Page 2 of 3

Re: Koeël gewig vir blouwildebees

Posted: Tue Apr 02, 2019 1:46 pm
by tau
Apie wrote:Ek moet sê ek deel nie julle swak ervaring met die SST’s nie.
My pa jag seker al 10 jaar met 180gr Sst in sy 30-06 teen omtrent 2680fps.

Baie wildebeeste waterbokke en koedoes geskiet en geen pyne.

Het ook al n paar beeste met 300H&H met 180Sst @omtrent 2900fps geskiet in die kop en nog altyd sukses gehad.

In my 308 het ek 165gr SST teen 2580fps gegooi en n dik koedoebul omgedop.

In al die gevalle was die vleisskade baie dieselfde as PMp ProAmm fabrieks ammo.

Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Jip 'n SST is basis 'n Interlock met 'n skerp punt en rooi plastic. Ek stem 'n swaarder sterker koeel gaan beter penetrasie maak en op vreemde hoeke, maar BWB gee nie om wat jy gebruik nie hy skud daai hou af en wys jou 'n plaas. Ek het al BWB met 120gr Prohunter laat val met 'n bladskaaot nadat 'n 175gr Partition hom gewond het.

Re: Koeël gewig vir blouwildebees

Posted: Tue Apr 02, 2019 1:47 pm
by Apie
Jean Marais wrote:
Apie wrote:Ek moet sê ek deel nie julle swak ervaring met die SST’s nie.
My pa jag seker al 10 jaar met 180gr Sst in sy 30-06 teen omtrent 2680fps.

Baie wildebeeste waterbokke en koedoes geskiet en geen pyne.

Het ook al n paar beeste met 300H&H met 180Sst @omtrent 2900fps geskiet in die kop en nog altyd sukses gehad.

In my 308 het ek 165gr SST teen 2580fps gegooi en n dik koedoebul omgedop.

In al die gevalle was die vleisskade baie dieselfde as PMp ProAmm fabrieks ammo.

Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Die vraag het nie gegaan oor of 'n 30-06 met 'n SST koeël van watter gewig ook al sal werk nie, maar vir 'n 123gr 6.5 kaliber koeël. Hoekom sal jy wil waag met so 'n sagte koeël op so 'n taai bok. Daar is beslis beter koeëls as SST's beskikbaar. My advies - maak eerder van hulle gebruik en haal die waag uit die skoot.
Dankie Jean

My beskeie opinie is 'n 6.5 marginaal vir Blouwildebees maar as dit moet sal ek 'n 140grein Barnes, Kriek, Rhino, Claw Bonded, Steward, Accubond, GMX, Interbond as minimum voorstel.

Re: Koeël gewig vir blouwildebees

Posted: Tue Apr 02, 2019 1:48 pm
by Basie2
Vraag:
Moet die bonded koeël nie teen minimum van 1800 vt/sek die dier tref om aanvaarbaar om te klink nie?
(Ek het dít op nosler se web gelees)

Die 150gr + koeël wat gelanseer word teen 2500 gaan vir my watter reik afstand gee?

Is die 160gr Hornady dan nie ‘n aanvaarde oplossing nie? Dis non-bonded.

Ek vra die baie vrae, want ek wil NIE hê ‘n bwb moet my die lyndrade wys nie.

Hoekom bly almal weg van breinskoot? Julle skiet tog ‘n springbok daar.
Ek moet bieg, ek is ‘versigtig’ vir bladskoot.

Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Koeël gewig vir blouwildebees

Posted: Tue Apr 02, 2019 1:50 pm
by Pappabeer
Basie2 wrote:Goeie middag,
Ek skiet huidig met 6.5x55 die 123gr Hornady SST in goeie groepering.
Vraag:
Is die punt te lig vir bwb?
Sal 140gr SST gemoedsrus koop agter die blad, of moet ek swaarder gaan? (Ek dink aan 156gr Norma punt)

Is die 125gr Nosler Partition voldoende of nie?

Die vraag is bedoel vir vêr skoot, daarom agter die blad. 0-200 sal ek gaan vir brein.

