so die jagter kan perse en witte dra). Jaracl kan die rooie gebruik en so aan.
Net 'n idee.
Taffie

Avibus
Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum
Louis
Ek het nie 'n probleem met die heraldiek nie is in geen posisie om daarop te kan of wil verbeter nie.
My vrae in hierdie verband gaan nie om die logo te bevraagteken nie, maar wil ek maar net my vergewis rondom die betekenis en die impak van die heraldiek. As my vrae krities oorkom, dis nie die bedoeling nie.
My belang sentreer rondom 'n verwikkeling dat ek tans besig is met onderhandelinge om breekoparende in 'n proefneming op te lei om behulpsaam te wees met die jag van hierdie bepaalde ongediertes. Die onderlinge natuurbewarings agentskappe is sensitief oor die aangeleentheid omdat die meeste arende bedreig is en hul natuurlike aanwas baie stadig is. Verder die verwagte leeftyd van so 'n arend kan tot 30 jaar en langer wees. Dus die beplanning en aanwending moet lang termyn in berekening geneem word. As die voorgenoemde gaan realiseer sal ek julle hulp benodig waar dit kom by die "entering" fase op ongediertes. Met die goedkeuring van die die projek sal ek graag julle logo wil gebruik met die valkeniers logo van die individue wat gekwalifiseerd is uit te ken om die projek te dryf.
Ten einde is daar assosiasie en dit is vir my belangrik met wie ek in assosiasie is aangesien daar ooreenstemming met die uiteindelike doelwitte moet wees.
Groete

Man maar is ek bly dat my neus my nie verkeerd gelei het nie. Presies wat ek ingedagte gehad het met die "variasie" op die logo. Die logo met miskien projek se afkorting as kenteken vir die Valkeniers en hulle missie.
Die "saamstaan" waaroor Willjak so gepreek het kom dan ook hier vreeslik ter sprake. Alle vorms van Probleemdier beheer sal dan ook noodwendig saamstaan.
Daar is manne/jagters wat probleemdiere net met honde jag, net roep en skiet, net slagysters en so kan die metode aangaan. Nou ook manne wat die groot vo?ls op hulle wil loslaat. Pragtig, is dit nie. Nee, hierdie Jaracal-ding se uiteinde is nog v?r nie in sig nie.
Ons mag nog saam julle die "Lugmag" op die swerkaters loslaat. Is dit nie wat ondersteuning genoem word nie?
Ek dink jy en Louis het dieselfde siening, net so nou en dan nodig om die storie breedvoerig te verduidelik dat ek en ander dommes die spoor kan optel.
Groete en sterke met die projek.
Tafjak

- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum
Ek dink die logo pas 100% by die naam jaracal. Jackal+Caracal = jaracal, net soos die logo jackal+caracal is.
Ek weet ook nie of iemand dit raakgesien en of Louis dit so bedoel het nie?
Ek aanvaar hy het.
Groete
Heinrich

Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
tafjak
Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum
Daar hoor julle dit uit die perd se bek. Jammer om die idioom te gebruik, maar die beste wat kon aan dink.
Wel gedaan almal wat aan die idee gewerk het, en daar was 'n hele klomp manne. Sonder insette, saamstemmery, teenkanting en energie sou daar van niks gekom het nie.

Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum
Hoe dan nou anders??Jaracal wrote: Ek dink die logo pas 100% by die naam jaracal. Jackal+Caracal = jaracal, net soos die logo jackal+caracal
Vamiddag aan presies dit gedink, wou ook bostaande gedagte post. Nadat ek 'n skaapkop op 'n "Fully Armed" Rambo lyf wou ontwerp vir moontlike nuwe logo
Cheers
D
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum
Elke individu moet sy eie vertolking van die logo maak. Ter insae, hier is hoe myne werk:
Simboliek van die Jaracal Logo soos gebruik op die Forum vir die Jagter en deur Spesialis Roofdierjagters:
1. Die idee van die Logo-skets het sy oorsprong by ?Jaracal?. ?Jaracal? is ?n reeds gevestigde en gerespekteerde handelsmerk wat eie is aan die waardes wat Heinrich Funck reeds jare lank aan bou. ?Jaracal? is die samevoeging van ?Jackal? en ?Caracal?. Die jakkals en die rooikat is die twee mees ?suksesvolle? middelslag grootte roofdiere van ons tyd. Hulle is ook ongelukkig verantwoordelik vir enorme skade by die kleinvee-kuddes van ons land.
Die Jaracal Logo is dus ?n kenteken van moderne, kreatiewe en moreel aanvaarbare metodes om die skade wat kleinvee produsente as gevolg van roofdier skade lei, te beperk. Die logo staan dus vir dit wat goed en wat reg is in die beheer van roofdiere op (hoofsaaklik) kleinvee-plase.
2. Die logo poog geensins om perfekte afbeeldings of lewensgetroue weergawes/sketse van die jakkals en rooikat te wees nie, maar eerder om op ?n moderne onrealistiese manier, spesifiek sekere van hul karakter eienskappe uit te beeld.
In die geval van die jakkals is ?n alom bekende eienskap wat hom toegedig word, di? van ?slu-heid?. Jare lank is daar konflik tussen die kleinvee produsent en die jakkals en die manier waarop die jakkals tog ?n manier vind om aan te pas, te oorleef en aan te teel is legendaries. Daarom het die jakkals (in die logo-skets) skerp reguit lyne en ?n ?skelm? oog in kontras met die sagter ronde lyne van die rooikat.
Die rooikat het op ?n ander wyse ?n manier gevind om op kleinvee plase te oorleef. In teenstelling met die jakkals is dit eerder aggressie, individualiteit en katagtige eienskappe wat die logo vir die rooikat wil uitbeeld. Weereens is die oog nie ?n realistiese afbeelding nie, maar eerder ?n moderne onrealistiese uitbeelding om die karakter te beklemtoon.
3. Die Jaracal Logo poog verder om die illusie van teater maskers te skep. Dit is ?n verdere rede hoekom die afbeeldings van die twee roofdiere spesifiek onrealisties gedoen is. Die Masker-effek het eerstens ten doel om te sinspeel op die gedagte dat ?n jagter ook eintlik maar net ?n ?roofdier? is. Vir ?n jagter om sy prooi te uitoorl?, sal dit baat om sekere eienskappe van roofdiere na te boots. Die jagter moet by tye slu, aggressief en opportunisties wees.
Die jagter dra ook soms, by wyse van spreke, ?n masker. Die suksesvolle jagter gebruik verskeie tegnieke om voor te gee wat hy nie werklik is nie, juis met die doel om sy prooi te uitoorl?. Hierdie tegnieke mag insluit: kamoeflering, bekruip, maak van geluide wat die prooi lok ens.
Net soos die jakkals en rooikat onwelkom is op kleinvee plase, raak tradisionele maniere van jag deesdae ongewild in sekere kringe. ?Groen? aktiviste plaas meer en meer druk op die reguleerders om bykans alle vorme van jag te verbied. Jagters sal dus baat om soos die jakkals en rooikat, maniere te vind om te oorleef, ondangs druk om di? leefwyse te verban. Die logo simboliseer dit.
4. Laastens simboliseer die logo oorspronklikheid, kreatiwiteit, individualiteit en vryheid van denke. Daar is nie gepoog om re?ls en regulasie na te kom of om enige iets of iemand na te doen met die skep van hierdie logo nie. Mag ons losgemaak wees van ?boeie? en ?kettings? wat ons wil inperk en vry wees om werklik die gawe van die lewe aan te gryp!
Alle eer aan God.

Last edited by Louis102 on Tue Dec 22, 2009 3:21 pm, edited 1 time in total.
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1384
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum
Avibus Baie interessant. Hou ons op hoogte hoe dit vorder.Avibus wrote: Louis
My belang sentreer rondom 'n verwikkeling dat ek tans besig is met onderhandelinge om breekoparende in 'n proefneming op te lei om behulpsaam te wees met die jag van hierdie bepaalde ongediertes.
Freddie
yol bolsun
-
tafjak
Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum
Louis
Ek kan nog lekker onthou hoe ek en jy mekaar verkeerd opgevryf het in die begin om die "Jagter register" en die tot standkoming daarvan. Moet waaragtig tog vandag noem dat hierdie logo van jou seker een van die grootste openbarings was in die tyd wat ek met jakkalse en katte te doen het. 'n Puik aanbieding om die konsep en uiteinde/verklaring van die "phantom" te verduidelik!
Voorwaar iets om op trots te wees.
So terloops, die rooikat word aanvaar as die mees suksesvolste jagter in die natuur w?reldwyd. Meer as 80% van al sy pogings ontaard in sukses. Dit is ook hoekom ons so sukkel om die nerves te hou as rooikat ingeroep word, dit is bloot omdat katte deeglik is met hul bekruiping en die die voorl? van hul prooi. Hulle doen hul huiswerk en sal alles moontlik doen om die prooi in die hande te kry dat hulle nie hul steur aan enige iets anders as die prooi self nie, net ingestel daarop.. Nou wil ons voorgee dat hulle dom is, maar ek reken dit is die erns wat hulle gebruik om sukses af te dwing. Volgens navorsers en natuurliefhebbers is die luiperd die tweede suksesvolste en hy kan nie 40% van sy pogings omskakel in sukses nie.
Die manne met die witjasse noem ook dat as jakkalse nie in pare gewerk het nie, hul sukses met 70% verminder sou word. Hulle is egter van die suksesvolste jagters wat in pare/spanne werk en net die wildehonde is meer suksesvol op ons kontinent. So, om hierdie diere te jag vra erns en pligsgetrouheid.
Ek dink ek moet die kaliber verander waarmee ek jag, hierdie goed klink na super dooper jagters en wil nie foute maak nie.

