CMH Barrel CLean

User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by Capt. Yoda »

Jy kry n adaptor vir die adaptor, ram rod is male die vfg adaptor is ook male.
Jy kort n female to female adaptortjie maar hulle is gelukkig net n paar rand

https://images.app.goo.gl/BQiCjwro8dcu8qMt7
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by Capt. Yoda »

Die naweek by die alrha shoot het n paar ouens my gevra hoe goed die cmh carbon cleaner regtig is teen boretech se C4, ek het hulle gese vir my is dit basies soos die verskil tussen castle lite en rum en coke maar het gedink laat ek dit bq regtig toets om te kyk hoe groot die verskil is.

Ek het na Saterdag se 30 skote wat ek geskiet het my geweer met C4, patchea, borsels en BT se chameleon gel skoon gemaak soos altyd in die ou dae, basies 3 nat patches, laat staan so 15min, borsel patch uit en rinse en repeat. 5uur gister was ek al gatvol vir die storie en maak toe die loop lekker nat met C4 en druk n patch in die keel en bere die roer tot vanaand.

24 ure later patch ek alles gou uit, druk weer 3 nat ptches deur en patch uit met 6 lekker groot patches. Die foto hier onder was die 6de patch en vir meeste van ons sou dit wys op n mooi skoon loop wat net bq oli kort en dan kan rus tot die volgende keer.

https://i.ibb.co/4TD2ZhY/AC1-F6668-4-ED0-4002-AF1-F-24-ECB98-BE112.jpg

Hier na het ek 3 nat patches van CMH se carbon remover deur gedruk
Die was die eerste nat patch

https://i.ibb.co/WyX4hjb/5-DF2-F2-DA-97-D4-430-A-BE76-6-F76-EB098-E93.jpg

Die was die 3de droe patch na die 3 nattes

https://i.ibb.co/3rnBbhx/4151-D3-D8-A08-C-4-FA1-AEF8-E5-FC151-A54-C3.jpg

Het hom nou die hele CMH carbon series gegee en hys nou skoon
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: CMH Barrel CLean

Post by ruaanb »

die goeters werk so goed my gewere vat 4 na 6 skote om weer hulselwers te wees.
Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am

Re: CMH Barrel CLean

Post by Gbyleveldt »

Daai groen vloeistof in die kit werk verbasend goed. Die C4 bly nou in die kas
User avatar
Ammion
Hero Member
Hero Member
Posts: 571
Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am

Re: CMH Barrel CLean

Post by Ammion »

Stem saam, daai groen botteltjie Carbon Remover werk uitstekend - beter as Boretech se Carbon Remover en Eliminator.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

CMH Barrel CLean

Post by Apie »

Stem

Werk baie goed.

Wees net super versigtig op ‘n geweer wat geblou is.

Ek het die kroon met olie behandel maar die blou het nogsteeds afgekom.

Toe op ‘n 2de geweer getoets met ge bloude loop en die kroon met Eezox behandel.

Selfde resultaat.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190625/f5ff075f7c0af3bb13d2dae5ebcb34f2.jpg




Sent from my iPhone using Tapatalk
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by Eight »

Ek kan getuig van die produk se effektiwiteit. Ek kom nog nooit n produk kry wat my geweerse kroon kon skoonmaak sonder een of ander skuurmiddel nie maar die groen botteltjie het my kroon silwerskoon gemaak deer dit op die kroon te sit en te los vir n ruk en met n lap af te vee. Ek weet nie wat in die produk is nie maar black-sam dit werk! En met die VFG pellets is dit n uiters effektiewe kombinasie teen carbon.
Maroelas
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by Maroelas »

Waar kry mens skoonmaak stokke wat die 8/32 UNC standaard is? Boretech by Safari kos R1800, wat bietjie styf is vir 'n skoonmaak stok.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: CMH Barrel CLean

Post by ruaanb »

Die adapter wat hulle stuur pas op die stokke hier. Jy kry ook n adapter wat jy op skroef vir die ram stokke.
Maroelas
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by Maroelas »

Dankie Ruaanb, sal met hulle praat oor die adapter vir die ram stokke.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: CMH Barrel CLean

Post by ruaanb »

Die koop jy sommer by enige geweerwinkel of plekke soos Sudami.
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by Eight »

Is die produk veilig op gewone non stainless lope? Ek neem aan dit is CLR en CLR is glo nie aanbeveel op staal wat nie stainless is nie. Kan enige iemand bevestig?
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by Smith223 »

Eight wrote: Wed Sep 01, 2021 9:24 pm Is die produk veilig op gewone non stainless lope? Ek neem aan dit is CLR en CLR is glo nie aanbeveel op staal wat nie stainless is nie. Kan enige iemand bevestig?
Gebruik maar net ‘n bore guide en moet nie laat dit op die ‘blueing’ van die staal kom nie.
Ek het perongeluk ‘n pel se Rem700 adl verander in vlekkie toe ons bietjie morsig was met skoonmaak en dadelik afgevee waar daar CLR op die staal gedrip het nie.
Ek maak steeds al my gewere met dit skoon, maar los dit nie uitermatig lank in die loop nie.
As jy gereeld jou geweer skoon maak( ek maak na elke skiet sessie skoon) is 4-6 nat lappies met so ‘n minuut tussen elkeen al wat dit vat voordat ek net koper sien in my loop.

Ek verkies dit steeds bo enige iets anders. Vir die carbon ring gebruik ek iosso na so 250skote nadat ek met CLR uit gehaal het wat ek kan.
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by Eight »

Dit werk uitstekend om carbon te verwyder maar ek dink nie ek wil iets in my lope gebruik as dit aanbeveel word om nie in die tipe staal te gebruik nie. Dis seker elke ou se keuse. Sal net nice gewees het as dit voor die tyd so kommunikeer was aangesien ek dit reeds gebruik het.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by Capt. Yoda »

EK gebruik dit van die dag wat CMH dit begin veskaf het in Sako lope, Custom Lope, CZ Lope, Blaser Lope selfs n paar ou Musgraves en almal lyk binne nog soos hul moet. Soos gese moet dit net nie op blueing los nie, eK het dit al n uur in n loop laat staan sonder enige probleem
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: CMH Barrel CLean

Post by Lategan1 »

Maroelas wrote: Sun Jan 31, 2021 6:35 pm Dankie Ruaanb, sal met hulle praat oor die adapter vir die ram stokke.
247 Hunter verkoop ook heelwat adapters.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: CMH Barrel CLean

Post by Lategan1 »

Eight wrote: Thu Sep 02, 2021 8:31 am Dit werk uitstekend om carbon te verwyder maar ek dink nie ek wil iets in my lope gebruik as dit aanbeveel word om nie in die tipe staal te gebruik nie. Dis seker elke ou se keuse. Sal net nice gewees het as dit voor die tyd so kommunikeer was aangesien ek dit reeds gebruik het.
Stel dit so, van wat ek hier lees, stel ook belang, in konteks.

Vir kompetisie skiet, chassis/onderstel tipe geweer, jou werks/bakkie/houtkolf/lamineer geweer wat hard gebruik word, gebruik dit want dit is blykbaar die beste. SS of staalblou met omsigtigheid.

Vir jou mooie Mauser, Sako, Brnu ZG47 en vele ander met mooi houtkolwe en staalblou loop, blyk nie die geskikte nie. Ek sal geensins die RISIKO loop in myne nie. Iemand bel jou net of jou vrou looi jou hier van agteraf of boetman soek pa se aandag, daar vergeet jy dit op en in jou loop!!

Daarvoor ‘elbow grease’ ek liewer 2minute langer.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by Capt. Yoda »

Ek sal kyk of ek nie so stukkie afval loop erens kan kry nie dan doen ons n toets en kyk of ons die staal kan seer maak met die sous
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by Eight »

Dankie Capt, as jy moontlik n stainless en n gewone loop kan toets en moontlik mates voor en na die tyd?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by Capt. Yoda »

Ek het klaar stubs van al 2 gekry. Sal so oor n week of wat seker by my wees. Vernier mates gaan jou nie baie kan se van die binne mates nie maar mens sal baie vinnig kan sien of die staal geedge word deur dit. Ek kan elk geval nie dink dit kan staal vreet nie. Soos ek se ek gebruik dit al lank in baie mooi en taamlik duur gewere en hulle is almal nog A ok

Tussen my en my pelle word dit seker in n miljoen Rand se gewere gebruik wa van daar gewere is wat oor n R100 000 elk kos, ek sou dit nie gebruik het as ek gedink het dit is skadelik nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: CMH Barrel CLean

Post by ruaanb »

Vryf net met n olie lappie op die blou staal lope voor jy begin en as jy klaar is. Nog nooit n issue opgetel nie en gebruik dit al n hele ruk.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: CMH Barrel CLean

Post by Lategan1 »

Capt. Oblivious wrote: Thu Sep 02, 2021 11:10 am Ek sal kyk of ek nie so stukkie afval loop erens kan kry nie dan doen ons n toets en kyk of ons die staal kan seer maak met die sous
Oblivious, enige resultate? Sal interessant wees.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by Capt. Yoda »

Ja ek het die toets gedoen, die probleem wat ek het is die "normale" staal stud wat ek gekry en gebruik het se bore het klaar nie reg gelyk nie so ek voel nie dit is regverdig om fotos van dit op te sit en die cleaner met enige iets te vergeleik nie maar kom ek se julle wat ek gesien het.

Ek het die CMH cleaner vir 2 dae in en bo op die "lope" gelos, elke ogend en middag na werk weer vars soos in gegooi.

Die SS stuk het soos n spiel geblink nadat ek die carbon cleaner skoon gemaak het na 2 dae, binne en buite was hy spotless.
Die gewone non SS stud het na 2 dae sulke merkies in gehad wat seker na edging sou lyk maar ek kon dit met n lappie en surgical spirits uit "polish", al wat ek kan dink is dat die carbon cleaner dalk van n reaksie gehad het met die staal en toe die carbon cleaner droog geword het het die "merkies" heel moontlik gevorm maar soos ek se ek kon dit verwyder met n bq tyd.

Soos ook al gese moet dit nie op blueing los nie, die is na so 2 ure gewees maar na 20min kon ek al klaar sien daar is n reaksie op die blou, ek kan eerlikwaar nie dien dat die goed enige iets aan enige loop se bore kan doen as jy dit gebruik soos voorgestel nie. Druk dit deur, gee hom so paar minute om te werk en haal dit uit.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by Eight »

Dankie Capt vir jou moeite. Ek moet se die goed week uitstekend om carbon uit te haal. Wou maar net seker wees dit is veilig om te gebruik.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2474
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: CMH Barrel CLean

Post by Nico Harris »

.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
Post Reply