Page 2 of 2

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Posted: Wed Aug 07, 2019 9:57 pm
by PWV
Jaco V wrote:Hi Jan
Ja gewig gaan dalk issue wees maar daar sal maniere wees om dit te oorkom, buitendien Cappie is so nice ou hy het gese hy sal my gelyk op ruil vir die Razor met 'n lekker scope wat ligter is in SFP, klink na awesome deal daai... 8)

Onthou dat die geweer so bietjie van 'n all rounder gaan wees en nie toegewyde F Ope geweer nie so ek probeer daai goue middelweg kry, wat ek daarby se is dat ek eers die geweer gaan bou soos ek hom wil he en as ek hom dan weeg en hy is oor die 10kg dan sal ek dit op daai stadium adresseer.

Jy weet natuurlik dat jy die begin van al hierdie dinge is, of daai 'n klagte of dank betoning is sal tyd ons leer ++>: ++>:
Jaco, weet jy hoe lekker is 'n swaar geweer vir bakkiejag?

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Posted: Wed Aug 07, 2019 10:07 pm
by Jaco V
PWV wrote:Jaco, weet jy hoe lekker is 'n swaar geweer vir bakkiejag?
Oom Pieter, jy moet nou nie my eintlike agenda hier kom uitblaker nie, nou nou kry ek weer 800 bladsye se lees stof oor etiese jag en word my lidmaatskap by die 270 Bakkie jag gulde weer opgehef >:D >:D. Ek is hoeka daar aangesluit onder skuilnaam.

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Posted: Wed Aug 07, 2019 10:39 pm
by JPS
Jaco V wrote:Hi Jan
Ja gewig gaan dalk issue wees maar daar sal maniere wees om dit te oorkom, buitendien Cappie is so nice ou hy het gese hy sal my gelyk op ruil vir die Razor met 'n lekker scope wat ligter is in SFP, klink na awesome deal daai... 8)

Onthou dat die geweer so bietjie van 'n all rounder gaan wees en nie toegewyde F Ope geweer nie so ek probeer daai goue middelweg kry, wat ek daarby se is dat ek eers die geweer gaan bou soos ek hom wil he en as ek hom dan weeg en hy is oor die 10kg dan sal ek dit op daai stadium adresseer.

Jy weet natuurlik dat jy die begin van al hierdie dinge is, of daai 'n klagte of dank betoning is sal tyd ons leer ++>: ++>:
++>: ja nee tyd sal leer, ek di k dit gaan bietjie van beide wees ::)

Maar een ding is verseker l, dit gaan bitter mooi geweer wees

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Posted: Thu Aug 08, 2019 7:26 am
by Pinkes
Jaco

Dit klink en lyk na 'n mooi bou waarmee jy besig is!!

FYI- Jy kan altyd die Razor ruil vir AMG. Hy is aansienlik ligter, as gewig n probleem gaan raak.

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Posted: Sun Apr 25, 2021 7:25 pm
by Jaco V
Hello almal
Na jare se geduld, wag en droom kan ek die post update ;D ;D

Net so vinnige samevatting van my droom geweer wat nou werklikheid is, die manne wat gevolg het sal sien dat daar so paar veranderinge in van die detail was maar die basis is nog dieselfde.

Die droom:
Bou 'n geweer vir baan skiet wat lekker sal werk vir gonge tot op 2000m maar ook as die bevlieging jou sou beet pak saam die F klas manne te kan skiet.

Die komponente:
Defiance Deviant Tactical aksie
Bartlein 1:9 30" loop
SDnE BR sneller
Cerus Rifleworx kolf
Spuhr mount
Vortex Razor Gen 2 4.5-27 vir gonge
Delta Stryker HD 5-50 vir fyn papier skietwerk (sien, ek gebruik goeie raad ++>: ++>: )

Die herlaai komponente:
Sako 300WM doppe afgenek na 7mm
Murom LR Magnum primers
Berger 190g LRBT
H1000 dryfmiddel

Die kaliber:
7mm Practical soos ontwerp deur Nathan Fosterhttps://www.ballisticstudies.com/Knowle ... tical.html

Die geweer smid:
Wie dan anders as Chrisjan Diedericks van CD Precision in Roodepoort, die man se toeweiding tot perfeksie is net op 'n vlak waaraan min gemeet kan word. Hy het al die staal werk, passing en "finishing" van die kolf gedoen en ek weet die fotos hieronder doen nie heeltemal gestand aan die goeie werk wat hy gedoen het nie.

Hoe skiet hy:
Die geweer is baie onlangs klaar gemaak en ek het weinig kans gehad om hom te skiet maar kon darem so met fireforming load die naweek aan die MGS gaan deelneem, al wat ek met sekerheid kan se is dat die geweer meer potensiaal het as ek as skut :o Met die fireforming load se druk hier rondom 50k PSI kry ek so 2925vps met 190gr Bergers, daar is nog baie in die tank oor maar ek vermoed node gaan rondom 2980vps wees met die Bergers teen ongeveer 54K PSI druk. Teoreties is daar nog 'n node maar ek sal moet kyk of hy "die kool die sous" werd sal wees. Die ladder wat ek geskiet het net om fireforming load te kry het sub 0,5MOA groep op 400m gegee met ladings versprei oor 2,8gr dryfmiddel.