Last edited by tafjak on Sun Dec 13, 2009 9:38 am, edited 1 time in total.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum
Dankie Taffie, gawe woorde daardie van jou.
Die groot rede hoekom ek my tot nou toe weerhou het daarvan om 'n "uitleg" vir die logo te gee, was juis omdat ek nie sy betekenis wou inperk nie. Sien, daar dra jy nou weer by tot 'n verdere betekenis en my hoop is dat die logo so 'n "lewe" / betekenis van sy eie sal kry. Uiteindelik sal die waardes wat ons as groep uitleef, nog meer betekenis hieraan verleen.
Oor die "onderonsie": Ons leer van mekaar, ken mekaar beter en het steeds respek vir die ander se opinie. As dit is wat "onderonsie" beteken, is dit mos 'n goeie ding?

Onderonsies kikker die brein op.
Taffie
'n "Onderonsie" is van die "tools" wat verniet/pasella(met Btw) uitgedeel word om jou eie siening/feite te toets. Wat egter meer belangrik is, is dat die partye betrokke na die onderonsie in vrede kan aangaan met een siening/feit.Louis102 wrote: Oor die "onderonsie": Ons leer van mekaar, ken mekaar beter en het steeds respek vir die ander se opinie. As dit is wat "onderonsie" beteken, is dit mos 'n goeie ding?
Onderonsies kikker die brein op.
Taffie
- Tomcat
- Sr. Member

- Posts: 266
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am
Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum
Louis en Taffie
Wanneer kan ons nou van hierdie logos begin kry. Ek lees my nou al moeg aan julle skrywes. Ek soek hom op my toerusting dan kan julle verder skryf. Eks baie opgewonde oor hierdie unieke kenteken/logo en kan nie wag om een of tien te gebruik nie. Hoop ek kan spoedig van julle hoor.
Groete
Tomma

- katjak
- Full Member

- Posts: 246
- Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm
Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum
Louis. Beter as dit kon ek dit nie stel nie. Al wat ek kan s? is " SELA" Japie.
A genious is someone who shoots at something no one else can see, and hits it.
-
tafjak
Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum
Tomma
Die stickers is van m?re af in die pos en behoort teen Woensdag hier te wees. Ek sal reel dat jy joune m?re in Bloem optel. Sal van die ander ouens ook wil hoor wie hul stickers in Bloem kan gaan afhaal. Gaan jou gou PM.
Die stickers is van m?re af in die pos en behoort teen Woensdag hier te wees. Ek sal reel dat jy joune m?re in Bloem optel. Sal van die ander ouens ook wil hoor wie hul stickers in Bloem kan gaan afhaal. Gaan jou gou PM.
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum
Watter perd is nou die amptelikke verspreider van die sticker?
Ek wil 'n bestelling plaas asb.
Hoe nou?
Dawie
Ek wil 'n bestelling plaas asb.
Hoe nou?
Dawie
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum
Die sticker verspreiders kan sommer 'n besending na my kan toe ook stuur. laat weet asb hoe gemaak? Oom Leeu, die sleutelhouer opsie is nog oop laat weet maar hoe stap ons die pad vorentoe.
Groetnis
Groetnis
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum
Dawie
Louis
Ns. Ek het nog niks van Sophia by Autsighns gehoor nie, het haar ge-Epos vir kwotasies. Weet jy of hulle dalk toe is?
Nog geen amptelike verspreider nie, maar lede kan gesels met Tafjak, hy behoort julle te kan voorsien van 'n "nood-voorraad" binne die volgende dag of twee. Dink die "stickers" gaan R10 vir 3 kos, alle geld gaan na 'n "Forum-Kitty" om sake deursigtig tot al die lede se voordeel te bedryf.Dawie wrote: Watter perd is nou die amptelikke verspreider van die sticker?
Louis
Ns. Ek het nog niks van Sophia by Autsighns gehoor nie, het haar ge-Epos vir kwotasies. Weet jy of hulle dalk toe is?
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum
Taf
Ek soek sommer so 30 stickers om ten minste die betalery te regverdig. Laat weet hoe en waarin moet ons betaal.
Christo
Ek is ook bereid om vir die WP stickers en wat ook al in voorraad te koop as dit makliker sal wees. Laat weet maar.

Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Ambessa
Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum
Hallo almal op die topic
...soos voorheen ges?...
Ambessa
...soos voorheen ges?...
Eenvoud word selde geklop...Ambessa wrote:...sou tog versigtig wees met te veel detail (meer as net bloot die logo en Jaracal) te peuter...Louis102 wrote:...net die logo sonder enige iets verder op (opsie 2).
Ambessa
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum
ChristoChristo wrote: ...Ek is ook bereid om vir die WP stickers en wat ook al in voorraad te koop...
Ek weet nie of ek verkeerd gehoor het nie, maar dit klink of die WP-Rugby Unie nou mense gaan betaal om WP-stickers te vat. Hulle kon dit nie eers verniet weggegee kry nie. Nou wil jy daarvoor betaal?
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
tafjak
Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum
Christo
Die stickers sal hierdie week by my wees(so 200 by Jacques in Bloem ook) en sal dan so gou moontlik 30 by jou uit kry. PM jou adres of raad om goed daar te kry.
Die betaling sal ons later doen as die rekening beskikbaar is. Wil graag h? dat Heinrich die finansies moet hanteer(met Toyota nou het ek baie geld nodig vir diesel
).
Ek sal vra dat die drukker vir die WP 'n "word gou beter" sticker druk.
Groete en goed om van jou te hoor.

- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum
TAFFIE OOM LEEU
EK HET SOMMER SO GESKAT OM 250 STICKERS TE NEEM EN DIE RES AAN TE STUUR NA TAFFIE TOE.
EK IS BAIE TEVREDE MET DIE STICKER SOU NET RGAAG DIE ADRES VAN DIE FORUM WOU OPHE, MAAR DIS NIE ERNSTIG NIE. LAAT DIE LEDE MAAR DIE GEVOEL TOETS CA DIE EERSTE BATCH..
BAIE DANKIE 'POTTIE' (LOUIS DIE LEEU) VIR ALLLES WAT JY SOVER GEDOEN HET EN AAN ALMAL WAT DEEL GEHAD HET AAN DIE INISIATIEF.
(EK VERNEEM VANMORE JY AG MAAR SKIET EN NIE DIE 200 350 METER SKOOTJIES NIE DIE MANNE KAN NOG NIE EENS SIEN DIS N GEMSBOK NIE, DAN SIT OOM LEEU DAAI KOETJIE NET ONDER DIE OOR IN) EK GAAN DIE VAKANSIE BIETJIE TYD OP DIE BAAN SPANDEER EN AGTER DIE PROBLEEMDIERE AAN EN MINDER GESELS....SOOS DIE NATAL TRIO AANBEVEEL HET ... wONDER OF HY DIESELFDE GAAN DOEN
mY TOTAAL STICKERS IS 259 EK HET SO 9 TE VEEL GEEEM...NOU NET GETEL...
EK GAAN SO 100 BY MY HOU, 100 BY CLARENCE(TERMINATOR) AFLAAI EN SO 59 BY DIE VRYSTAAT PROBLEEMDIER JAGTERS , DAAR IS N PAAR VAN HULLE OP DIE FORUM SOOS BUDA BV .
aS DAAR MANNE IS WAT WIL HE KONTAK MY BY 0833084452 OF E-POS RSJB@UFS.AC.ZA
GROETNIS
JB
NS (WAAR BETAAL ONS IDE GELD IN ASB)

Shoot straight and tell the truth!
-
Ambessa
Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum
Hallo Louis102
Ambessa
Skerp maat, skerp.Louis102 wrote:...Elke individu moet sy eie vertolking van die logo maak. Ter insae, hier is hoe myne werk:... ...Simboliek van die Jaracal Logo soos gebruik op die Forum vir die Jagter en deur Spesialis Roofdierjagters:
Ambessa
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum
Jakes
Louis
Tafjak en Jaracal moet asb (as hulle nie omgee nie) 'n bankrekening vir die "Forum-kitty" oopmaak en deursigtig bestuur. Glo hulle sal binne kort die details deurgee. Jakes daar was 'n mini debat t.o.v. die pro en cons van die Forum-adres op die sticker. Lees so bietjie terug onder hierdie "topic" dan sal jy die gedagte wat ek het sien. Hierdie een is net eers om die belangstelling te prikkel. My hoop is dat die stickers nie in laaie sal l? nie maar dat dit sy opwagting oral sal maak. Ek doen 'n beroep op die lede ?n hulle kliente om hierdie sticker te gebruik sodat die w?reld hom kan sien!!!JACQUES BOTHA wrote: NS (WAAR BETAAL ONS IDE GELD IN ASB)
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Amptelike Logo van Jaracal Forum
OOM LEEU
Louis
HOE GAAN JY JOU DUITSWES MANNE SE STICKERS DAAR KRY? OF HET JY MET SPOED GEREEL
EK KAN VIR JOU IN DIE POS GOOI OF HOE JY OOK AL VERKEIS.
dalk kan FREEK ONS help met reelings as sy manne die duitswes roete doen?
laat weet asb
groetnis
jb