Page 2 of 4

Re: Ons mag jag in fase 3

Posted: Mon Jun 01, 2020 7:09 pm
by dennisinpe
https://www.environment.gov.za/mediarel ... l3lockdown

Ja, daai stellings reg. Sal net graag wil sien wat regulasies oor verblyf stipuleer.

Sent from my SM-A505F using Tapatalk


Re: Ons mag jag in fase 3

Posted: Mon Jun 01, 2020 7:29 pm
by sako 30-06
Ek het n werkspermit, beteken dit ek kan n geweer inpak en n bok skiet vir vleis as ek moet dwaalboom toe vir werk?

Re: Ons mag jag in fase 3

Posted: Mon Jun 01, 2020 8:49 pm
by JohanvB
Gazette word Vrydag gepubliseer

Re: Ons mag jag in fase 3

Posted: Mon Jun 01, 2020 9:10 pm
by sako 30-06
JohanvB wrote: Mon Jun 01, 2020 8:49 pm Gazette word Vrydag gepubliseer
Dan is ek al oppad terug. ;D

Re: Ons mag jag in fase 3

Posted: Mon Jun 01, 2020 9:42 pm
by naas222
omdat jou verlof nie goedgekeur is nie???

Re: Ons mag jag in fase 3

Posted: Mon Jun 01, 2020 10:15 pm
by sako 30-06
naas222 wrote: Mon Jun 01, 2020 9:42 pm omdat jou verlof nie goedgekeur is nie???
Mamma is kwaaier as wat sy lyk. ::)

Re: Ons mag jag in fase 3

Posted: Tue Jun 02, 2020 8:58 am
by Carl
knipmes wrote: Mon Jun 01, 2020 6:13 pm Subsistence hunting for food- ? Nog meer confusing vir my
Met ander woorde trofee jag word uitgesluit, maar natuurlik is dit onmoontlik om te reguleer. Jy kan dus 'n bok vir die pot gaan skiet.

Re: Ons mag jag in fase 3

Posted: Tue Jun 02, 2020 9:17 am
by sako 30-06
Carl wrote: Tue Jun 02, 2020 8:58 am
knipmes wrote: Mon Jun 01, 2020 6:13 pm Subsistence hunting for food- ? Nog meer confusing vir my
Met ander woorde trofee jag word uitgesluit, maar natuurlik is dit onmoontlik om te reguleer. Jy kan dus 'n bok vir die pot gaan skiet.
Ek het nou n epos ontvang van SA Jagters, hulle wag nog vir die nuwe regulasies vir jag gedurende fase 3.
Sodra dit ontvang is sal hulle dit aangekondig word in n nuusbrief.

So fase 3 het gister begin, maar die staat publiseer die regulasies wanner dit hulle pas. Dit maak nie sin nie, sekerlik moet die gedoen word as fase 3 in werking tree?

Re: Ons mag jag in fase 3

Posted: Tue Jun 02, 2020 10:00 am
by knipmes
Sako:
Jy is reg. Die reels moet in normale omstandighede in plek wees wanneer die wysigings in werking tree anders kan dit nie toegepas word nie. Maaar--
Jy weet mos dat die mense in beheer nie altyd logies sake hanteer nie. Kyk byv die gemors met die onderwys. Nou moet jy weet hoe die inligting by die mense wat die padblokades beman uitkom. Wat verstaan daardie mense ?
Nog n probleem vir my is dat ek boonop oud is. Ek wonder of daar ander reels vir die ou mense gaan wees ?
Ek verstaan nou eers waarom baie mense aan die begin van die "lock down" so baie toilet papier gekoop het. Jou maag maak sommer draaie as jy die onsinnighede lees.

Re: Ons mag jag in fase 3

Posted: Tue Jun 02, 2020 10:56 am
by Carl
Sako,
Jy weet mos nou al niks maak sin nie. As dit sin gemaak het was ons in vlak 1 - almal moet net distansieer, maskers dra, en was jou hande.

Re: Ons mag jag in fase 3

Posted: Tue Jun 02, 2020 11:57 am
by RUPERT
Die jag sal seeker nog binne jou provinsie moet wees? So al het jy n werks permit gaan dit jou nie help as hulle jou deersoek en daar le n karkas of twee agter op die bakkie nie

Re: Ons mag jag in fase 3

Posted: Tue Jun 02, 2020 12:10 pm
by Carl
Beste is maar om die vleis te laat verwerk na biltong en droƫwors.

Re: Ons mag jag in fase 3

Posted: Tue Jun 02, 2020 12:12 pm
by Frederik
Rupert, as die plaas jou faktuur met vleis betaal ?
Many ways to skin a cat.
Nie dat ek al gaan jag het nie maar daar is planne.

