Met S321 behoort jy veilig 2900fps te kan haal. Dit sal jou Sg effens opstoot, maar nie genoeg vir gebruik by seevlak nie. Op die hoëveld sal daai kombinasie lekker werk.
Ek sien dat die koeëls met plastiekpunte effens langer is as HPBT tipes van dieselfde gewig. Die HPBT sal dus beter stabiliteit gee. Probeer maar om ten minste 'n Sg van 1,5 te haal vir beste resultate.
Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel
Posted: Mon May 14, 2018 3:02 pm
by Dumbluck
Alwin wrote:Dit lyk na 'n 24" loop daai?
Met S321 behoort jy veilig 2900fps te kan haal. Dit sal jou Sg effens opstoot, maar nie genoeg vir gebruik by seevlak nie. Op die hoëveld sal daai kombinasie lekker werk.
Ek sien dat die koeëls met plastiekpunte effens langer is as HPBT tipes van dieselfde gewig. Die HPBT sal dus beter stabiliteit gee. Probeer maar om ten minste 'n Sg van 1,5 te haal vir beste resultate.
Dankie, ek het my oog op 70gr Nosler RDF, G7 0.211 Teen 2900fps is sy GS 1.44, tyd sal leer of hy gaan saamwerk. Ek weet van iemand by die kus wat 69gr SMK skiet teen 2900fps so ek hoop ek kan ook daar uitkom. Hy se ook hy het sukses met 'n 77gr koeël, so als klink belowend. As ek wel iets ligter moet skiet is dit ook nie die einde van die wereld nie.
Die wag gaan net lank wees, ek het Sondag gevlieg en sit op see vir 6 weke, sal eers aansoek kan ingee as ek weer terug is.
Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel
Posted: Sat May 19, 2018 6:25 am
by roboman
I have the howa 1 in 9 223 rem 24. I have tried all the bullet types and weights. I get the best from vmax 55gr on 341 powder. 26.6gr coal 58.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel
Posted: Sat May 19, 2018 6:26 am
by roboman
Pls use the load with caution. It's in lapua brass 30.1 h2o capacity. Most other cases are smaller.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel
Posted: Fri Aug 17, 2018 8:10 pm
by Dumbluck
Het vanoggend dies en doppe betaal vir die 223 en vanaand 'n scope ook raakgeloop. Nou kan sy kaartjie ma kom!
Baie netjies, nogal klaar met ‘n fluted barrel ook. Hoekom het jy hom nie sommer in daai chassisi gevat nie, is hy maar bietjie duur?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel
Posted: Sat Aug 18, 2018 6:22 am
by Andre308
Dit is n bul scope daai vir sy geld!!!
Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel
Posted: Sat Aug 18, 2018 7:19 am
by Dumbluck
Baie dankie ouens, ek is al so opgewonde om die geweer aan die skiet te kry.
Springkudu wrote:Baie netjies, nogal klaar met ‘n fluted barrel ook. Hoekom het jy hom nie sommer in daai chassisi gevat nie, is hy maar bietjie duur?
Ja hulle soek 'n MDT se geld vir daai chassis. Ek het ook 'n review op YouTube gesien wat praat oor die play op die buttstock en toe ek hom hanteer toe voel ek dit is so. Ek gaan hom eers net so skiet met die Hogue, dit was van die begin af veronderstel om 'n budget build te wees Sal hom graag in 'n kolf wil sit met verstelbare wangstuk op 'n latere stadium, as hy eers aan mekaar is sal ek sien hoeveel dit pla om 'n mooi prentjie in die scope te kry. Of ekskuus, ek sal kyk of my meisie sukkel, dit is mos eintlik haar geweer
Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel
Posted: Sat Aug 18, 2018 7:41 am
by Springkudu
Jys gelukkig dat jou mooier helfte die sport met jou deel. Kyk mooi na haar, en na die geweer
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel
Posted: Sat Aug 18, 2018 10:34 am
by Dumbluck
Springkudu wrote:Jys gelukkig dat jou mooier helfte die sport met jou deel. Kyk mooi na haar, en na die geweer
Thanks ja sy is game vir als, ek is baie gelukkig. Ek is die helfte van die jaar op see so sy doen als saam as ek by die huis is, anders gaan sy my nie sien nie. 'n Jaar terug kon sy skaars swem, nou duik sy in die koue weskus water saam met my en het April 'n freedive kursus ook gedoen in Thailand. As ek nou weer by die huis kom gaan ek haar laat vis skiet
Aansoek ingehandig 29 Junie in St Helenabaai, Sec16 Dedicated Sport Shooting.
Goedgekeur 28 September. 3maande op die kop, nou die wag vir die kaartjies
Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel
Posted: Thu Dec 06, 2018 9:18 am
by Dumbluck
Kaartjies het gekom, geweer opgetel by Gunshop en afgelaai by Gunsmith om die loop te draai, kan Dinsdag gaan optel.
Het gisteraand solank 'n paar toets ladings gelaai wat ek met QL bymekaar gekry het. Volgende week kan ek skietbaan toe.
Baie baie geluk! Met die mooi nooi en met die nuwe roer! Daar is weagtag min dinge so lekker soos n nuwe roer!
Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel
Posted: Wed Dec 26, 2018 7:54 pm
by Dumbluck
O hel ek maak myself nou oop vir baie kritiek en k@khap ma die see was aan toe ek by die huis was en ek was verveeld voor my geweer gekom het. Nou sit ek offshore en het tyd om bietjie videos te edit.
So kyk ma as jy verveeld is en vertel my wat ek als verkeerd doen, ek speel lekker en hou myself uit die bar uit
Ek het nou 100 doppe so geprep en sal later akkuraatheid toets tussen hulle en doppe wat nie aan geraak is nie.
Ek het nog nie regtig videos gesien op youtube gesien waar ouens so wys hoe hulle die dinge doen nie. Dis ma hoe ek dit doen. Ek hoor graag wat dink julle.
Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel
Posted: Thu Dec 27, 2018 8:03 pm
by BeesBreet
Dumbluck, baie goeie video wat iemand sal help as hy dit as hy die regte goed search op die “google” dis immers hoe baie van ons op Jaracal afgekom het.
Ha ha maar ja ek sou hul eers net laai met n fireform lading en laat waai voor ek so ernstig begin prep, maar ja jy sit die effort in en dit sal vrugte dra.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel
Posted: Thu Dec 27, 2018 9:44 pm
by Dumbluck
BeesBreet wrote:Dumbluck, baie goeie video wat iemand sal help as hy dit as hy die regte goed search op die “google” dis immers hoe baie van ons op Jaracal afgekom het.
Ha ha maar ja ek sou hul eers net laai met n fireform lading en laat waai voor ek so ernstig begin prep, maar ja jy sit die effort in en dit sal vrugte dra.
Baie dankie, ek het tyd gehad en was eintlik maar verveeld toe speel ek bietjie. Ek het 50 skote deur die geweer en my toets ladings was net so 10fps laer as wat ek verwag het.
Ek het vergeet om dopvolume en looplengte te meet voor ek by die huis weg is so ek was van plan om al daai inligting van die eerste groeperings eers later hier te sit as ek alles het, dan die QL boffins my ook bietjie in die regte rigting help.
Wat ek wel gevind het toe ek begin seat is dat die nuwe doppe se nekke te klein is, 'n gelaaide dop se nek meet 0.250" en die nuwe een 0.248". Daai 2 thou neck tension het veroorsaak dat al die punte 'n ring om het van die seating die. Ek kon ook voel aan die press die seating voel grof en stywer op party patrone as ander, natuurlik daarme was die tpl ook nie baie konstant nie. Ek hoop maar dit is die hoof oorsaak van die slegte ES. Ek het 'n 0.249" bushing gekoop vir as ek begin laai ma soek nou graag 'n expander mandrell om my ander 250 doppe se nekke reg te rek voor ek hulle laai. Anders gaan ek die sizing die se expander moet deurdruk, of 'n carbide button kit kry vir die "die" en hom deurwerk. Sal ma sien. Om die ander 250 net so te laai gaan 'n mors van tyd wees, wil graag die neck tension regkry.
Ek moet ook nog die sprong na die lande meet en sal dit ook aanpas na so 40thou.
Ek gesels nou so lekker gewere met myself ek gooi sommer solank die data wat ek het. Eerste 10 skote is na elke skoot skoongemaak. Ek like my Labradar kwaai en meet sommer elke skoot. Daarna 5 skoot goeperings, die een met 3 skote het ek net vergeet om die LR te arm. Ek wou by 2930fps uitgekom het, as ek nou al die data kry sal ek my somme weer doen op QL en kyk waar ek moet uitkom.
Nuwe Lapua Doppe
VV N530
BR4 Primers
69gr SMK 1380
TPL 2.300"
Die teiken is op 100m en ek het ongelukkig nie kop gehou watse series skote by watter groep pas nie. Het daai dag 3 gewere gelyk geskiet, nuwe .22 ook groepe geskiet en tussen deur gonge geklap met die 308 net vir die lekkerte. Ek kry ma min kans vir skiet. Ek weet dis dag 1 ma ek is bietjie teleurgesteld in die groepe, daai blokkies is 7.2mm/0.25moa so my kleinste groep was 3/4moa. Ek moet seker darm eers met once fired doppe skiet, TPL regkry ens voor ek 'n ander kolf gaan koop, ma ek het 'n groot jeuk. Soek so graag 'n Bell & Carlson,ma niemand wil verkoop nie skimp skimp...
Sal graag nog steenvas wil kry en die kolf volmaak, met die Atlas heel voor beweeg daai kolf soos baie as mens gaan lê agter hom.
Ek het redelik aan die kante voor en onder die loop rubber weggesny in die hoop laat hy nie sal raak nie.
Hi Adri. Is dit die gewone kort lengte aksie? As jou loop gesettle het en die doppe gefire form is sal die es beter raak- ek sou nie nou teveel worrie nie. Groepe gaan ook beter raak.
Jou neck tension wat 2thou is- is jy seker daaroor? My dasher het 2thou tension en sy koeëls seat baie maklik. Nie dalk iets anders wat dit veroorsaak nie? N gewone fl die gee heelwat meer neck tension as 2thou en dan seat koeëls nog fine.