Baie dankie

Sent from my iPad using Tapatalk
Basie, ek het al verskeie BWBe met n 6,5x55 geskiet. Almal was met 140gr bonded of partition tipe koeëls. Ek dink Rhino Solid shank die meeste, gevolg deur Nosler Partition.

n blouwildebees koei is baie kleiner as n bul, en daar kan jy dalk nog n kans vat, maar ek sou beslis nie na n bul skiet met n SST nie. n paar faktore speel n rol. Skootplasing raak tricky op 150m plus op daai donker lyf, veral in skadu, en dis maklik om nie te besef bie bok is effens QO in stede van reg van voor nie.

Die brein is ook maar klein en n wildebees skud heeltyd sy kop, so jou margin of error is maar klein. Ek glo die 156 Oryx sal goed werk, maar so ook sal enige 140gr bonded koeel soos n Swift A-frame.

Re: Koeël gewig vir blouwildebees

Posted: Tue Apr 02, 2019 2:20 pm
by Jean Marais
Net ter wille van volledigheid, en die vraag of 'n 6.5 kaliber voldoende sal wees op 'n blou wildebees, die volgende opmerking:

Aanname = dieselfde tipe gebonde of monlitiese koeël wat bewese gewigretensie het:

SD (sectional density) gee gewoonlik 'n goeie aanduiding van 'n koeël se vermoë om te penetreer.
Ek het die SD's van 'n paar kalibers en koeëlgewigte soos volg bereken:

140gr 0.264 se SD = 0.287
180gr 0.308 se SD = 0.271
160gr 0.284 se SD = 0.283
250gr 0.375 se SD = 0.254

Met 'n 156 Norma Oryx uit 'n 6.5 kaliber hoef jy nie bekommerd te wees of daar voldoende penetrasie sal wees nie, selfs al tref jy swaar bene.
Die SD van die koeël is 'n verstommende 0.320

Re: Koeël gewig vir blouwildebees

Posted: Tue Apr 02, 2019 2:35 pm
by tau
Jean Marais wrote:Net ter wille van volledigheid, en die vraag of 'n 6.5 kaliber voldoende sal wees op 'n blou wildebees, die volgende opmerking:

Baie interesant. Dankie vir die info.

Wat is die 6.5 SST se SD?

Re: Koeël gewig vir blouwildebees

Posted: Tue Apr 02, 2019 2:52 pm
by ThinusS
Ek het sovêr 32 blouwildebeeste met 6.5mm kalibers geskiet, 21 met die 6.5x55 en 11 met die 6.5 Creedmoor. Die twee kalibers is, soos ek hulle laai, ballisties identies.

Ek het 1 elk geskiet met 120gr Peregrine, 129gr Hornady Interlock, 129gr Nosler Accubond LR en die 136gr Lapua Scenar. 2 met die 140gr Sierra Gameking. 3 met die 130gr Nosler Accubond. 10 met die 120gr Hornady GMX en 13 met die 140 gr Hornady A-max.

1 A-max en 1 Sierra Gameking het opgebreek in wildebees bul skouers, beide het been getref, en min tot geen skade aan die organe aangerig, altwee moes opgevolg en weer geskiet word. Die 129gr Nosler Accubond LR het 'n groot bul skuins van voor op die dik skouerbeen getref, pragtig omgeklink maar in die blad gestop, weereens opgevolg en weer geskiet.

Uit die koeëls wat ek gebruik het op blouwildebeeste het die 120gr GMX'e en Peregrine die beste presteer, gevolg deur die 130gr Accubonds.

Groete
Thinus

Koeël gewig vir blouwildebees

Posted: Tue Apr 02, 2019 2:59 pm
by Apie
Jean Marais wrote:Net ter wille van volledigheid, en die vraag of 'n 6.5 kaliber voldoende sal wees op 'n blou wildebees, die volgende opmerking:

Aanname = dieselfde tipe gebonde of monlitiese koeël wat bewese gewigretensie het:

SD (sectional density) gee gewoonlik 'n goeie aanduiding van 'n koeël se vermoë om te penetreer.
Ek het die SD's van 'n paar kalibers en koeëlgewigte soos volg bereken:

140gr 0.264 se SD = 0.287
180gr 0.308 se SD = 0.271
160gr 0.284 se SD = 0.283
250gr 0.375 se SD = 0.254

Met 'n 156 Norma Oryx uit 'n 6.5 kaliber hoef jy nie bekommerd te wees of daar voldoende penetrasie sal wees nie, selfs al tref jy swaar bene.
Die SD van die koeël is 'n verstommende 0.320
Korrek

SD is n baie goeie manier om potensiele penetrasie uit te werk op n projektiel wat nie van vorm verander nie.(bv Dzombo solids)

Die oomblik wat jou sagteneus koeel begin vervorm verander sy SD oombliklik.(sd is basies gewig/diameter)

Jy kort goeie penetrasie(lees SD) en ‘n goeie wondkanaal om n dier vinnig te dood.

Ek glo hierdie tabelle saamgestel deur Sabi Rifles se manne is baie naby aan die waarheid.
http://www.sabirifles.co.za/ballistics. ... enetration.

Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: Koeël gewig vir blouwildebees

Posted: Tue Apr 02, 2019 3:00 pm
by Jean Marais
Thinus, ek stem volkome met jou opmerking saam oor SD en koeëls wat omklink. Dis soos jy sê steeds darem 'n goeie aanduiding vir koeëls wat nie net pleinweg bars nie.

Tau, die 123gr SST se SD is in teorie goed - 0.252, die probleem is die sagtheid van die koeël en baie swak gewigretensie.

Dis hoekom my aanname hierbo met gebonde en mono koeëls was wat goeie gewigretensie het.

My skoonseun het laasjaar 'n Elandkoei op die blad geklap op so 260m met my Sweed en 'n 120gr GMX. Ons het die koeël net buite die vel aan die anderkant herwin, en na die koeël mooi skoongemaak is, geweeg. 119.54gr.

Re: Koeël gewig vir blouwildebees

Posted: Tue Apr 02, 2019 3:14 pm
by Drenalinjunkie
Ek het al so paar bokke met match koeels geskiet...

95% van die bokke was met Berger Target VLD's meestal 6mm, 6.5mm, 308 en 338. Skoot afstande was enige iets vanaf 100m tot en met 600m. Wild het al gewissel vanaf springbokke, rooiribbokke, vlakvarke, blesbokke, rooibokke, Nyala, Rietbokke, SWB, BWB, Koedoes, bobbejane, jakkelse en nog meer... uit al die wild het ek nog net so paar bokke gekwes (almal gekry)... nie asgv die koeel wat opbreek nie maar swak skoot plasing. Ek het al heelwat premium jag koeels gehad wat opgebreek het met my asgv swak skoot plasing.

Sal ek aanhou om met match koeels te jag... ja ek het nog meer as aanvaarbare resultate gekry met goeie skoot plasing. Ek kan mos kies watse skote ek wil skiet. Ek probeer om soveel moontlik net "broadside" te skiet want dit lewer baie kere maar die beter en viniger doodskoot resultate. Dis nou as ek nie kopskote skiet nie.

In my opinie... as jy enige ander skote (quartering towards / away ens) gaan skiet veral in die bosveld gebruik maar n premium koeel in die 6.5.

Re: Koeël gewig vir blouwildebees

Posted: Tue Apr 02, 2019 5:38 pm
by tau
Jean Marais wrote:Thinus, ek stem volkome met jou opmerking saam oor SD en koeëls wat omklink. Dis soos jy sê steeds darem 'n goeie aanduiding vir koeëls wat nie net pleinweg bars nie.

Tau, die 123gr SST se SD is in teorie goed - 0.252, die probleem is die sagtheid van die koeël en baie swak gewigretensie.

Dis hoekom my aanname hierbo met gebonde en mono koeëls was wat goeie gewigretensie het.