So hier is fotos van die geweer in sy gong skiet gewaad:
20210423_104429-1008x756.jpg
20210424_125423_03-1008x756.jpg
20210424_121809-1008x756.jpg
Ek sal hieronder nog fotos plaas

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Posted: Sun Apr 25, 2021 7:29 pm
by Jaco V
20210423_104441-1008x756.jpg
20210424_121828-1008x756.jpg
20210424_125724-1008x756.jpg

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Posted: Sun Apr 25, 2021 7:33 pm
by Jaco V
20210424_125557-1008x756.jpg

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Posted: Sun Apr 25, 2021 7:41 pm
by Jaco V
20210421_103046-1008x756.jpg
En dan vir daai F klas social skiet dae by Herme ++>:

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Posted: Sun Apr 25, 2021 7:46 pm
by Kaalvoetthysie
Sjoe dis n pragstuk. Verseker n roer om op trots te wees.

Baie geluk en lekker skiet!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Posted: Sun Apr 25, 2021 8:11 pm
by Francoisv
Supergun. Baie geluk.

2 daughters. Plenty guns.


Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Posted: Sun Apr 25, 2021 9:03 pm
by Heinz Petersen
Netjies. n Komkykmygeweer

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Posted: Sun Apr 25, 2021 9:36 pm
by BeesBreet
Jaco! Daai gun is nog mooier in lewende lywe! Gaan nog skade maak by die NGS reeks met hom...



Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Posted: Mon Apr 26, 2021 7:59 am
by alecjohnson
Pragtig! Daardie kolf trek veral aandag!

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Posted: Mon Apr 26, 2021 8:10 am
by Toxxyc
Ek sal graag die groepies wil sien! 0.5 MOA is 0.5 MOA, of dit nou op 10m of 1,000m is, so prentjies sal dalk beter werk?

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Posted: Mon Apr 26, 2021 9:09 am
by Jaco V
Full disclosure, eerste skoot nie ingesluit in die groep, maar ek dink die res is steeds relevant. Daar is 13 skote saam die 1ste een.
shot_1619420689845.jpg
Shotcount totaal deur die loop op die stadium was 33

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Posted: Mon Apr 26, 2021 9:20 am
by Jaco V
Net ter bevestiging ;)
20210426_091650-756x1008.jpg

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Posted: Mon Apr 26, 2021 10:17 am
by Capt. Yoda
Stunning Jaco, baie gekuk. Daai Cerus kolwe is ongelooflik mooi

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Posted: Mon Apr 26, 2021 10:29 am
by Lategan1
Baie geluk, geniet hom, iets spesiaal.

Beste.

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Posted: Mon Apr 26, 2021 5:16 pm
by joe rocket
Mastig Jaco die roer is n looker en skiet soos n masjien. Sy gaan jou oneindig baie plesier verskaf op die baan. Baie geluk.

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Posted: Tue Apr 27, 2021 7:42 pm
by JPS
Hi Jaco,

So wat is die uiteinde - is daar enge klagtes ++>:

Dit is regtig verskriklike mooi geweer. En hy skiet bitter mooi al klaar.

Jy moet vinnig nou kom platval daar op die f-klas baan. Wil daai roer van nader besigtig man.

Weereens geluk met jou droom wat waar geword het. Bly ek kon die saaidjie plant.

Mooiloop
Jan

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Posted: Tue Apr 27, 2021 7:54 pm
by Jaco V
Hi Jan
Nee darem niks. Probeer nog node vas stel maar dit lyk baie goed, toekomstige klagte gaan looplewe wees dink ek want die geweer WIL vinnig skiet as ek die ding so kyk.
Dankie aan almal ook vir die gelukwense, ek is seker ek gaan hom baie geniet, maar die eer vir die bou kom Chrisjan toe, hy het hom gemaak werk.

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Posted: Wed Apr 28, 2021 5:36 am
by Rasmus
Baie mooi Jaco! Geluk. Hoe het jy n cerus in die hande gekry?

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Posted: Wed Apr 28, 2021 5:57 am
by Jaco V
Rasmus wrote: Wed Apr 28, 2021 5:36 amHoe het jy n cerus in die hande gekry?
Ek het een bestel deur 'n agent. Die proses was 16 maande. Weet nie of ek weer kans sien vir dit nie...

Re: Wanneer jy bou wat jy wil....

Posted: Wed Apr 28, 2021 10:36 am
by Wouter Roets
Goeie more Jaco

Baie geluk met die droom van jou wat waar geword het. Mag jy oneindige plesier put uit die pragstuk!

Groetnis
Wouter