Page 2 of 2
Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus
Posted: Sun Aug 26, 2018 1:38 pm
by JPS
Smitstertjies wrote:En toe hop daai 308 tot in die eerste plek! Welgedaan Julius!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Soos ek gesê het, Julius versaan van wind
Ons het daar op baan langs julle geskiet.
Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus
Posted: Sun Aug 26, 2018 3:22 pm
by Hercules Louw
Sangoma (IAN) wrote:Hercules Louw wrote:Ian, jou kop is nou in die openbaar op die blok, kan jy nou dink as Julius met sy 308 wat 3 keer hop op pad teiken toe jou gaan wen

Nie as ek sy elevation turret een omwenteling verder gan draai nie!!
Ian, en toe wen Julius met sy 308! Ai, die blinde sambok slaan darem hard nê
308 ses, meerkatgewere nul.
Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus
Posted: Sun Aug 26, 2018 6:04 pm
by Sangoma (IAN)
Dis ook net omdat ek daai ekstra omwentelling op sy SIGHTRON gedraai het.
Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus
Posted: Sun Aug 26, 2018 9:40 pm
by JPS
Sangoma (IAN) wrote:Dis ook net omdat ek daai ekstra omwentelling op sy SIGHTRON gedraai het.
Track die Sightrons dan so sleg

Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus
Posted: Mon Aug 27, 2018 9:22 am
by Dries Skiet
Welgedaan Julius. Ons het lekker langs Ian en Julius geskiet en kuier. Welgedaan aan Hercules en Johan met die reelings. Was n heerlike dag se skiet.
Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus
Posted: Mon Aug 27, 2018 7:31 pm
by Hercules Louw
Hieronder is die eerste 20 posisies en die kalibers wat gebruik is. Let daarop dat die eerste 6mm op die lys 'n gewone 243Win in die 19de plek is. Duidelik het die meerkatgewere nog niks bewys nie en sal hulle maar volgende jaar nog meer kruit moet gooi. Die tellings is uit 'n moontlike 150 punte.
1 - Julius Hartmann - 308 Win (133)
2 - Fritz Hagen - 284 Win (Lid van die wenspan) (132)
3 - P Janse van Rensburg - 7mm WSM (132)
4 - Derek Wade - 300 WSM (3de span) (132)
5 - G Clarke - 308 Win (128)
6 - J Jacobs - 308 Win (128)
7 - Flippie van Tonder - 6.5x47 Lapua (2de span) (128)
8 - Dries van Lingen - 260 Rem (127)
9 - AP Conradie - 284 Win (127)
10 - Anna-Marie van Tonder - 6.5x47 Lapua (2de span) (126)
11 - S Flink - 284 Win (Wenspan) (124)
12 - G Hugo - 300 WSM (123)
13 - A Wessels - 25-06 Rem (121)
14 - S Smith - 260 Rem (120)
15 - Henk Venter - 308 Win (3de span) (120)
16 - G de Beer - 308 Win (120)
17 - W Coleman - 6.5 Creedmoor (120)
18 - J Van der Colf - 308 Win (120)
19 - J Wessels - 243 Win (118)
20 - M Schoeman - 260 Rem (118)
Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus
Posted: Tue Aug 28, 2018 8:10 am
by Capt. Yoda
Die is heel moontlik die enigste komp in die wereld waar n 308 nog iets wen
Frits het ook mooi gegooi
Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus
Posted: Tue Aug 28, 2018 8:18 pm
by Krobb
Capt. Oblivious wrote:Die is heel moontlik die enigste komp in die wereld waar n 308 nog iets wen
Frits het ook mooi gegooi
Ook net een 6.5 Creed in die top 20.
Sou meer daar verwag het.
Sent from my SM-J105F using Tapatalk
Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus
Posted: Thu Jul 11, 2019 8:42 am
by Smitstertjies
Vind die skietdag weer plaas die jaar?
Re: Langafstand Skietkompetisie 25 Augustus
Posted: Thu Jul 11, 2019 11:03 am
by Hercules Louw
Ja, dit gaan op 31 Aug plaasvind, inligting sal binnekort uitgestuur word.