My skoonseun het laasjaar 'n Elandkoei op die blad geklap op so 260m met my Sweed en 'n 120gr GMX. Ons het die koeël net buite die vel aan die anderkant herwin, en na die koeël mooi skoongemaak is, geweeg. 119.54gr.
Eerstens ons gesels nou lekker en ek strei nie net omdat dit dwarsheid van gees is nie ++>:

Ek het slegte ervarings met GMX'e en met Barnes waar hulle bokke deurboor en nie genoegsame skade maak nie. Ek het 'n Eland bul wat 340kg uitgeslag het te laag geskiet broadside op 100meter met 'n 150gr Barnes TTSX teen 2900fps uit 'n 7mm RM in die noorde van Nam. Die patroon het die hart se punt afgeskiet as dit sin maak, maar nie die kamers geny/pentreur of laat bars nie. Die bok het weggehardloop en 800meter verder binne 'n rosyntjiebos loop vrek. Ons het amper 'n uur na die dier gesoek nadat dit skemer geraak het. Die koeel is onder die vel aan die anderkant gevind en het nog 149gr geweeg.

1. Ek het te laag geskiet
2. MEns skiet nie vanaf die voet in die bos so naby aan donker nie
3. My gids het dadelik opgespring en die bokke verjaag i.p.v rustig wag en luister waar val hy.

As ek wel 'n sagter loodkern koeel gebruik het het was die skade aan die hart definitief groter en die skrapnel het dan nog die longe ook beskadig.

Sal ek 'n stapjagter aanbeveel om 'n eland met 'n nie premium koeëop die blad te skiet? Nee tensy jy weet waarvoor jy jou inlaat. Net so wil ek die ou wat Mono's gebruik waarsku hulle wil been slaan of perfek op koers wees as dit nie groot kalibers is. Ek was by waar 'n Impala en BWB na skote met GMX nooit gevind is nie. Albei kere het hoek van die skoot die jagter gevang en is skoot te ver terug gewees. Jy kry bloed en pensmis en dan stop dit net as die mis die pens begin stop en die bloeding ophou.

Vrek ek is nou lus vir jag!!!

Weereens Oom JEan ek strei nie ek deel kennis en ervaring en hier is baie manne wat meer as ek het.

Ballistic Tip en SST for life!!! :laugh: :laugh: >:+

Re: Koeël gewig vir blouwildebees

Posted: Tue Apr 02, 2019 6:11 pm
by Jean Marais
Hallo Tau. Soos jy gesê het. Dis 'n lekker gesprek waaruit ons almal leer. Dis tog die doel van so 'n forum. Dit wys weereens net hoe belangrik skootplasing is. Jou opmerking oor 'n sagter loodkern koeël het beslis meriete, mits jy nie daai dik been van die Eland tref nie. Die kans is dan baie groter dat jy hom dalk nooit sou kry nie.

Ek het my Gemsbok ook laasjaar effe te laag geskiet, en ons moes hard werk om hom te kry. Die 120gr GMX waarmee ek gejag het, het egter genoegsame skade veroorsaak (die wegkant se bladbeen morsaf geskiet) dat ons hom darem gekry het en doodgeskiet het. As die skoot egter 2 duim hoër was sou die bok nie 30m gevorder het nie.

Al wat ek eintlik wou oordra is dat dit in my opinie baie wys is om eerder 'n premium koeël as 'n sagte koeël op veral BWB te gebruik. Dis 'n taai derduiwel.

p.s: My jag is darem nou net om die draai!!

Re: Koeël gewig vir blouwildebees

Posted: Tue Apr 02, 2019 8:53 pm
by Apie
Jean Marais wrote:Dit wys weereens net hoe belangrik skootplasing is. Jou opmerking oor 'n sagter loodkern koeël het beslis meriete, mits jy nie daai dik been van die Eland tref nie. Die kans is dan baie groter dat jy hom dalk nooit sou kry nie.
Dis maar juis hoekom ek maar van groter kalibers hou op iets taai soos ‘n BWB of groot soos ‘n eland.

‘n 3006 met 200gr, 338Sabi of 33806 met 250greiners, of 9.3 met 286gr of 375 met 300greiners sal Gewone loodkern koeëls 10 teen 1 nogsteeds die been kan breek en genoegsame penetrasie en wondkanaal kan lewer.

Besef net die beperkings van jou kombinasie en maak doodseker oor jou skoot en geniet die jag.

Laat weet hoe het dit gegaan!

Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: Koeël gewig vir blouwildebees

Posted: Wed Apr 03, 2019 2:24 am
by Basie2
Sjoe, baie dankie vir die opbouende gesprek (repliek?).

1. Ek het my 3006 vir my skoonseun gegee so 6 jaar gelede. Die 6.5 was vir my ‘n goeie middeweg toe ek agterkom die 22/250 is nie die “beste kaliber” vir als nie. Groter wild was ook nie meer op die agenda nie.
2. Tyd stap aan en daar is ander mediese beperkings wat veroorsaak dat ek baie van “kalahari jag” hou. Ek bekwaam myself darem nog steeds deur aktief by die skietklub deel te wees, ook in nie-skietaktiwiteite!
3. Daar is nou ‘n geleentheid om bwb te kan skiet en ongelukkig het ek verval in die ligte skyfskiet punte en ek het self bietjie getwyfel aan die 123gr, maar ek sal verseker na dese na die swaarder knape toe gaan.
4. Die pryse van die 155gr mega is verstommend hoog (R3400/100), of kyk ek verkeerd. So die 156gr Norma sal maar die toets moet doen.

Indien iemand my plaaslik in die regte rigting kan wys, ek wil graag die steyr se magasyn kapasiteit verhoog, verkieslik na 10 toe. Ek het ‘n bekende groothandelaar genader, maar diens is nie so skerp nie. Huidig is die kapasiteit 4 en dit pla, veral wanneer ons disiplines van 5 skote moet skiet teen tyd. Die steyr hou nie van laai van bo af nie. ( kry net 4 skote op die vlakvark in 90 sek).

Weereens dankie vir almal se insette. Dis waarom dié forum so aangenaam is

Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Koeël gewig vir blouwildebees

Posted: Wed Apr 03, 2019 7:30 am
by tripodmvr
Ek sal ernstig kyk na die 120gr GMX of Barnes as ek 'n BWB met die 6,5 moet aanvat. Jy is verseker van penetrasie om by die hart en longe te kan uitkom. Hulle is goedkoper as die prys wat jy bo noem.

Re: Koeël gewig vir blouwildebees

Posted: Wed Apr 03, 2019 7:34 am
by ruaanb
tripodmvr wrote:Ek sal ernstig kyk na die 120gr GMX of Barnes as ek 'n BWB met die 6,5 moet aanvat. Jy is verseker van penetrasie om by die hart en longe te kan uitkom. Hulle is goedkoper as die prys wat jy bo noem.
Kriek is nog goedkoper en presteer uitstekend.

Re: Koeël gewig vir blouwildebees

Posted: Wed Apr 03, 2019 7:48 am
by Vlakvark Soldaat
Skootplasing is van kardinale belang hier! Vra my, ek het al n paar bwb'ste verloor met barnes ttsx 180gr uit my 30-06. Daarna het ek net geleer om my skietvernuf te verbeter.

SST is heeltemaal te sag vir groter wild. Ek sal eerlikwaar en met n geruste hart enige van Nosler se meer premium koeëls in die kaliber gebruik op bwb.

In my opinie, is SST ideaal om kids te leer jag op kleiner wild, want die koeël is meer forgiving vir swakker skootplasing.

Re: Koeël gewig vir blouwildebees

Posted: Wed Apr 03, 2019 7:49 am
by Hein (Haan)
Drenalinjunkie wrote:Ek het al so paar bokke met match koeels geskiet...

95% van die bokke was met Berger Target VLD's meestal 6mm, 6.5mm, 308 en 338. Skoot afstande was enige iets vanaf 100m tot en met 600m. Wild het al gewissel vanaf springbokke, rooiribbokke, vlakvarke, blesbokke, rooibokke, Nyala, Rietbokke, SWB, BWB, Koedoes, bobbejane, jakkelse en nog meer... uit al die wild het ek nog net so paar bokke gekwes (almal gekry)... nie asgv die koeel wat opbreek nie maar swak skoot plasing. Ek het al heelwat premium jag koeels gehad wat opgebreek het met my asgv swak skoot plasing.

