Page 2 of 2

Re: .22 Erfstuk - Raad Benodig Met “Restorasie”

Posted: Thu May 21, 2020 9:54 pm
by Ds J
Toets die verskillende behandelings aan die binnekant van die kolf in die gleuf waarin die loop lê.

Re: .22 Erfstuk - Raad Benodig Met “Restorasie”

Posted: Fri May 22, 2020 7:17 am
by Supacow
Ek sou nie stain. Myne het mooi verdonker.

Re: .22 Erfstuk - Raad Benodig Met “Restorasie”

Posted: Fri May 22, 2020 7:25 am
by obasch
Kyk of jy Schaftol kry. Dit is 'n kolf olie en mens kry dit in lig, donker en ekstra donker.

.22 Erfstuk - Raad Benodig Met “Restorasie”

Posted: Sat May 23, 2020 4:38 pm
by Springkudu
Baie dankie vir almal se raad en inbox boodskappe. Ek is trots om te sê ek het die hele projek met my eie hande gedoen.
Voel goed daaroor. Hy is nog nie heeltemal waar ek hom wil hê maar vir nou sal hy doen.

Hele geweer was uit mekaar gehaal, elke part was skoon gemaak en geolie. Loop het ek Birchwood se Reblueing gebruik. Kolf was afgeskuur tot op die rou hout en geolie met True Oil, geen stain (Hierdie te danke aan die raad wat ek op die groep gekry het). Heerlike naweek verder

Image

Image

Image

Image





Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: .22 Erfstuk - Raad Benodig Met “Restorasie”

Posted: Sat May 23, 2020 4:43 pm
by J le Roux
Dit lyk baie mooi, geluk. Dit is darem baie lekkerder as om iemand anders te betaal om dit te doen.

Re: .22 Erfstuk - Raad Benodig Met “Restorasie”

Posted: Sat May 23, 2020 6:36 pm
by Ds J
Prastag-prastag!

Re: .22 Erfstuk - Raad Benodig Met “Restorasie”

Posted: Sat May 23, 2020 7:07 pm
by Johan Nel
Die geweertjie het pragtig uitgekom, welgedaan.

Re: .22 Erfstuk - Raad Benodig Met “Restorasie”

Posted: Sat May 23, 2020 10:26 pm
by Quicker
Hoeveel van díe birchwood se reblue het jy gebruik en hoe maklik of moeilik het die produk gewerk.
Ekt self so n 511 van my Oupa ge-erf, plaas .22 van haas tot jakals met hom geklits, hyt al baie gewerk en kort kwaai tlc.


Sent from my iPhone using Tapatalk

.22 Erfstuk - Raad Benodig Met “Restorasie”

Posted: Sat May 23, 2020 10:52 pm
by Springkudu
Quicker wrote:Hoeveel van díe birchwood se reblue het jy gebruik en hoe maklik of moeilik het die produk gewerk.
Ekt self so n 511 van my Oupa ge-erf, plaas .22 van haas tot jakals met hom geklits, hyt al baie gewerk en kort kwaai tlc.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Hi Quicker. Ek het een botteltjie birchwood los gekoop, kos R119 of R159 kan nie lekker onthou maar dit is baie bekostigbaar. Daar was ook ‘n kompleet pakkie beskikbaar wat insluit die Tru Oil vir kolf, bottel reblueing en dan ook iets om jou ou Blueing te verwyder. Dit het dan al die lappies en produk in om dit ordentlik te aan te sit, as ek terug dink moes ek maar vir dit gegaan het, veral die produk wat die ou blueing verwyder werk goed soos ek kan sien op You Tube. Ek het seker nog ‘n derde van die bottel oor so een bottel volgens my is defenitief genoeg vir so geweertjie. Wat ek agtergekom het is dat jou prep werk die belangrikste is, alle ou blueing, roes en vuiligheid moet heeltemal verwyder wees voordat jy die produk opsit, hier en daar het ek opgeslip maar dit is ok vir my, dit is nou 30 keer beter as wat dit was. Soos ek verstaan sand of bead blast die manne wat dit vir ‘n lewe doen voor die tyd wat natuurlik die beste sal wees om alle blueing, roes en vuiligheid te verwyder, ek moes maar skuur tot die beste van my vermoe wat nie ideaal is nie. Die hoeveelheid lae gaan net jy kan bepaal, ek het op sekere parte 4-5 gesit en op ander parte 7-10, hang af hoe goed die part die produk vat en ook hoe donker jy die kleur wil hê, wanneer jy die kleur bereik het hou jy maar net op. Dit is regtig glad nie moeilik om te doen, ek belowe, ‘n kind kan dit doen, maar soos genoem jou prepwerk is belangrik. Hoop dit help en sterkte indien jy dit gaan aanpak, dit is lekker


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: .22 Erfstuk - Raad Benodig Met “Restorasie”

Posted: Sun May 24, 2020 2:49 pm
by Capt. Yoda
Laat daai kolf nou 2 weke staan dan truoil jy hom weer, gee hom n laag elke keer sodra hy droog is. Na so 5 lae polish die rook uit hom uit net staalwol en dan gee jy hom weer n laag en polish so aan vir nog so 5 lae

Re: .22 Erfstuk - Raad Benodig Met “Restorasie”

Posted: Sun May 24, 2020 3:15 pm
by Fanta300
Stem saam met Capt. Laat hom in son staan dat hy lekker warm word en daai Tru-oil lekker kan intrek. Daai moet net die 0000 staalwol wees, nie gewone kombuis staalwol nie.

Re: .22 Erfstuk - Raad Benodig Met “Restorasie”

Posted: Sun May 24, 2020 6:43 pm
by Springkudu
Baie dankie Cappie en oom Fanta, ek sal
Defenitief julle raad volg!!!!!!


Sent from my iPhone using Tapatalk