Page 2 of 2
Re: Ai die duine bly maar mooi!!!
Posted: Sat Nov 14, 2009 10:07 pm
by Christo
Louis
Hier is een van die gunsteling plekke op die plaas. Die sandsteen hier is regtig baie mooi en baie besonders.
Christo
Re: Ai die duine bly maar mooi!!!
Posted: Sat Nov 14, 2009 10:09 pm
by Christo
As ek dit nie mis het moet van die outjies daar van julle kant af kom. Mariental iewers
Christo
Re: Ai die duine bly maar mooi!!!
Posted: Sun Nov 15, 2009 9:05 am
by Ambessa
Hallo Christo
Christo wrote:...Die sandsteen hier is regtig baie mooi en baie besonders.
...baie mooi. En dit is weer sand(steen) en water...
Pragtig.
Ambessa
Re: Ai die duine bly maar mooi!!!
Posted: Sun Nov 15, 2009 1:26 pm
by boeta
Manne en Ooms
Julle maak nie reg nie,het nie beplan om see toe te gaan nie maar nou wil ek en dis baie moeilik om anders te besluit.
Miskien moet ek maar daar op die strand gaan oefen op daai hans jakkies,as jy hulle jaag met die kar dan hardloop hulle net tot in n soutpan en sta en kyk vir jou koggel jou om hom nog te jaag in daai soutpan.
Van die vis se ek niks want ek vang maar uit die koelbox uit,dan kom ek darem met iets by die huis
Boeta
Re: Ai die duine bly maar mooi!!!
Posted: Mon Nov 16, 2009 9:35 am
by namhunt
Hallo Almal
Hierdie is oppad na Meob Baai. Ons was omtrent 30 ouens en het so omtrent 800 vis "getag" oor 4dae. As jy daar gehengel het is Henties nie meer so lekker nie, jy raak bederf. Maar die slegste dag van hengel bly beter as die beste dag by die werk!
Dit is so 1 1/2 dag deur die duine in en uit.
Groete
Daan
Re: Ai die duine bly maar mooi!!!
Posted: Mon Nov 16, 2009 10:23 am
by Raven
EK is maar 'n tingerige mannetjie, so dit was so halfuur +- per vissie voor hy op die wal was, maar jy moet hom lekka moeg speel voor jy hom wal toe bring
Myl 68 , anderkant Hentiesbaai, desember 2006.
Shimano katrol, lyn breekkrag 16Kg, Visserman 78 kg ...
Raven.
Re: Ai die duine bly maar mooi!!!
Posted: Mon Nov 16, 2009 10:34 am
by Freek
Julle moet aanhou, wanneer ry ons....?

Ek sit en staar so na die screen my baas vra my of ek nie 'n breukie wil vat nie want dis nie goed as mens so lank aanmekaar voor die comper sit nie - die voorstel is ook gemaak dat die syfers moontlik sal klop as mens se gedagtes so bietjie rus. Min wetende sit ek nie vir syfers en kyk nie maar drool so oor julle stories en foto's, ek gaan wel nou eers my breukie vat om Dora kans te gee om die key bord af te vee want my vingers gly as ek probeer tik...
Re: Ai die duine bly maar mooi!!!
Posted: Mon Nov 16, 2009 10:43 am
by Freek
Christo, ons sit net vir daai VITO van jou lekker bre? tekkies op dan vat ons die pad. Taffie se HILUX moet maar voor ry en help uittrek waar die sand los raak want die bus gaan gelaai wees en ek mis dit nie... Oom Leeu ons sal waai as ons daar verby jou plaas trek.

Re: Ai die duine bly maar mooi!!!
Posted: Mon Nov 16, 2009 11:04 am
by Janjak
Freek jy moet praat. Ek pak nogals vinnig.
Ek was nou al lus en gooi n foto van n swartbaars net om darrem saam visvang te praat

