Page 2 of 2
Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer
Posted: Tue Apr 14, 2020 4:54 pm
by Pvdw
Mapstieks jy het jouself geantwoord toe jy die vraag gevra het. Ek kan sien jy het huiswerk gedoen en jou kop staan reeds na die Swede toe.
Ek self jag al so 7/8 jaar met 'n Howa. Ek self glo in die 150gr+ koeëls omrede dit is wat hom wêreld bekend gemaak het vir uitsonderlikke penitrasie.
As jy met hom 140gr en ligter skiet kan jy netsowel enige van die ander 6.5e koop wat op hul beurt nie die 150gr+ kan skiet nie. Ja ek weet jy wil meestal vlakte skiet maar eendag kom jy Noord van die Magaliesberge dan is dit tog lekker om te weet jou geweer kan die 156gr Norma Oryx of 160gr Hornadys ook skiet in die bos.
Maak net seker wat is die Tikka se twist. Howa is 1:8 en CZ is 1:8.75 en daar is verseker verskil as dit by die swaarder koeëls kom met die stadiger twist.
Ek jag gereeld BWB met myne en tot dusvêr hang almal van hulle. Het al 2 eland koeie en 1 jong bul ook gejag. Gems het ook al geleentheid saam my op die bakkie gekry.
Dis regtig 'n matige maar effektiewe kaliber maar onthou dis nie 'n magic kaliber nie. Jy as skut moet jou deel doen op die baan sodat jy jou geweer ongeag kaliber kan leer ken sodat jy met vertroue kan veld toe gaan.
Die paket wat nou op die forum te koop is is 1 groot bargain!!!
Geniet die soek en koop.
Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer
Posted: Tue Apr 14, 2020 5:24 pm
by mapstieks
Pvdw wrote:
Die paket wat nou op die forum te koop is is 1 groot bargain!!!
.
Baie dankie. Dit is alles musiek vir my ore.
Die 6.5 SM soos geadverteer het ongeveer 1800 skote deur hom. Ek voel dis dalk aan die kant van te veel vir my 1ste een (die 1ste is mos 'n tikkie spesiaal) , maar ek het regtig nie genoeg kennis om dit te staaf nie.
Kommentaar van enige een asb?
Sent from my CLT-L29 using Tapatalk
Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer
Posted: Tue Apr 14, 2020 7:09 pm
by Kaalvoetthysie
Het die laaste paar jaar met n vriend se CZ 6.5 x 55 gejag en dis by verre my gunsteling geweer van almal waarmee ek al geskiet het.
Ek het op die ou einde n 308 gekoop aangesien ek meestal bosveld jag, maar die kleinman kan darm al loop, so hy gaan binnekort n 6.5 nodig hê...
Koop die 6.5 x 55 met n geruste hart.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer
Posted: Tue Apr 14, 2020 7:18 pm
by OosKaapJagter
VLT Arms in Pretoria het "Lockdown deal" vir 'n CZ 550 Deluxe (6.5 x 55) op hulle Facebook blad vir R15 900-00 en dit kom met 'n geweerband.
Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer
Posted: Tue Apr 14, 2020 8:26 pm
by Diesel Dog
Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer
Posted: Tue Apr 14, 2020 8:42 pm
by OosKaapJagter
Hierdie sou my keuse ook wees as ek dit gesien het. Dankie vir die skakel; nou het ek 'n nuwe speelplek om rond te soek.
Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer
Posted: Tue Apr 14, 2020 9:48 pm
by Armand Steenkamp
Die 6.5x55 kan man baoe skote me skiet. Maar ja ek stem saam dat jy eerder n nuwe een moet koop.
Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer
Posted: Tue Apr 14, 2020 10:42 pm
by Hansieslim
Ek stem saam met baie wat hier gesê is want eks ook n Swede aanhanger. Ek hou ook daarvan dat jy huiswerk gedoen het en dan nog op Jaracal ook jou besluit kom bevestig. 'n Paar ekstra goedjies:
- CZ is wonderlik maar duur in vergelyking met 'n Howa. Jou begroting laat dus nie 'n CZ toe nie.
- 6.5x55 is nie n barrel burner nie. 6.5 Creedmoor haal nie maklik 3000 skote nie. My ervaring.
- Dis moeilik...nee onmoontlik om 'n een-geweer-oplossing te kry.
Ek sê dus maar wat almal vir jou sê. Koop n Howa Swede...maar dink solank aan volgende kaliber. Ek sou sê net-net kleiner as 6.5mm vir Vrystaat kopskote en groter as 6.5mm as jy gereeld Bosveld toe gaan...alhoewel n Swede vir BWB laat bakkie ry as jy reg skiet.
Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer
Posted: Wed Apr 15, 2020 6:19 am
by Basjan123
Mapstieks nog verdere motivering , kyk of jy die Jagter/Hunter tydskrif van September 2018 in die hande kan kry. Daar is 'n lekker jag artikel oor die 6.5 x 55 daar in. Toe ek in 'n ander uitgawe oor die 6.5 Grendel lees wat mnr. Koos Barnard geskryf het, was dit net die finale hupstoot om die geweer aan te skaf.....geniet die rond soek en die sneller druk op hierdie geweer!!
Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer
Posted: Wed Apr 15, 2020 7:25 am
by Apie
Daai Tikka’s hierbo is albei goed geprys.
Jy gaan vir daai Howa ‘n ander kolf moet opsit(of werk aan hom) om hom op die Tikka se standaard te kry.
‘n Goeie kolf maak ‘n massiewe verskil in akkuraatheid.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer
Posted: Wed Apr 29, 2020 11:12 pm
by mapstieks
Baie dankie aan almal se insette. Ek het vandag geteken vir 'n Sabatti Saphire 6.5x55. Tweede keuse was 'n Mauser M18 308, altwee het mooi gesmeek, maar die Italiaanse Sweed was slanker en meer misterieus.
Sent from my CLT-L29 using Tapatalk
Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer
Posted: Wed Apr 29, 2020 11:58 pm
by Lategan1
mapstieks wrote: Wed Apr 29, 2020 11:12 pm
Baie dankie aan almal se insette. Ek het vandag geteken vir 'n Sabatti Saphire 6.5x55. Tweede keuse was 'n Mauser M18 308, altwee het mooi gesmeek, maar die Italiaanse Sweed was slanker en meer misterieus.
Sent from my CLT-L29 using Tapatalk
Baie geluk, geniet die Sweed.
Dit was nou ‘n ingeligte besluit!
Beste.
Re: Raad asb: 6.5x55 SM as eerste geweer
Posted: Thu Apr 30, 2020 9:34 am
by Pvdw
Lekker man. Ek sê baie keer vir manne dat die finale keuse maak jy eers as jy daai roer in jou hande het. Iets gesels met jou en jy voel net beter oor die een as oor die ander. Lekker skiet/jag en gebruik van die roer.