Page 2 of 2

Re: .308 vs 30-06

Posted: Mon Jul 22, 2019 2:51 pm
by J le Roux
30-06.

Oor looplengte en Knal dempers: Ek is amper 6ft lank en weeg 130kg, as ek deur haak en steek, swarthaak en sekelbosse moet kruip is die Howa met sy knaldemper maar 'n bysaak.

Ek het wel gevind 'n langer geweerband sodat die geweer kan "sak" as die band oor my skouer is help darem.

Re: .308 vs 30-06

Posted: Mon Jul 22, 2019 2:59 pm
by 308Win
Wouter Roets wrote:308Win

Het jy nie geleer n mens moet dan kompenseer met n groter kaliber en nie net n langer een nie.

So terloops met my laaste jagtrip moes ons noodgedwonge die outfitter se roere gebruik want ons het nie genoeg tyd gehad vir invoerpermitte van Moz se kant af nie. Dit was twee Brno ZKK602 gewere met 25 duim lope en dit was regtig hinderlik in die ruie bos gedeeltes. My Rugers wat ek vir bosveldjag gebruik het almal barrelbands op en selfs die modelle met 24 duim lope werk baie goed daarmee. n Mens besef nie hoe enorme verskil dit maak in die bos nie.

Groetnis
Wouter
Ek stem saam dat korter gewere in die bos die lekkerste werk. Die lekkerste wat en nog in die bos gebruik het was 'n 30-06 Ruger nommer 1. (ongelukkig nie myne nie)
My bosgeweer is 'n 30-06 met 200gr punte. Al wat ek bedoel het deur te noem dat 308 26" en kort 30-06 dieselfde spoed genereer.

Re: .308 vs 30-06

Posted: Fri Jul 26, 2019 10:10 pm
by DB001
Baie dankie vir almal se insette, word waardeer. Ek was ‘n tydjie weg gewees sonder veel toegang tot seine ens. Gaaf om al die opinies te hoor en in ag te kan neem.

Lekker aand en mooi loop!


Sent from my iPhone using Tapatalk