Re: Ai die duine bly maar mooi!!!
Posted: Mon Nov 16, 2009 12:00 pm
by Foxcreek
Janjak
Ek is self 'n kranige hengelaar en vang alle tipe visse van kabeljoue en koningsvisse tot bass en forel. Gooi bietjie vir ons 'n paar foto's daar. Ons manne wat nie sal kan saamgaan Angola/Namibi? toe nie moet maar paar varswatervissies uittrek om die lus net-net te stil.
Foxcreek.
Re: Ai die duine bly maar mooi!!!
Posted: Mon Nov 16, 2009 1:47 pm
by Freddie101
namhunt wrote:
Hierdie is oppad na Meob Baai. Ons was omtrent 30 ouens en het so omtrent 800 vis "getag" oor 4dae. As jy daar gehengel het is Henties nie meer so lekker nie, jy raak bederf.
Namhunt
Jy laat n mens se mond water met daardie soort getalle. Het julle vir n spesifieke rede gegaan om te tag.
Raven
Pragtige kabeljoue
Groete Freddie
Re: Ai die duine bly maar mooi!!!
Posted: Mon Nov 16, 2009 2:16 pm
by Janjak
Foxcreek
daar by julle is hoeka sulke mooi bass damme, en die see is ook naby. Aai
Ek sal maar eers die bass fotos los, daai kabbeljoue is darrem bitter mooi netnou lag iemand vir my.
Dink dis n belewenis om daai getalle te kan vang. Julle is bevoorreg en ons jaloers.
Freek ek dink nou aan iets anders.
Ons bout daai Bosvark/ Kabbeljou fighting chair van jou bo op daai Vito se dak vas. Dan gaan hulle bars.
Kan sommer daai koggelende jakkalse ook houe gee.
Re: Ai die duine bly maar mooi!!!
Posted: Mon Nov 16, 2009 3:04 pm
by namhunt
Freek101
Oranjemund se hengel klub gaan so 3 of vier keer per jaar. Dan kan jy saam as 'n lid van die klub jou nooi. Al die vis is getag net die wat seerkry met die vang is gehou en daar ge?et. Dit was swaar om nie 'n vissie of twee te kan huis toe bring nie, maar miskien help dit dat ons kinders ook eendag die voorreg sal h? om te kan hengel. Soos ek verstaan gaan die tags om hulle bewegin en groei te bepaal. Al die vis is geweeg en gemeet. Dit een trip wat ek nie sommer sal vergeet nie!!
Groete
Daan
Re: Ai die duine bly maar mooi!!!
Posted: Tue Nov 17, 2009 11:37 am
by Foxcreek
Vrinne
Daardie duine is wragtag mooi. Dit laat my altyd dink aan 'n heerlike stuk springbokbiltong. As ek daai duine sien proe ek die billies.
Hier is 'n paar "groen duine" in my area:
En hier is wat ons in die strome in damme vang:
Nou nie daai lekker vet kabeljoue nie, maar sy pienk vleis (veral as gerook) smaak voorentoe.
Foxcreek.
Re: Ai die duine bly maar mooi!!!
Posted: Tue Nov 17, 2009 1:19 pm
by Raven
Julle is baie gelukkig met sulke "groen duine", hoop en bid maar ons drome word ook vroeg genoeg bewaar.
Enigste "sneeu" hier by ons is as die blinkhaar gras so styf teen mekaar staan, na 'n goeie reen jaar.
Groen + Springbok bly maar mooi...... (al verloor hulle soms teen 'n klomp Hane

)
Raves
Re: Ai die duine bly maar mooi!!!
Posted: Wed Nov 18, 2009 1:55 pm
by Ambessa
Hallo namhunt
namhunt wrote:...Al die vis is getag... ...Soos ek verstaan gaan die tags om hulle bewegin en groei te bepaal. Al die vis is geweeg en gemeet.
...

dalk kan dit ook vir die twee rooies werk? Ek meen om hulle te vang en te tag nadat hulle geweeg en gemeet is...
Ambessa
Re: Ai die duine bly maar mooi!!!
Posted: Wed Nov 18, 2009 1:57 pm
by tafjak
Ambessa wrote:
namhunt wrote:...Al die vis is getag... ...Soos ek verstaan gaan die tags om hulle bewegin en groei te bepaal. Al die vis is geweeg en gemeet.
...

dalk kan dit ook vir die twee rooies werk? Ek meen om hulle te vang en te tag nadat hulle geweeg en gemeet is...
Sien jy nou Louis, en jy dink ek wil hulle doodmaak!
Re: Ai die duine bly maar mooi!!!
Posted: Wed Nov 18, 2009 2:57 pm
by Louis102
Ambessa wrote:
... Ek meen om hulle te vang en te tag nadat hulle geweeg en gemeet is...
Ambessa, ek weet jy verwag reaksie:
Oom moet passop om nie te veel met die oordrewe groenes skouer te skuur nie, lyk my daai te-kleur mag dalk afgegee. Ek is bevrees hier by my sal jou idee uitloop op 'n vermorsing van tags, want hulle gaan uitval as die rooies begin vrot.
Louis
Re: Ai die duine bly maar mooi!!!
Posted: Wed Nov 18, 2009 3:12 pm
by Louis102
Tafjak
Ag so, is dit wat Ambessa bedoel - "Tag" terwyl ons daar by die see is? Om te sien of die robvreters hier in die binneland kom skaapvang ook? Het net gedink die ou raak nou die klits kwyt, maar dalk is daar tog "method" in sy "madness"!
Louis
Re: Ai die duine bly maar mooi!!!
Posted: Wed Nov 18, 2009 3:21 pm
by Ambessa
Hallo Louis102
Louis102 wrote:...raak nou die klits kwyt, maar dalk is daar tog "method" in sy "madness"!
Ja, so het elke outjie maar sy foutjie...
Ambessa
Re: Ai die duine bly maar mooi!!!
Posted: Wed Nov 18, 2009 3:40 pm
by Louis102
Ambessa
Ambessa wrote:
...Ja, so het elke outjie maar sy foutjie...
Nou gaan die Oom saamkom om toe te sien dat die "Tag"-besigheid reg verloop? Ons "foutjies", soos die Oom sien, is mos maar te vollop.
Louis
Re: Ai die duine bly maar mooi!!!
Posted: Thu Nov 19, 2009 12:01 pm
by Francois Marais
Louis
Ek wil hiedie ding van n afstand af sit en bekyk, hier kom pere, Brits praat juis van rubber arms, myne word reeds te maklik gedraai, maar ons sal moet saam, of wat se jy?
Mooi loop
Francois
Re: Ai die duine bly maar mooi!!!
Posted: Thu Nov 19, 2009 12:05 pm
by tafjak
Francois
So praat 'n man wat wil.
Re: Ai die duine bly maar mooi!!!
Posted: Sun Nov 22, 2009 8:25 pm
by Francois Marais
Taffie
Ja nee, hierdie een gaan ek voorwaar nie mis nie.
Mooi loop
Francois