Lekker kopskoot roer vir Medium afstande op Medium wild.

Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Lekker kopskoot roer vir Medium afstande op Medium wild.

Post by Apie »

geelslang wrote:Naand manne

Ek sal graag julle opinie wil he rakende watter kaliber julle sou aanbeveel vir kopskote op klein tot medium wild (Springbok tot maksimum koedoe) op afstande van 100m tot 400m?

Ek skiet tans hierdie tipe skote met my Dasher maar sal graag 'n tweede roer wil aanskaf vir hierdie tipe werk. Verkieslik iets groter met 'n spoed van minimum 2900fps.

Ek luister graag.

Groete Geelslang
RSA aksie
32 duim loop
Dertig Agt
150grein Ballistic tip
2950fps.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
geelslang
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm

Re: Lekker kopskoot roer vir Medium afstande op Medium wild.

Post by geelslang »

Ek het al twee van die magnums geskiet, hoewel hulle n bok lekker hard stamp en sy kop heel stukkend skiet is ek nie mal oor hulle nie. Gebruik darm bitter baie kruit en recoil te veel vir wat ek met hom wil doen.

Dink ek gaan die 6.5x55AI probeer. Kan redelik ver kom met so roer en 123Amax/Eld selfs 107 smk sal werk....
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Lekker kopskoot roer vir Medium afstande op Medium wild.

Post by Armand Steenkamp »

Geelslang jy kan ook kyk na die 95gr Vmaxin die Ackley glo ek sal jy 3300fps kry as hulle bymekaar bly met die 1in8 twist. Jy kan ook kyk na doe Lapua scenar 108 gr! Dis my plan volgende
User avatar
Dolf014
Hero Member
Hero Member
Posts: 533
Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm

Re: Lekker kopskoot roer vir Medium afstande op Medium wild.

Post by Dolf014 »

Ek hou ook van kopskoot skiet omdat ek self my vleis bewerk.
Maar my vertroue raak min op die langer afstande.
Dis hoekom ek so goed is met bekruip ;D

Die keuse van teleskoop is seker net so belangrik soos die keuse van geweer?
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Lekker kopskoot roer vir Medium afstande op Medium wild.

Post by Hansieslim »

Net n vraag...Hoekom die 6.5x55 Ackley as mens reeds gemaklik 2900fps met 123gr pitte kry?
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2130
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Lekker kopskoot roer vir Medium afstande op Medium wild.

Post by Malan123 »

Ackley gaan darrem nie net oor ekstra spoed nie. Vir my is die ackley dop design beter en in baie kalibers lyk hy ook vir my mooier. Hier iewers is 'n skrywe oor al die voordele van ackley in sekere kalibers - ek kan dit net nie nou kry nie
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Lekker kopskoot roer vir Medium afstande op Medium wild.

Post by Armand Steenkamp »

Hansieslim wrote:Net n vraag...Hoekom die 6.5x55 Ackley as mens reeds gemaklik 2900fps met 123gr pitte kry?
Haha hans wie het gese dis die hoogste spoed wat ek kry? Probleem is ny loop is net 22duim so dit briek my.
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Lekker kopskoot roer vir Medium afstande op Medium wild.

Post by Hansieslim »

Armand...

Saag dan nog 2 duim af (of was dit 3") soos met daai .303 van jou. Langer loop is mos meer wrywing...of hoe dan nou?

Baie geluk met jou mooi/oulike artikel in Oom Koos Barnard se sagteband leesboekie. Ek het lekker gelees en lekker gesmile. EK kan sien Oom Koos het darem ietwat ge-edit maar glad nie die streektaal uitgesny nie.

Ek sê darem nie 2900 fps was jou hoogste spoed met 123gr nie. Ek weet net dat ek naby 3000fps met 123greiners gedraai het toe ek gesoek het na n lading vir my 6.5x55...wat nie ge-Ackley was/is en nooit sal wees nie.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Lekker kopskoot roer vir Medium afstande op Medium wild.

Post by Hansieslim »

Malan...

Ek stem saam met jou dat n Ackley dop mooi is. Ek stem ook saam dat daar sekere voordele is aan Ackley. Ek is egter van mening meeste mense (en ek mag ook verkeerd wees) doen maar die Ackley ding vir extra spoed. Al wat ek sê, is dat mens reeds gemaklik 2900fps met 123gr kan kry uit n 6.5x55.

Ek het n nuwe denkrigting hieroor maar ek wil nie hierdie post hi-jack nie en gaan n "Nuwe klip inni bos" gooi.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
geelslang
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm

Re: Lekker kopskoot roer vir Medium afstande op Medium wild.

Post by geelslang »

So ons weet nou watter kaliber, koeel en spoed lekker sal werk, watter scope sal werk vir hierdie werk? Tactical of gewone scope, vergroting en reticle?
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Lekker kopskoot roer vir Medium afstande op Medium wild.

Post by Williel »

My keuse is Swarovski Z5 5-25x52 BT 4W
Groete, Willie
geelslang
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm

Re: Lekker kopskoot roer vir Medium afstande op Medium wild.

Post by geelslang »

Ek gebruik tans die Leupold LRP en hy werk ook baie mooi. Ek hold egter meer as wat ek dial
Post Reply