Sal ek aanhou om met match koeels te jag... ja ek het nog meer as aanvaarbare resultate gekry met goeie skoot plasing. Ek kan mos kies watse skote ek wil skiet. Ek probeer om soveel moontlik net "broadside" te skiet want dit lewer baie kere maar die beter en viniger doodskoot resultate. Dis nou as ek nie kopskote skiet nie.

In my opinie... as jy enige ander skote (quartering towards / away ens) gaan skiet veral in die bosveld gebruik maar n premium koeel in die 6.5.
Ek het nou ook n klomp bokke met 140gr amaxe geskiet en met die 243 n paar met 80gr ttsx. Volgens my is skoot seleksie en goeie skoot plasing meet belangrik as watse koeel jy skiet.
Paar groter bokke ( BWB en Gemsbok) met die amaxe geskiet net oor 350m en ek kan regtig nie kla oor hoe vinnig hulle dood gemaak het nie. Laas jaar gesien hoe twee rooibokke gekwes was en nooit gekry is met n 338WM. As n koeel akkuraat skiet is ek meer gerus as wat hulle dalk sterker konstruksie het.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Koeël gewig vir blouwildebees

Posted: Wed Apr 03, 2019 7:54 am
by Jean Marais
Dis 'n bekende feit dat die a-maxe op lang afstande uitstekend presteer as jagkoeël. Op korter afstande gooi jy egter baie vleis weg op bladskote.

Re: Koeël gewig vir blouwildebees

Posted: Wed Apr 03, 2019 8:05 am
by tau
Vlakvark Soldaat wrote:
In my opinie, is SST ideaal om kids te leer jag op kleiner wild, want die koeël is meer forgiving vir swakker skootplasing.
Ag wat weet jy nou snotneus. Jou gat man omdat jy met 'n 30-06 BWB kwes mag net kinders nou met SST's jag. Miskien moet jy begin SST's gebruik. :laugh:

Re: Koeël gewig vir blouwildebees

Posted: Wed Apr 03, 2019 8:07 am
by Hein (Haan)
Ek moet ook se dat ek dink die vleis skade op groter diere is minder as met kleiner diere as die skoot afstand dieselfde is.
Veral op die blad waar die koeel uit is.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Koeël gewig vir blouwildebees

Posted: Wed Apr 03, 2019 8:15 am
by Vlakvark Soldaat
tau wrote:
Vlakvark Soldaat wrote:
In my opinie, is SST ideaal om kids te leer jag op kleiner wild, want die koeël is meer forgiving vir swakker skootplasing.
Ag wat weet jy nou snotneus. Jou gat man omdat jy met 'n 30-06 BWB kwes mag net kinders nou met SST's jag. Miskien moet jy begin SST's gebruik. :laugh:
Hahahahahaha!! Jy praat deurmekaar, ek dink dis ontrekkings simptome van geen kappe vat hierdie week nie...

Re: Koeël gewig vir blouwildebees

Posted: Wed Apr 03, 2019 8:23 am
by Vlakvark Soldaat
Ok ok, alle grappies op n stokkie. Ek het dit al voorheen op ander ouer posts genoem, ek vat eerder n dooie bok met bietjie meer vleis skade, as n gekwesde vol betaalde bok wat nog self slaghuis toe kan draf...

Ons almal het maar ons smaak ten opsigte van koeels, en ons almal kan ons gebruike regverdig.

Basie, jou geweer is opgestel met jou huidige ladings, jy het volle vertroue in hom soos hy tans is. Om nou ander koeels te gaan koop en lading ontwikkeling te doen gaan jou kop deurmekaar maak (over thinking). Skiet hom netso, jy sal veilig wees!

Goeie vriend van my skiet net bladskote, hy het net n 243 in die kluis, 90gr Nosler balistic tips, nog nie een bwb verloor nie...

Re: Koeël gewig vir blouwildebees

Posted: Wed Apr 03, 2019 9:23 am
by win270
Die oudste verhaal van goeie skootplasing met 'n ligte kaliber is Dawid wat vir Goliat neergesit het.

Re: Koeël gewig vir blouwildebees

Posted: Wed Apr 03, 2019 12:20 pm
by tau
win270 wrote:Die oudste verhaal van goeie skootplasing met 'n ligte kaliber is Dawid wat vir Goliat neergesit het.
:laugh: