Page 2 of 2
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Posted: Mon May 25, 2020 6:46 pm
by naas222
ek het 100 rooibok ooie en so 10 jagramme en 15 bwb wat moet af... met n vark of 15 ook
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Posted: Tue May 26, 2020 10:46 am
by toelie
prys en waar?
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Posted: Tue May 26, 2020 10:56 am
by Capt. Yoda
Ja laat ons ry! EK wil net graag bq n Saterdag op n baan ook spandeur
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Posted: Tue May 26, 2020 12:14 pm
by Zuku
Wat word beskou as Jag (vleis en biltong), Jag (sosiaal) en Cull.
Boer het 100 bokke wat geskiet moet word agv populasie beheer op privaat grond. Kry hy een persoon om 100 bokke te skiet, of kan hy 50 persone kry om elk 2 bokke te skiet. Wie besluit wat en hoe moet ge Cull word en reik hierdie Cull permit uit. Ek luister graag.
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Posted: Tue May 26, 2020 12:34 pm
by naas222
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Posted: Tue May 26, 2020 12:45 pm
by Eduard Venter
Zuku ek het ook al gewonder op watter stadium kan iets soos 'n rooibok beskou word as 'n probleemdier as hulle al jou vee se weiding opeet. Dieselfde konsep as kolganse en bosvarke wat saaiboere se lande verniel.
Sover ek verstaan het mens papiere van natuurbewaring asook die staatsveearts nodig om gerigestreer te wees as 'n culling besigheid. Dis nou vir die wildvleis en uitvoer mark. Ek praat egter onder korreksie en dis beter om natuurbewaring in jou omgewing te nader vir die inligting.
Nou gaan ek seker weer 10 PMs kry van ouens wat aanbied om my rooibok probleem gratis te kom uitsorteer haha.
Groete
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Posted: Tue May 26, 2020 12:52 pm
by pietskiet
Ek het dieselfde vraag op n ander draad gevra, maar ek post sommer nou dit hier ook: is daar n verskil van wat julle kon agterkom in Level 3 vs level 4 ten opsigte van jag en dan culling?
En: wat is die reels tov culling/probleemdier beheer (kom ons aanvaar jy het al die regte papiere)? Mag jy interprovinsiaal reis of nie? En oorslaap?
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Posted: Tue May 26, 2020 1:02 pm
by tripodmvr
Op hierdie stadium (4) kan net 'n professionele uitskietspan soiets onderneem. Koeltrok en vleis inspekteurs. Jy kan nie nou net 'n span manne bymekaarskraap en gaan skiet nie.
So onderneming kan permitte kry om Prov grense oor te steek.
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Posted: Tue May 26, 2020 3:52 pm
by naas222
pietskiet.. jag soos jy hom ken is nog sover onder level 3 nie toelaatbaar nie....dis hoe ek dit het...
nou gaan ek iets sê...
ja hier en daar jag ouens.... ry vanaf GP na Limpopo..
slaap oor en skiet sy kwota.. niks permitte nie.. en hulle kom daar mee weg...
maar is jy bereid om jy geweer weet nie van bakkie te verloor en dan moet jy nog seker plaas naam ook gee waar gejag... dis baie papier werk en onkostes...
of
julle ry met 4 voertuie... elke ou eie geweer...
jy jag en slaap oor...
een ou vervoer karkaste terug... met n koop bewys van boer dis gekoop nie gejag... daai bakkie ry sonder n geweer...dus daai drywer moet n geweer leen..
die voertuie met wapens moet as hul afgetrek word kan mooi verduidelik hoekom hulle dit het en geen camo bloed klere he nie.. skoon netjies kerk klere... geen koelbokse niks...
ja daars agter grondpaaie...
daars baie maniere...
maaar is jy bedreid om die kans te vat
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Posted: Tue May 26, 2020 4:33 pm
by pietskiet
Hi Naas
Dankie vir die terugvoering! Ek is nie n ou wat kanse vat nie, ek wil sover moontlik binne die wet operate. Kom ek som die hipotetiese feitestel soos volg op:
1) die boer reik n permit uit vir die jag van Probleemdier diere;
2) die jagter het ook die nodige permitte by Natuurbewaring en ander regulerende owerhede gekry om probleemdiere te beheer;
3) geen vleis gaan derhalwe vervoer word nie. Koelbokse en gewere wel
Mag die bogenoemde jagter dus wettiglik oor provinsiale grense reis of nie?
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Posted: Tue May 26, 2020 4:40 pm
by Capt. Yoda
naas222 wrote: Tue May 26, 2020 3:52 pm
pietskiet.. jag soos jy hom ken is nog sover onder level 3 nie toelaatbaar nie....dis hoe ek dit het...
nou gaan ek iets sê...
ja hier en daar jag ouens.... ry vanaf GP na Limpopo..
slaap oor en skiet sy kwota.. niks permitte nie.. en hulle kom daar mee weg...
maar is jy bereid om jy geweer weet nie van bakkie te verloor en dan moet jy nog seker plaas naam ook gee waar gejag... dis baie papier werk en onkostes...
of
julle ry met 4 voertuie... elke ou eie geweer...
jy jag en slaap oor...
een ou vervoer karkaste terug... met n koop bewys van boer dis gekoop nie gejag... daai bakkie ry sonder n geweer...dus daai drywer moet n geweer leen..
die voertuie met wapens moet as hul afgetrek word kan mooi verduidelik hoekom hulle dit het en geen camo bloed klere he nie.. skoon netjies kerk klere... geen koelbokse niks...
ja daars agter grondpaaie...
daars baie maniere...
maaar is jy bedreid om die kans te vat
Nee fkit boys so wil ek darem ook nie jag nie
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Posted: Tue May 26, 2020 4:59 pm
by tripodmvr
pietskiet wrote: Tue May 26, 2020 4:33 pm
Mag die bogenoemde jagter dus wettiglik oor provinsiale grense reis of nie
'n Probleemjagter met permitte en rekord as "ondierjagter" behoort so oor grense te kan reis. Jy kan jouself egter nie nou sommer 'n ondierjagter kroon en wil gaan skiet nie. Dit is nie die moeilikheid werd om jou vuurwapens dalk te verloor nie.
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Posted: Tue May 26, 2020 7:53 pm
by Koos Barnard
Ek was gister in 'n geweerwinkel. Gehoor van twee verskillende persone wat gaan jag het. Een het deur alle padblokkades gekom sonder probleme. Die ander persoon se gewere, voertuig en vleis is alles gekonfiskeer en hy het glo 'n reuseboete gekry. Kruks van die saak is moenie kanse vat nie.
Mooi loop
Re: Lockdown Jag kopkrapper
Posted: Sat May 30, 2020 6:55 pm
by Hein22
Jag toegelaat gedurende level 3!!
https://www.news24.com/news24/southafri ... d-20200312
Sent from my SM-A515F using Tapatalk