Page 2 of 2
Re: Eerste jag geweer vir 'n Seun
Posted: Thu Jun 06, 2019 2:27 pm
by Hein M.
Smitstertjies wrote:As jy net gaan bosveld jag oorweeg die CZ 527 in 7.62x39. Ek het enetjie vir my seun gekoop. Jy gooi n 150gr soft point teen so 2200 vps. Klein kompakte jag geweer, en lyk nes sy ouboet in die CZ550.
Het nogal dieselfde gedink toe ek die 1ste keer die navraag sien
Groetnis!
Re: Eerste jag geweer vir 'n Seun
Posted: Thu Jun 06, 2019 2:28 pm
by Hein M.
Ds J wrote:Smitstertjies wrote:As jy net gaan bosveld jag oorweeg die CZ 527 in 7.62x39. Ek het enetjie vir my seun gekoop. Jy gooi n 150gr soft point teen so 2200 vps. Klein kompakte jag geweer, en lyk nes sy ouboet in die CZ550.
Of dalk n slotaksie in 300 Blackout / Whisper - dit sal die keuse van koeëls makliker maak saam met die 30-06.
Sal net so mooi werk

Re: Eerste jag geweer vir 'n Seun
Posted: Thu Jun 06, 2019 2:34 pm
by Eugene
'n 6.5CM is 'n goeie opsie. Ek het vir my klong 'n 308 gekoop. Dit laai maklik en goedkoop, is inherent akkuraat en het minimale terugskop. Hy het 'n standaard 24" Howa BB en hy skiet saam met ons tot op 1200m met 155gr CC's. Dit is gewoonlik geskik vir enige tipe skietkompetisie en hy kan ook die meeste vlakte wild daarmee jag.
Re: Eerste jag geweer vir 'n Seun
Posted: Thu Jun 06, 2019 2:59 pm
by swc-tr
Eugene, hoe kon jy? Weet jy dan nie dat die gradeboog deesdae niks meer kan doen nie?

Re: Eerste jag geweer vir 'n Seun
Posted: Thu Jun 06, 2019 3:20 pm
by Dirkvh
Jy gaan nie sommer .223 klop vir lekker oefen, goedkoop skiet ens nie. Nuwe skuts moet BAIE oefen, windbuks/.22 is ideaal, as dit nie moontlik is kan jy bitter goedkoop en bitter baie skiet met .223. Ek verkies skuts wat vertroue in kleiner kaliber het as skuts wat minder met groter kaliber skiet, eersgenoemde skiet 7 dae 'n week en twee keer op 'n Sondag beter as laasgenoemd.
Re: Eerste jag geweer vir 'n Seun
Posted: Thu Jun 06, 2019 5:52 pm
by Capt. Yoda
swc-tr wrote:Eugene, hoe kon jy? Weet jy dan nie dat die gradeboog deesdae niks meer kan doen nie?

Eks bitter dankbaar hy het nie vir die man n supersniper creed gekoop nie want dan sou ons eers bloei
Re: Eerste jag geweer vir 'n Seun
Posted: Thu Jun 06, 2019 6:20 pm
by Waldoh
Eerstens baie dankie vir julle insette.
Ek oorweeg op die stadium 2 geweer opsies.
Eerstens ‘n nuwe 6,5 Creedmoor Howa, die sal so effens meer blaf en byt hê vir groter wild maar gaan my heelwat kos aan ‘n teleskoop, knaldemper en sal tien teen een, ‘n pasmaak kolf moet kry wat dit makliker sal maak vir die mannetjie om daarmee te kan skiet.
Tweede is daar ‘n lekker klein SAKO 243 met knaldemper, teleskoop en kleinrige kolf te koop by een van die geweer winkels hier om die hoek van my af. Ek sal natuurlik graag eers die outjie wil toets om te sien of die loop nog in aanvaarbare toestand is en hy darm groepeer
Ek sal so bietjie besin en julle laat weer waaroop ek besluit het.
Re: Eerste jag geweer vir 'n Seun
Posted: Thu Jun 06, 2019 6:33 pm
by RevA
Waldoh wrote:Eerstens baie dankie vir julle insette.
Ek oorweeg op die stadium 2 geweer opsies.
Eerstens ‘n nuwe 6,5 Creedmoor Howa, die sal so effens meer blaf en byt hê vir groter wild maar gaan my heelwat kos aan ‘n teleskoop, knaldemper en sal tien teen een, ‘n pasmaak kolf moet kry wat dit makliker sal maak vir die mannetjie om daarmee te kan skiet.
Tweede is daar ‘n lekker klein SAKO 243 met knaldemper, teleskoop en kleinrige kolf te koop by een van die geweer winkels hier om die hoek van my af. Ek sal natuurlik graag eers die outjie wil toets om te sien of die loop nog in aanvaarbare toestand is en hy darm groepeer
Ek sal so bietjie besin en julle laat weer waaroop ek besluit het.
As die sako groepeer koop dit!