Langafstand kaliber

User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by Capt. Yoda »

Al 2 gaan n loop eet jy praat nou van F1 karre, hier betaal jy vir die performance maar dit hang ook af wat jou standaard van akuraatheid is. As jy n V kol hou vir hou in Fope wil stamp op n 1000 gaan die loop se bruikare lewe nie baie meer as 1200 skote wees nie en dalk minder as n 1000 afhanginde hoe jy skiet. Vir gong skiet seker dam 2 keer dit en dalk nog n paar skote meer voor jy daai flyers begin kry.

Eugene se Savage 6.5-284 loop het naby 4000 skote gegaan as ek nou reg onthou (met n rechamber) voor hy hom vervang het. Ek dink met einige van die vinnige klas kalibers wat ons in comps gebruik score jy enige iets na 2500 skote uit n loop uit
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
ChristoK
Full Member
Full Member
Posts: 138
Joined: Sun Oct 08, 2017 11:11 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by ChristoK »

So baie keuses, ek neem aan om 'n geweer te laat bou is 'n baie lang proses?

Seker baie maande, en kan 'n mens dan eers vir die lisensie aansoek doen as die geweer klaar gebou is?
BRNO ZKK 600 30-06
BRNO 8x57
Howa 6.5 Creedmoor
Troy SPC A3
H&K P30
Beretta SP1 Field
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Langafstand kaliber

Post by Eugene »

ChristoK wrote:So baie keuses, ek neem aan om 'n geweer te laat bou is 'n baie lang proses?

Seker baie maande, en kan 'n mens dan eers vir die lisensie aansoek doen as die geweer klaar gebou is?
Dit het vir my onlangs langer geneem om die komponente op die Geweersmid se boeke te registreer, as wat dit gevat het om die toestemming om te bou te kry. Dit het presies 3 dae geneem om die toestemming te kry, maar voor dit 3 maande om die kompenente van die invoerder op die geweersmid se boeke te kry en toe weer amper 5 maande om die komponente as 'n kompleet geweer op die boeke te kry.....
Aim small, miss small
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am

Re: Langafstand kaliber

Post by Joe13 »

Christo wat het jy toe gekoop of besluit?
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
ChristoK
Full Member
Full Member
Posts: 138
Joined: Sun Oct 08, 2017 11:11 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by ChristoK »

Joe13 wrote:Christo wat het jy toe gekoop of besluit?
Ek het 'n 6.5 Creedmoor gekoop Joe.
BRNO ZKK 600 30-06
BRNO 8x57
Howa 6.5 Creedmoor
Troy SPC A3
H&K P30
Beretta SP1 Field
User avatar
Xplicitly
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Thu Apr 09, 2015 12:50 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by Xplicitly »

Na afloop van die naweek se skiet in Pretoria, sit ek nou in dieselfde bootjie.

Ek het met my 7mm Rem Mag geskiet, oor x-bag, Monte Carlo kolf en al. Nou, ek is oor die algemeen nie skrikkerig vir terugskop nie, maar die "50 Shades of Yellow" wat Maandag oggend op my skouer gesit het (ja, ek weet, mans praat nie daaroor nie), het my laat besef ek kort 'n baan geweer.

Ek het goedkeuring ontvang "in principle" van my minister van finansies om 'n geweer te laat bou.

Nou moet ek net besluit op kaliber. Maar daar is so baie! Ek kan nog nie eens besluit tussen 6mm, 6.5mm of 7mm nie.

Help? Hahahaha

Sent from my SM-G965F using Tapatalk
.22LR CBC, .375 Ruger Howa, 7mm Rem. Mag. Steyr Mannlicher
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by Arnold »

Waarvoor wil jy die geweer gebruik en hoe baie gaan jy hom gebruik?

