Page 2 of 2

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Fri Jul 06, 2018 7:31 pm
by JohanvB
Hansieslim wrote:Ai die mensdom. Plaas sê hy net hy weet nie wat is twist nie. 5 jaar gelede het ek ook nie geweet wat is twist nie en toe het ek al 'n geweer besit. As die arme man weet hoe hy nou hier bepraat word, sal hy heel afgesit wees met die skietgemeenskap. Ek is 100% seker ek't 5 jaar gelede ook sulke "swak feite" kwytgeraak. Gelukkig is ek telkens op die spot gou reggehelp...en het ek eerder respek gekry vir die skietgemeenskap.

Miskien roer ek nou hier iets aan waar ek eerder moes stilgebly het, maar dink julle nie dit is eerder julle (ek wil myself nog nie as kennisvol en ingelig beskou nie) plig om 'n onkundige ou (wat twak kwytraak wat hy self glo), eerder DADELIK reg te help en selfs te leer nie? Dalk sit jou kind more op die skietbaan langs 'n "cowboy" herlaaier en kry jou kind die seerste as cowboy se geweer ontplof. Ek sê maar net.

+1!

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Fri Jul 06, 2018 8:47 pm
by Alwin
Jammer, maar ek deel nie julle simpatie met die persoon nie. Daar was wel tye wat elkeen van ons niks geweet het nie, maar nie almal van ons het probeer voorgee dat ons volleerd was nie.

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Fri Jul 06, 2018 8:54 pm
by Gawie(13mm)
Hans, die feit wat my oortuig het dat daar geen salf aan die man te smeer is nie, is toe hy vir Oom Pieter vertel hy het self die geweer gebou! :o

Onkunde is nie 'n skande nie. Ek leen self gereeld oor na daardie kant, maar my vriende hier op Jaracal help dat ek nie te ver verdwaal nie. ;)

Om te baai in jou eie beterweterigheid is 'n dood-sonde.

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Sat Jul 07, 2018 5:19 am
by Hansieslim
Ek stem met julle albei saam, maar na die onlangse lelike ongeluk wat visueel op sosiale media versprei is, is ek persoonlik nog meer versigtig. As ek myself egter vasloop in 'n persoon met "beterweterigheid" of "onkunde" wat voogee dat hy "volleerd" is, het ek minder "simpatie" as voorheen...tog probeer ek my bes om aanvanklik "salf aan die man te smeer" in die hoop dat ek sy bubble saggies kan bars voor sy geweer se loop bars. As saggiese benadering nie werk nie, raak ek meer direk, draai ek nie doekies om nie en is ek selfs kwaai.

Jammer dat ek julle woorde gebruik, maar julle stel dit perfek.

Alles is gepak. Oppad Alldays toe vir n week.

"Baai"

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Sat Jul 07, 2018 6:14 am
by JohanvB

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Sat Jul 07, 2018 7:51 am
by Armand Steenkamp
Dis bitter moeilik om sommiges reg te help. Hulle glo net eenvoudig hulle skiet met n 243 winmag en klaar....

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Sat Jul 07, 2018 8:22 am
by henk.spioenkop
Ek koop nou die dag n Ou se SAKO TRG 42 in .338 LM. Deal is gedoen en daar kom 300 gelaaide rondtes saam, nuwe Lapua doppe, nog net 55 skote is geskiet met die geweer. Vra hom toe so terloops watter punte gelaai is en gewig? Hy weet toe nie die soort punte nie en hy dink die gewig is 110gr. Lyk my ek gaan 245 punte trek. Sou dit seker in elk geval gedoen het.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Sat Jul 07, 2018 8:48 am
by Gawie(13mm)
JohanvB wrote:Dalk nie so ongehoord nie...

http://www.silencertalk.com/forum/viewt ... 0&start=50
....maar onbevestig?
Daai man is "missing" na sy laaste plasing in 2010.
Was die foto's op gesigboek? ;D

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Sat Jul 07, 2018 9:33 am
by Messor
Party mense se dialek is maar nie so lekker nie.

Byvoorbeeld baie mense sal noem dat hulle self 'n geweer gebou het, maar hulle verwys na 'n geweer wat hulle laat bou het in plaas van 'n rak geweer.

Baie mense luister ook as hul gunsmith praat, maar hulle verstaan nie al die terme nie, so hulle raak deurmekaar tussen terme. Dis heel moontlik dat 'n persoon van 'n twist rate en rifling gehoor het, waar daar byvoorbeeld 4 groewe in die rifling is, en dan as iemand hom vra wat is sy twist dan sê hy 1 in 4 byvoorbeeld.

Mens moet maar op jou tande kners en so persoon reghelp.

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Sat Jul 07, 2018 10:18 am
by JohanvB
Ek wonder of oom Pieter reg gehoor het, kyk as hy daai oorpluisies in het kan jy maar 'n G 6 KANON langs hom skiet, hy sal nie eers reaksie toon nie!!

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Sat Jul 07, 2018 10:30 am
by joe rocket
Daar was een ou op die jag hy skiet n 6.5x55 en op 320m sê hy, hy vat dood tussen die bok se oë. Nou moet julle onthou die wind is 35 tot 55km/h uit 2 uur uit. Ek vra hom toe wat is jou wind skuif? Hy sê toe n 140gr Amax het nie windskuif nie, hulle bc is hoog. Ek vra sy spoed en wys hom op strelok dat daar op daardie afstand n 28cm windskuif is by 35km/h wind. Hy sê strelok lieg. Nou ja wie is ek. Just smile and wave en hou maar jou bek. :laugh:

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Sat Jul 07, 2018 10:32 am
by joe rocket
JohanvB wrote:Ek wonder of oom Pieter reg gehoor het, kyk as hy daai oorpluisies in het kan jy maar 'n G 6 KANON langs hom skiet, hy sal nie eers reaksie toon nie!!
Jy is dood seker dit was nie jy wat langs die oom gesit het nie? ++>:

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Sat Jul 07, 2018 10:33 am
by BSniperEM
Hier is iets interessant... ek se nie die man praat reg/verkeerd nie... maar as mens spesifiek oor 1:4 twist praat.

???

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Sat Jul 07, 2018 10:37 am
by JohanvB
images.jpeg
joe rocket wrote:
JohanvB wrote:Ek wonder of oom Pieter reg gehoor het, kyk as hy daai oorpluisies in het kan jy maar 'n G 6 KANON langs hom skiet, hy sal nie eers reaksie toon nie!!
Jy is dood seker dit was nie jy wat langs die oom gesit het nie? ++>:

Re: Loop se "twist" - Kan dit waar wees?

Posted: Sat Jul 07, 2018 1:15 pm
by alecjohnson
BSniperEM wrote:Hier is iets interessant... ek se nie die man praat reg/verkeerd nie... maar as mens spesifiek oor 1:4 twist praat.

???

Dis nou baie interesant, nou weet ons dit bestaan, watter koeël lengte sal vir hom werk? en wat van groewe spring gaan dit nie met so 'n vinnige twist gebeur nie?

Ek dink nou dit is dalk wat nodig is om goeie akurate subsoniese ladings te skiet?