Page 2 of 2
Re: 204 of 223 of XXX?
Posted: Sat Aug 24, 2019 7:05 pm
by AJ Botha
Hahaha ek het paar roere met dieselfde probleem! Skiet is mos eintelik maklik, dis net om te geweer stil te hou wat moeilik is!
Sent from my CLT-L09 using Tapatalk
Re: 204 of 223 of XXX?
Posted: Sun Aug 25, 2019 6:22 pm
by WicusdP
AJ Botha wrote:Yes manne. Ek oorweeg sterk om nog 'n kleiner geweer aan te skaf, iets om mee ongediertes op die plaas te skiet soos ganse, ape, ystervarke ens.
Ek het 'n. 22 maar soek iets met meer woema. Ek het ook 'n 243 wat ek nou gebruik maar dit is nie ideaal nie want dit is 'n Sako met 'n hout kolf en hy verniel bietjie so ek wil hom eerder bêre vir regte jag. Ek het ook 'n 6.5 Grendel gekoop maar het eers onlangs sy aansoek ingedien.
Ek dink ek sal kan plek maak vir nog 'n klein geweer, ek is baie lus vir 'n 204 Ruger, maar my kop bly 223 se kant toe staan vir hoofsaaklik 'n langer loop lewe. Wat dink julle van die twee kalibers en watser een sou jy kies? Ek wil hulle redelik goedkoop kan herlaai so komponente en beskikbaarheid is ook vir my 'n faktor.
Dankie by voorbaat!
Sent from my CLT-L09 using Tapatalk
Ek het sagte plekkie vir 22-250!!
Hy was vir lank die nommer 1 keuse vir ongesierte jagters.
Re: 204 of 223 of XXX?
Posted: Sun Aug 25, 2019 7:32 pm
by AJ Botha
Ek het nog nooit met 'n 22250 geskiet nie, maar is hy nie heelwat 'duurder' agv loop lewe en kruit nie? Ek het nog 'n klomp 70gr punte vir die 243 ook, maar ja ek wil hom nie gebruik vir varminting nie so dit help seker nie!
Sent from my CLT-L09 using Tapatalk
Re: 204 of 223 of XXX?
Posted: Sun Aug 25, 2019 8:57 pm
by Nico Harris
Ek nou net patrone 400-500 gelaai vir my 223 en my tweede blik 321 is nog nie op nie...
Re: 204 of 223 of XXX?
Posted: Mon Aug 26, 2019 9:29 am
by tau
Ek het 'n 1:14 .222 en 1:8 .223 ek is baie lief vir albei, maar die gemak met doppe, ladings en koeël keuses in die 1:8 .223 is net makliker.