Re: Ons mag jag in fase 3

Posted: Tue Jun 02, 2020 12:35 pm
by Jakkie07
Subsistence hunters hunt strictly to provide food for themselves and their families.

As ek so na die definisie kyk gaan niemand mag jag nie, dalk net die koi-san.

Re: Ons mag jag in fase 3

Posted: Tue Jun 02, 2020 1:34 pm
by Capt. Yoda
Hulle moet nou maar hulle eentjies agter mekaar kry want level 2gaan die honde los wees. As alles mooi in plek val jag ek amper 4 weke aan mekaar in Julie
Sal moet sagte skoentjies en n karton essentials kry solank

Re: Ons mag jag in fase 3

Posted: Tue Jun 02, 2020 3:22 pm
by william007
Ek nou gehoor op die radio dat jag gaan oop maak.
So ek glo hulle gaan jag oop maak nou.

Re: Ons mag jag in fase 3

Posted: Tue Jun 02, 2020 3:38 pm
by 30-06
Jag is klaar oop. Die probleem is die beperkings wat daarmee saamgaan. Dit is nog nie beskikbaar nie.

Re: Ons mag jag in fase 3

Posted: Tue Jun 02, 2020 4:08 pm
by Carl
Jakkie07 wrote: Tue Jun 02, 2020 12:35 pm Subsistence hunters hunt strictly to provide food for themselves and their families.
As ek so na die definisie kyk gaan niemand mag jag nie, dalk net die koi-san.
Ek jag slegs vir die vleis.

Re: Ons mag jag in fase 3

Posted: Tue Jun 02, 2020 6:02 pm
by Fanta300
Ek ook Carl

Re: Ons mag jag in fase 3

Posted: Tue Jun 02, 2020 7:24 pm
by NicoSmit
Die probleem is die oor prov grense te gaan jag ek gaan nie in Gauteng jag en R2600 vir "n blesbok te betaal nie Fb is nou vol advertensies van jag teen mal pryse.

Re: Ons mag jag in fase 3

Posted: Wed Jun 03, 2020 9:56 am
by Eugene
30-06 wrote: Tue Jun 02, 2020 3:38 pm Jag is klaar oop. Die probleem is die beperkings wat daarmee saamgaan. Dit is nog nie beskikbaar nie.
En gister se hofuitspraak, mag dalk die publikasie daarvan uitstel......

Re: Ons mag jag in fase 3

Posted: Wed Jun 03, 2020 10:04 am
by 30-06
Ek het al gewonder of ons nie veiliger is sonder regulasie nie want jag is dan oop.

Re: Ons mag jag in fase 3

Posted: Wed Jun 03, 2020 11:01 am
by tripodmvr
Wildritte in natuurreservate is wettig. Jy kan net nie daarnatoe ry nie !!!!!

Dieselfde met jag. Die meeste Gautengers jag in Limpopo/Mpumalanga. Geen denke agter die regulasies nie.

Re: Ons mag jag in fase 3

Posted: Wed Jun 03, 2020 11:37 am
by Carl
Oom Marius regter N Davis se uitspraak was juis teen die onbesonne denke (tekort daaraan) van die regulsasies.
"Jy kan 50 persone na 'n begrafnis gaan, maar dit is byna onmoontlik om die sterwende persoon te besoek by hul sterfbed"

Ons moet darem ook in agneem die werklike regulasies is nog nie gepubliseer nie, en die mense wat dit skryf het nie kennis van die jag bedryf nie. Ek glo die voorleggings deur belanghebbende partye sal wel hulle stuur, as hulle luister.

Re: Ons mag jag in fase 3

Posted: Wed Jun 03, 2020 1:07 pm
by sako 30-06
Carl wrote: Wed Jun 03, 2020 11:37 am Oom Marius regter N Davis se uitspraak was juis teen die onbesonne denke (tekort daaraan) van die regulsasies.
"Jy kan 50 persone na 'n begrafnis gaan, maar dit is byna onmoontlik om die sterwende persoon te besoek by hul sterfbed"

Ons moet darem ook in agneem die werklike regulasies is nog nie gepubliseer nie, en die mense wat dit skryf het nie kennis van die jag bedryf nie. Ek glo die voorleggings deur belanghebbende partye sal wel hulle stuur, as hulle luister.
Die probleem is teen die tyd wat hulle besluit om die regulasies bekend te maak is die jag seisoen verby.
Baie boere gaan swaar trek a.g.v die inkomste wat hulle verloor het.

Maar dalk is dit wat die staat wil he.
Daar is genoem dat ons mag jag, so ek gaan jag.