Hier is maar 'n paar keuses :)

6 Creedmoor
6.5 Creedmoor
6.5-284
284 Win
7 RSAUM
300 WSM
300 WM
300 NM
338 LM
User avatar
Xplicitly
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Thu Apr 09, 2015 12:50 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by Xplicitly »

Wel, dit sal hoofsaaklik die geweer wees waarmee ek op die baan gaan speel (loop lewe) asook kompetisie skiet van 100m tot 1000m.

Min terugskop is belangrik, aangesien daar bane is waar blitsbrekers nie toegelaat word nie, en nie seker oor die regulasies by kompetisies rakende knaldempers nie? (Dit skakel goed soos die 300WM dus uit)

Wat is die maksimum looplengte wat op kompetisies toegelaat word? Die geweer sal nie sommer vir jag gebruik word nie, so ek kan 'n redelike loop opsit, binne gewigsperke.
.22LR CBC, .375 Ruger Howa, 7mm Rem. Mag. Steyr Mannlicher
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: Langafstand kaliber

Post by Pinkes »

Sal na 6.5mm kyk as dit jou voorkeur is. 6.5x284 sal mooi werk.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by Capt. Yoda »

Ja los die 6mms ons sukkel kla genoeg met koels
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by Arnold »

Xplicitly wrote:Wel, dit sal hoofsaaklik die geweer wees waarmee ek op die baan gaan speel (loop lewe) asook kompetisie skiet van 100m tot 1000m.

Min terugskop is belangrik, aangesien daar bane is waar blitsbrekers nie toegelaat word nie, en nie seker oor die regulasies by kompetisies rakende knaldempers nie? (Dit skakel goed soos die 300WM dus uit)

Wat is die maksimum looplengte wat op kompetisies toegelaat word? Die geweer sal nie sommer vir jag gebruik word nie, so ek kan 'n redelike loop opsit, binne gewigsperke.
Jou beskrywing van n 284 Win is goed :)

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: Langafstand kaliber

Post by Pinkes »

Capt. Oblivious wrote:Ja los die 6mms ons sukkel kla genoeg met koels

en windlees! :laugh:
User avatar
Xplicitly
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Thu Apr 09, 2015 12:50 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by Xplicitly »

Sovêr kyk ek na die 6.5x47 Lapua end die 6.5/284 Norma.

Nog nie na die 284 Win gekyk nie. Hmmmm....

Sent from my SM-G965F using Tapatalk
.22LR CBC, .375 Ruger Howa, 7mm Rem. Mag. Steyr Mannlicher
User avatar
Ammion
Hero Member
Hero Member
Posts: 571
Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am

Re: Langafstand kaliber

Post by Ammion »

6.5x47 Lapua
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by Witpietskiet »

Ek hoor 6.5x284 en lang loop lewe hoort nie in dieselfde sin nie...
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: Langafstand kaliber

Post by Pinkes »

Witpietskiet wrote:Ek hoor 6.5x284 en lang loop lewe hoort nie in dieselfde sin nie...
F-class manne wat hulle te warm skiet. Normale man sal baie beter looplewe kry.
User avatar
Xplicitly
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Thu Apr 09, 2015 12:50 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by Xplicitly »

Ek is ook bekommerd oor loop lewe op die 6.5/284. Help nie ek koop Ferrari sodat ek 100km/h kan rondry nie.

Sent from my SM-G965F using Tapatalk
.22LR CBC, .375 Ruger Howa, 7mm Rem. Mag. Steyr Mannlicher
User avatar
Haasvel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 296
Joined: Wed Mar 29, 2017 8:18 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by Haasvel »

Capt. Oblivious wrote:Ja los die 6mms ons sukkel kla genoeg met koels
+1Image

one shot, one kill - no luck, all skill
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Langafstand kaliber

Post by Hansieslim »

Ammion wrote:6.5x47 Lapua
As ek nog 'n 6.5 sal besit, sal dit so ene wees.