Ek het vir my n 223 mini aksie gekoop- so ek volg met groot belangstelling. Gaan myne vir n bakkie geweer gebruik.
Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel
Posted: Fri Dec 28, 2018 12:50 pm
by Dumbluck
Nico Harris wrote:Hi Adri. Is dit die gewone kort lengte aksie? As jou loop gesettle het en die doppe gefire form is sal die es beter raak- ek sou nie nou teveel worrie nie. Groepe gaan ook beter raak.
Jou neck tension wat 2thou is- is jy seker daaroor? My dasher het 2thou tension en sy koeëls seat baie maklik. Nie dalk iets anders wat dit veroorsaak nie? N gewone fl die gee heelwat meer neck tension as 2thou en dan seat koeëls nog fine.
Ek het vir my n 223 mini aksie gekoop- so ek volg met groot belangstelling. Gaan myne vir n bakkie geweer gebruik.
Jong ek sal alles weer mooi gaan meet as ek by die huis kom, ma ek is redelik seker.
Hy los defnitief ringe op die koeëlpunte. Ek gebruik 'n Redding Competition seating die so dalk het dit iets te doen met die vorm van die seating stem of die feit dat die hele dop in 'n sleeve sit.
Ek kan wel se ek vind dieselfde met die competition seating dies op my 308 en 260, as die neck tension net bietjie styf is los hy vinnig 'n merk op die koeelpunt. Ek werk op hulle ook net met 1 tot 1.5 thou neck tension.
Ek het nogal gejeuk vir die mini aksie maar was bang ek sukkel met goed soos 'n rail en kolwe. Die kort aksie onderdele is volop. Natuurlik was die een ook beskikbaar en ek was haastig
Ek sien Gunwarrior maak 'n mooi trigger guard/bottom metal wat magasyne vat. Wil net in die nuwejaar uitvind of daar 'n 223 magasyn beskikbaar is en of hy mooi werk. Soek 2x 10skoot magasyne.
Ek moet seker die standaard kolf 'n kans gee maar sal verkies om iets te kry met 'n verstelbare wangstuk. Om die scope mooi op te lign is my meisie se grootste probleem as ons gaan skiet. Hoe makliker/lekkerder ek dit vir haar maak, hoe meer gaan sy wil gaan skiet
Hy kan al klaar sy doel verrig waarvoor hy gekoop is. Die geweer skiet mooi genoeg laat ek die ander 250 patrone net kan laai en sy kan heeltyd net lê en gonge skiet. So ek is happy. As daai doppe eers gefireform is en kolf styf gemaak is dink ek hy gaan my nog verbaas Ek sien uit.
Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel
Posted: Fri Dec 28, 2018 1:10 pm
by Nico Harris
Ok kan dan dalk daai seating stem wees. My dasher het ek seker 50 skote geskiet met die hogue kolf- beste was .75” met fire form. Daarna die kolf geruil en met die volgende batch fire form het hy onder .5” gehou.
Waar het jy die lapua doppe gekoop.
Die mini aksie het n harde plastic kolf- lyk beter as die hoque. My vriend se 223 met die tipe kolf skiet .3”.
Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel
Posted: Fri Dec 28, 2018 2:27 pm
by Dumbluck
Nico Harris wrote:Ok kan dan dalk daai seating stem wees. My dasher het ek seker 50 skote geskiet met die hogue kolf- beste was .75” met fire form. Daarna die kolf geruil en met die volgende batch fire form het hy onder .5” gehou.
Waar het jy die lapua doppe gekoop.
Die mini aksie het n harde plastic kolf- lyk beter as die hoque. My vriend se 223 met die tipe kolf skiet .3”.
Doppe en dies Augustus al by Quenets gekoop, Ockert is op die ball. Jy vra hom net een keer vir 'n ding en hy gee konstant terugvoer oor jou bestelling.
Ja ek sal sien waar ek uitkom met die kolf. Hou ma my oë oop vir 'n bargain.
Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel
Posted: Fri Dec 28, 2018 2:47 pm
by Nico Harris
Ek wil uiteindelik n warrior opvou kolf opsit.
Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel
Posted: Fri Dec 28, 2018 2:59 pm
by Gian_dP
Dumbluck,
Jy kan bietjie grafietpoeier of "Dry neck lube" gebruik om koeels makliker te seat. Met die tweede laaislag sal die bietjie koolstof wat in die dop se nek agterbly ook help.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Howa 223rem 1:9 Heavy Barrel
Posted: Fri Dec 28, 2018 6:09 pm
by Dumbluck
Gian_dP wrote:Dumbluck,
Jy kan bietjie grafietpoeier of "Dry neck lube" gebruik om koeels makliker te seat. Met die tweede laaislag sal die bietjie koolstof wat in die dop se nek agterbly ook help.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Dankie ek sal dit probeer. Ek het aan die begin genecksize daarme ma dit het press so vuil gemaak ek het gestop. Ek sal kyk op hierdie eerste laai slag of dit 'n verskil maak.