Page 2 of 2

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Wed Aug 15, 2018 8:13 am
by JacquesT (Stompe)
Dis hierdie tipe ding wat my 375 fonds sal bedonder. Baie netjies Geno, great om so iets vir jou pa te kan doen.

Groete

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Wed Feb 20, 2019 3:26 pm
by Geno
Ek en my pa was vandag gou baan toe om sy trajek en zero the bevestig met sy fireform rondtes. 87gr VMax teen 3230fps.
Daar was 'n fris dwarswind so ons kon sommer kyk hoe die roer in die wind ook skiet.
My pa het vir die lyf gemik en ek het die groep op die kop geskiet.
Die afstand is 300m gewees.
Oupa skiet my nogsteeds nou en dan in my kanon in ;D

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Wed Feb 20, 2019 4:00 pm
by Chevvy SS
Demmit!

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Wed Feb 20, 2019 6:01 pm
by Malan123
My hart bloei nou nog oor hierdie kolf. Bly jou pa geniet hom. Die toppies verstaan nog. My pa het nou die dag my swaro afgedraai na 5 vergroting om 'n bobbekaan op 600m te skiet. Man het hy my naam nou lekker gat gemaak.

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Thu Feb 21, 2019 8:07 am
by Geno
Malan123 wrote:My hart bloei nou nog oor hierdie kolf.
Dis regtig een van die lekkerste jag kolwe wat ek nog mee geskiet het. Sy dimensies en gewig is omtrent perfek vir n vlakte/jakkalsgeweer.

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Thu Feb 21, 2019 9:32 am
by tau
Netjies gedoen.

Mnr. Malan lyk my jy hou van mooi kolwe verkoop... :laugh:

Re: Howa Supreme Varmint kolf - Oorgedoen

Posted: Thu Feb 21, 2019 9:37 am
by Malan123
Dankie Geno, vryf nou maar sout in die wonde ;D

quote="tau"]Netjies gedoen.

Mnr. Malan lyk my jy hou van mooi kolwe verkoop... :laugh:[/quote]

Tau, jong partymaal jik mens se gat mos maar al weet jy nie hoekom nie. Change is as good as a holiday se hulle ;D