Page 2 of 3

Re: Kort nog n geweer,Sako 85 Finnlight 260?

Posted: Thu May 14, 2020 5:39 pm
by Leon Crous
Cappie, ek reken met huidige wisselkoers gaan daai roertjie nader aan R80k wees.
As jy die Carbon Wolf vat bv is hulle alreeds teen ou pryse R53k+. Hierdie outjie is die up-grade..
Maar ek stem, dis donners nice!

Re: Kort nog n geweer,Sako 85 Finnlight 260?

Posted: Thu May 14, 2020 10:30 pm
by Capt. Yoda
Teen 80k dink ek nie ek sal iemand ken met een nie maar mens kan seker net raai wat ons gaan betaal met ons sterk rand. Die carbon wolf se RRP in die res van die wereld is wel meer as 2 keer die van die S20 en Varmint laminates.

Re: Kort nog n geweer,Sako 85 Finnlight 260?

Posted: Fri May 15, 2020 9:19 am
by Wouter Roets
sako 30-06 wrote: Thu May 14, 2020 11:12 am Dis so vrek moeilik, want vir een of ander rede trek die Ruger ook my aandag.

Maar dit voel so verkeerd om iets anders te koop as Sako.
Kom kom, bly asb in jou baan!

Re: Kort nog n geweer,Sako 85 Finnlight 260?

Posted: Fri May 15, 2020 9:27 am
by sako 30-06
Wouter Roets wrote: Fri May 15, 2020 9:19 am
sako 30-06 wrote: Thu May 14, 2020 11:12 am Dis so vrek moeilik, want vir een of ander rede trek die Ruger ook my aandag.

Maar dit voel so verkeerd om iets anders te koop as Sako.
Kom kom, bly asb in jou baan!
Wouter ek het gedink jy sal trots wees op my ;D

Re: Kort nog n geweer,Sako 85 Finnlight 260?

Posted: Fri May 15, 2020 10:19 am
by Wouter Roets
Ek is, maar dink nou net wat dit jou gaan kos as jy eers al jou roere moet vervang met Rugers!

Re: Kort nog n geweer,Sako 85 Finnlight 260?

Posted: Fri May 15, 2020 11:16 am
by sako 30-06
Die weerk was rof, dis nie so lekker om n geweer te soek nie. My kop is nou al lekker deurmekaar.
Hier is van die opsies waarna ek moontlik kyk.

Ek het maar besluit om by Sako te bly.
Vraag, hoe verskil die recoil tussen n .260 met n 120gr koeel en n .308 met n 120gr koeel?

Sako 85 Hunter .260
Sako 85 Varmint .260
Sako A7 Roughtech 6.5 Creedmoor.

Re: Kort nog n geweer,Sako 85 Finnlight 260?

Posted: Fri May 15, 2020 12:04 pm
by Lategan1
Ek het 308 en 6.5 Sweed. Die skop verskil glo ek gaan minimaal wees, beide geskik vir vrou en kind.

As jy 120gr as voorkeur oorweeg, sal ek ernstig kyk na watter BC en vps is die beste vir jou doel in die onderskeie kaliber en daarvolgens besluit.

Beste.

Re: Kort nog n geweer,Sako 85 Finnlight 260?

Posted: Fri May 15, 2020 12:18 pm
by Capt. Yoda
Wouter Roets wrote: Fri May 15, 2020 10:19 am Ek is, maar dink nou net wat dit jou gaan kos as jy eers al jou roere moet vervang met Rugers!

Jis die man gaan klomp geld oor he om die rugers te vat vir jag

Vat daai Hunter as dit vir n kind of vrou ook is, die varmint is n swaar dukloop roer en die RT is maar n Tikka vir paar rand meer

Re: Kort nog n geweer,Sako 85 Finnlight 260?

Posted: Fri May 15, 2020 12:22 pm
by figjam
As jy moet kies tussen 'n A7 en 'n 85... sou ek 'n 85 koop sonder twyfel. Persoonlik sal ek 'n tikka bo 'n a7 ook vat, ten minste het jy dan darem meer opsies as die kolf nie vir jou werk nie.

Re: Kort nog n geweer,Sako 85 Finnlight 260?

Posted: Fri May 15, 2020 12:31 pm
by Basjan123
Nota aan self...............NEE jy kort nie nog 'n geweer nie !!! :-\ 8)

Re: Kort nog n geweer,Sako 85 Finnlight 260?

Posted: Fri May 15, 2020 1:00 pm
by Sako75
Ek het n 260 Var Lam SS.
Dit is ‘n bitter baie lekker geweer.
Die gewig pla my nie en ek stap met myne in die berge. Die gewig kwessie is maar relatief na my mening binne redelike perke. Ek gaan byvoorbeeld nie ‘n TRG in die berge dra nie, maar 'n Varmint, enige tyd.

Re: Kort nog n geweer,Sako 85 Finnlight 260?

Posted: Fri May 15, 2020 1:23 pm
by sako 30-06
Basjan123 wrote: Fri May 15, 2020 12:31 pm Nota aan self...............NEE jy kort nie nog 'n geweer nie !!! :-\ 8)
Dis wat ek ook n week terug gese het, maar hoe meer ek kyk hoe meer oortuig ek myself ek kort verseker een.

