Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
AJ Botha wrote:Yes manne. Ek oorweeg sterk om nog 'n kleiner geweer aan te skaf, iets om mee ongediertes op die plaas te skiet soos ganse, ape, ystervarke ens.
Ek het 'n. 22 maar soek iets met meer woema. Ek het ook 'n 243 wat ek nou gebruik maar dit is nie ideaal nie want dit is 'n Sako met 'n hout kolf en hy verniel bietjie so ek wil hom eerder bêre vir regte jag. Ek het ook 'n 6.5 Grendel gekoop maar het eers onlangs sy aansoek ingedien.
Ek dink ek sal kan plek maak vir nog 'n klein geweer, ek is baie lus vir 'n 204 Ruger, maar my kop bly 223 se kant toe staan vir hoofsaaklik 'n langer loop lewe. Wat dink julle van die twee kalibers en watser een sou jy kies? Ek wil hulle redelik goedkoop kan herlaai so komponente en beskikbaarheid is ook vir my 'n faktor.
Dankie by voorbaat!
Sent from my CLT-L09 using Tapatalk
Ek het sagte plekkie vir 22-250!!
Hy was vir lank die nommer 1 keuse vir ongesierte jagters.
22-250 Musgrave
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
Ek het nog nooit met 'n 22250 geskiet nie, maar is hy nie heelwat 'duurder' agv loop lewe en kruit nie? Ek het nog 'n klomp 70gr punte vir die 243 ook, maar ja ek wil hom nie gebruik vir varminting nie so dit help seker nie!