Ek ken nie die feite nie, maar ek wonder of hy minder aan 'n loop sal vreet as 'n 6.5 Creedmoor?
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Langafstand kaliber

Post by Andre308 »

Arnold wrote:
Xplicitly wrote:Wel, dit sal hoofsaaklik die geweer wees waarmee ek op die baan gaan speel (loop lewe) asook kompetisie skiet van 100m tot 1000m.

Min terugskop is belangrik, aangesien daar bane is waar blitsbrekers nie toegelaat word nie, en nie seker oor die regulasies by kompetisies rakende knaldempers nie? (Dit skakel goed soos die 300WM dus uit)

Wat is die maksimum looplengte wat op kompetisies toegelaat word? Die geweer sal nie sommer vir jag gebruik word nie, so ek kan 'n redelike loop opsit, binne gewigsperke.
Jou beskrywing van n 284 Win is goed :)

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Ek stem hier saam. Die 284 win of n 280AI is hier jou ding met n 1 in 9 of vinniger groef draai. Die 180gr + koele is dan die "in ding"

n 6.5 se pyp moet wit brand om saam met hierdie 7mm kalibers te draf in die wind.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by jankraay »

Witpietskiet wrote:Ek hoor 6.5x284 en lang loop lewe hoort nie in dieselfde sin nie...
Eie het vir jou daai 11.1.11 loop staan en vertel?

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by JPS »

jankraay wrote:
Witpietskiet wrote:Ek hoor 6.5x284 en lang loop lewe hoort nie in dieselfde sin nie...
Eie het vir jou daai 11.1.11 loop staan en vertel?

Sent from my iPhone using Tapatalk
Dit word algemeen “aanvaar” dat die 6.5x284 lope vreet en oor algemeen 1200 of selfs minder akurate (1/2moa en kleiner) has skote lewer. Maar dit kom van die tyd toe die 142smk geskiet was as die beste koeel in F klas kompetiesies waar die manne 20 skote strings skiet op ‘n slag 3 tot 4 keer in een dag se Skiet kompetiese. En daardie skote word geskiet in ‘n kondiesie waar die skoot loop so vinnig die skyf trekker kan merk en raam opstoot.

Dit is maar waar die 6.5 x284 die reputasie gekry het. En natuurlik is dit ook ‘n redelike overbore kaliber.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by jankraay »

Peet Blom het 3000+ skote gekry, Eugene het nou al 3000 skote deur sy loop en myne staan op 1800. Ek speel nie met n loop nie en ek dink almal weet dit.

Ek weet dit is waar dit vandaan kom maar ja daar is n paar manne wat daai se ding gou gou begrawe.

Enige 284 sal werk of hy 6.5mm of 7mm is
User avatar
Xplicitly
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Thu Apr 09, 2015 12:50 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by Xplicitly »

jankraay wrote:Peet Blom het 3000+ skote gekry, Eugene het nou al 3000 skote deur sy loop en myne staan op 1800. Ek speel nie met n loop nie en ek dink almal weet dit.

Ek weet dit is waar dit vandaan kom maar ja daar is n paar manne wat daai se ding gou gou begrawe.

Enige 284 sal werk of hy 6.5mm of 7mm isImageImage
Ek begin nou alhoemeer na die 6.5/284 toe neig. Ek is maar stout vir die 7mm. Maar ek weet ook wat in die 6.5 steek. So die 6.5/284 klink vir my na die wiel vir Sannie.

Sent from my SM-G965F using Tapatalk
.22LR CBC, .375 Ruger Howa, 7mm Rem. Mag. Steyr Mannlicher
User avatar
Xplicitly
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Thu Apr 09, 2015 12:50 pm

Re: Langafstand kaliber

Post by Xplicitly »

En die terugskop lyk op papier ook meer hanteerbaar vir die hoeveelheid skote wat mens op die baan skiet.

Sent from my SM-G965F using Tapatalk
.22LR CBC, .375 Ruger Howa, 7mm Rem. Mag. Steyr Mannlicher
Post Reply