Re: Kort nog n geweer,Sako 85 Finnlight 260?

Posted: Fri May 15, 2020 2:23 pm
by PWV
Daarshy Sako, 'n borsel om van die jeukery ontslae te raak is baie goedkoper!!! ;)

Re: Kort nog n geweer,Sako 85 Finnlight 260?

Posted: Fri May 15, 2020 4:44 pm
by Lamtjop
Sako , my vrou se Tikka 260 skiet die swaarder koeels mooier as die 120gr'ers, miskien kan Sako 260 manne sê hoe hul gewere doen met ligter koele. Daai 260 Tikka met 143gr'ne skop ook maar baie soos my Tikka 308 met 155gr'ne. Tussen A7 en mod 85 hou ek meer van A7, sy slot lyk nog soos mod 75 Sako's soos n regte pushfeed wat dop se hele agterkant toemaak en plunger ejector, die 85 is vir my so saamgeflansde poging om n pushfeed n controled feed te maak. Ek besit ongelukkig nie self n sako 75 of 85 nie so of al daai goed enige verskil in die regte lewe maak kan ek nie sê nie.

Re: Kort nog n geweer,Sako 85 Finnlight 260?

Posted: Fri May 15, 2020 4:58 pm
by Skieter
Sako is over rated en over prized. Punt. Howa skiet net so goed indien nie beter.

Re: Kort nog n geweer,Sako 85 Finnlight 260?

Posted: Fri May 15, 2020 5:06 pm
by Sako75
Skieter wrote: Fri May 15, 2020 4:58 pm Sako is over rated en over prized. Punt. Howa skiet net so goed indien nie beter.
Ek stem dat hulle deesdae te duur is. Maar ek dink nie ek stem saam dat hulle overrated is nie.

Re: Kort nog n geweer,Sako 85 Finnlight 260?

Posted: Fri May 15, 2020 5:14 pm
by sako 30-06
Skieter wrote: Fri May 15, 2020 4:58 pm Sako is over rated en over prized. Punt. Howa skiet net so goed indien nie beter.
Ek het nou lekker gelag, dankie vir die goeie advies.
Jy het my naweek gemaak ;D

Re: Kort nog n geweer,Sako 85 Finnlight 260?

Posted: Fri May 15, 2020 6:36 pm
by willemw
Tikka Varmint blued vir rondom R22 000?

Re: Kort nog n geweer,Sako 85 Finnlight 260?

Posted: Fri May 15, 2020 9:04 pm
by Capt. Yoda
Skieter wrote: Fri May 15, 2020 4:58 pm Sako is over rated en over prized. Punt. Howa skiet net so goed indien nie beter.
Duur gewere, vinnige vrouens en stadige perde. Dis maar hoe ons ons geld mors

Re: Kort nog n geweer,Sako 85 Finnlight 260?

Posted: Fri May 15, 2020 9:24 pm
by Leon Crous
EN op die huidige oomblik ou drank en swartmark siggies ook Cappie....

Re: Kort nog n geweer,Sako 85 Finnlight 260?

Posted: Fri May 15, 2020 10:02 pm
by Capt. Yoda
Hahahahahaha net so

Re: Kort nog n geweer,Sako 85 Finnlight 260?

Posted: Tue May 19, 2020 8:48 pm
by sako 30-06
Ek het vandag na die Tikka T3X super varmint 6.5 creedmoor gekyk. Ek moet erken ek hou baie van die geweer.

Enige iemand advies of raad oor die geweer?

Re: Kort nog n geweer,Sako 85 Finnlight 260?

Posted: Fri May 22, 2020 10:19 am
by 6.5/284Norma
sako 30-06 wrote: Tue May 19, 2020 8:48 pm Ek het vandag na die Tikka T3X super varmint 6.5 creedmoor gekyk. Ek moet erken ek hou baie van die geweer.

Enige iemand advies of raad oor die geweer?
Ek het 'n Tikka 260 Supervarmint gehad...

Huil nounog omdat ek hom verkoop het!!!

Re: Kort nog n geweer,Sako 85 Finnlight 260?

Posted: Fri May 22, 2020 11:23 am
by sako 30-06
6.5/284Norma wrote: Fri May 22, 2020 10:19 am
sako 30-06 wrote: Tue May 19, 2020 8:48 pm Ek het vandag na die Tikka T3X super varmint 6.5 creedmoor gekyk. Ek moet erken ek hou baie van die geweer.

Enige iemand advies of raad oor die geweer?
Ek het 'n Tikka 260 Supervarmint gehad...

Huil nounog omdat ek hom verkoop het!!!
Het jy n silencer opgehad? Hoe was die recoil met en sonder?
Ek dink ek moet hom vat en klaar kry.

Re: Kort nog n geweer,Sako 85 Finnlight 260?

Posted: Fri May 22, 2020 11:47 am
by figjam
Ek hou weer van die ctr wat n boks magesyn en threaded barrel alreeds het. Maar as die prys reg is... go for it!