Page 2 of 2
Re: Nalatige skietvoorval
Posted: Wed Mar 27, 2019 3:49 pm
by Fanta300
Fano, ja al die wetlike vereistes is nagekom met beëdigde verklarings en alles wat nodig is so die winkel se kant is skoon.
Die skieter sal maar sy pak moet vat
Re: Nalatige skietvoorval
Posted: Wed Mar 27, 2019 4:17 pm
by OosKaapJagter
Die skieter sal probleme hê ingevolge artikel 120(3) en artikel 120(7) van die vuurwapenwet 60 van 2000. Dit is nalatige hantering of afvuur van 'n vuurwapen en die afvuur van 'n vuurwapen in 'n beboude of openbare gebied.
Wie sê egter daar is 'n wetlike verpligting om dit aan te meld? Dit val nie onder die verpligtinge van 'n handelaar kragtens artikel 39 nie. Die enigste wetlike verpligting om 'n vuurwapenverwante misdryf aan te meld is vervat in artikel 120(2) waar jy bewus raak van die bestaan van 'n onwettige vuurwapen of ammunisie. Sou jy versuim om dit aan te meld, is sodanige versuim 'n misdaad.
Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek het geen simpatie met die ou wat amper iemand se lewe gekos het nie.
Vir poging tot moord sal opset om te moor bewys moet word. Hoe kan 'n ou wat nie eens bewus is sy wapen is gelaai nie so opset hê?
Re: Nalatige skietvoorval
Posted: Wed Mar 27, 2019 7:02 pm
by tripodmvr
Versekering gaan vereis dat die saak aangemeld word.
Re: Nalatige skietvoorval
Posted: Thu Mar 28, 2019 10:43 am
by Eugene
Dalk 'n nuwe draad werd, maar ek wonder hoeveel mense sal erken dat hulle self al 'n AD of ND gehad het? Ek weet ek het al, gelukkig was ek alleen en niemand (insluitend ek, maar uitgesluit my trots, ego en selfvertroue...) is beseer nie.... Ek weet ek het gevoel soos al die name wat hierbo genoem word en ek beskou myself as 'n versigtige en veilige persoon met vuurwapens.
Re: Nalatige skietvoorval
Posted: Thu Mar 28, 2019 11:29 am
by knipmes
Erkenning van nalatigheid? Dit sal nou n ding wees. Soos die destydse Waarheid en Versoenings kommissie. As die SAPS hierdie sien gaan hulle dalk op die aansoek vorm plek maak vir n erkenning

Re: Nalatige skietvoorval
Posted: Thu Mar 28, 2019 12:37 pm
by jdpretorius
Eugene, ek dink daar is weinig min wat nog nie 'n AD of dalk twee gehaad(t) het nie (al was dit net 'n veligheids knip wat onklaar geraak het)...behalwe dalk as jou speelgoed net in die kluis staan vir eendag. Maar ek wil graag glo dat "almal" hul self gereeld herinner, om te ondou, dat hy sy vuurwapen altyd in 'n veilige rigting te rig.
My oupa het altyd gese' die duiwel laai soms 'n geweer .... ek leef by daai woorde
Re: Nalatige skietvoorval
Posted: Thu Mar 28, 2019 3:19 pm
by BSniperEM
Twee stories...
Jare terug een oggend nadat ek nie bokke sien en wou aanstap, was ek op n baie groot klip bank, en besluit toe om my 300 lugwaarts te wys om skoon te maak... toe ek die slot beweeg gaan die skoot af!!! Bl$%£em ek't my self in n ander bloedgroep ingeskrik, en nog sonder oorpluisies!!
Dit het my baie lank gepla, en gedink ek't dalk het ek aan die sneller geraak... maar later besef toe dit was n foutiewe Remington X-Mark. Die 300 het nou n Timney.
en...
My kollega vertel hy't eendag n PH en klient gevlieg iewers en gaan drop, en toe terug Pretoors toe. Met landing sien hy die PH se roer is nog in die vliegtuig. Sy baas trap HOM toe uit, en se hy moet sy eie kar vat en terug ry en geweer gaan aflewer. Ten minste check die baas of die roer skoon is... nee, twee rondtes in daai dubbel!

Dit raak beter.
Die volgende dag is die PH op die foon en hoogs onstelt... hy wou skiet en die roer was leeg, wou weet WIE het sy patrone verwyder!! Dis maar die storie wat hy vertel... hoop eintlik dis nie waar nie!!
Janee.
Re: Nalatige skietvoorval
Posted: Thu Mar 28, 2019 3:47 pm
by Riaan Kriel
jdpretorius wrote: ...My oupa het altyd gese' die duiwel laai soms 'n geweer .... ek leef by daai woorde
Ek sou eerder sê Duiwelse nalatigheid... maar nou ja wie is ek om met die ou mense te stry... Hulle lewenskennis en -ervaring is baie meer as myne

Re: Nalatige skietvoorval
Posted: Thu Mar 28, 2019 4:48 pm
by musgrave270
In terme van jag gewere wonder ek hoeveel van die nalatige skote met “pushfeed” aksies was. Ekt myself eenkeer koud geskrik toe ek n rondte in my Howa wou kamer net om agter te kom daar sit reeds n rondte wat nog nie geskiet is nie. Het darm net die eerste keer gebeur.
Ander ding, waar kom die gewoonte vandaan om die sneller te trek om te kyk of n geweer veilig is?
Re: Nalatige skietvoorval
Posted: Thu Mar 28, 2019 6:20 pm
by savage(P Coetzer)
Ek was die poepol wat by 2015 chasa skiet in Bfn n AD gehad het. Gelukkig in n veilige rigting by die skietpunt voor n trop ander deelnemers. Weet eerlikwaar nou nog nie wat gebeur het nie maar toe die RO sê ons kan laai en ek die slot af druk toe loop die skoot. Wens die aarde kon my daai dag insluk.
Re: Nalatige skietvoorval
Posted: Fri Mar 29, 2019 1:30 pm
by Capt. Yoda
Paar manne saam wie ek nie gaan jag nie
Re: Nalatige skietvoorval
Posted: Fri Mar 29, 2019 1:35 pm
by Eugene
Capt. Oblivious wrote:Paar manne saam wie ek nie gaan jag nie
Ek is meer bang vir die ou wat dink dat hy nooit 'n fout gaan maak nie!
