Page 2 of 27
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Thu Dec 28, 2017 10:11 am
by Ali308
More almal.
Wat is julle gevoel om met 2 callers te roep wat op verskilende plekke ge plaas word om self dan n n "combo" te maak?
ek het dit so ruk terug begin doen en dit werk vir my.
Hoor graag.
lekker dag
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Thu Dec 28, 2017 11:17 am
by ricus 1
Hallo almal. Waar kan mens kwe kwe haas in die hande kry?
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Thu Dec 28, 2017 6:18 pm
by NicoSmit
Kwe Kwe haas is 'n combo van 'n haas met konstipasie en en 'n ander een met gypoguts
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Thu Dec 28, 2017 7:54 pm
by Hugo S
Ha ha ha ha
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Sat Dec 30, 2017 8:52 am
by WicusdP
Ek is nie 'n jakkalsjagter nie maar dit interesseer my baie en ek geniet die kenners se stories en advies.
Het vroeër die jaar met 'n spesialis jakkals-man gesels wat aan meeste van jul bekend is daar naby Grunau.
Wat is die slim manne se opinie oor die kleur van die jag-kar?
Het al 'n jag bakkie gesien wat bloedrooi is asook 'n silwer bakkie met 'n skietstoel agter op.....het my bedenkinge hieroor maar ek is nie 'n kenner nie.
Wat sê die kenners?
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Sat Dec 30, 2017 10:35 am
by Gian_dP
WicusdP wrote:Ek is nie 'n jakkalsjagter nie maar dit interesseer my baie en ek geniet die kenners se stories en advies.
Het vroeër die jaar met 'n spesialis jakkals-man gesels wat aan meeste van jul bekend is daar naby Grunau.
Wat is die slim manne se opinie oor die kleur van die jag-kar?
Het al 'n jag bakkie gesien wat bloedrooi is asook 'n silwer bakkie met 'n skietstoel agter op.....het my bedenkinge hieroor maar ek is nie 'n kenner nie.
Wat sê die kenners?
Tik "bakkie kleur" in die "Search" deel. Daar is baie inligting. Sover ek verstaan is donker/camo maar die beste om ongediertes te jag.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?t=38070
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?t=27424
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Sat Dec 30, 2017 6:40 pm
by NicoSmit
niks fout met rooi nie maar die silwer kan 'n probleem raak
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Sun Dec 31, 2017 11:19 am
by naas222
Hallo...
Het nou die aand met wit bakkie gegaan... al het ek jonges geskiet kon n mens aan hul inkom/ gedrag sien hul kyk meer vir die wit bakkie as roeper..
Ek verf myne bruin met n produk wat ek by Build It koop.. Powafix se Sement Oxide..hy kom so donker grys uit..
Meng net met water en verf met n bree kwas aan.. 2 keer..
dann power washer en bitji vryf maar hy kom weer mooi wit... verf veral die chrome mooi toe.. dit help verseker
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Wed Jan 03, 2018 8:31 am
by Stoffel van Dyk
Hallo Ali308
Ek werk 2 roepers. Dit help veral as die wind draai. Ek skiet Klein Karoo en daar stoot die windjie SW tot so +-9uur die aand en swaai dan na n O. dit het my al sleg gevang. So my eerste roep gebruik ek die 2de roeper gereeld. Sit hulle 45grade wind af op die O beide kante van die bakkie of ene 45grade wind af op die O en anner ene 45grade wind af vir die SW.
Ek het al 1 of 2 gekry wat onder my wind is en dan keer ek dat hy die bakkie kruis deur dan die naaste roeper aan hom te gebruik. Soms steek hulle net daar vas en kom niks verder nie, maar meestal gaan hulle na die nuwe klank toe. Ek redeneer die ene wat stop en niks verder nie en ek skiet hom nie is minder slim as die ene wat my wind kruis en ek skiet hom nie.
Ek het nog nie duette gespeel met jakkalsklanke net 2 roepers nie. Daai social interaksie is nog te duister vir my
groete
Stoffel
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Fri Jan 05, 2018 10:00 am
by stefan.bester3
More almal.
Ek was bietjie met vakansie. (1 voordeel van die onderwys!!!

)
Reageer en kom die jonges al op kos klanke? Of is dit nog bietjie vroeg?
Kom ons doen bietjie ñ opname van 2017 werpsels en klanke.
Bv: 2 jonges Januarie 2018 - kos klank - Vrystaat
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Fri Jan 05, 2018 10:13 am
by naas222
more...
Cullinan area.. oos Gauteng
desember 2017... 3 jonges.. elsneus
4 jonges... vlekie d.. klein ore
desember 2017.. jaar oud teef... jak aleen... klein ore..
nog nie kans gehad vir 2018 nie
groete
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Sat Jan 06, 2018 2:55 pm
by BobFrosty
Middag
Het 2 jonges met mond geroep. Noord-kaap en 2 jonges met ore-2
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Sat Jan 06, 2018 3:01 pm
by BobFrosty
Weet julle waar kan ek paljas klanke koop?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Sat Jan 06, 2018 3:59 pm
by Geno
Ons verkoop die CDs.
R250 elk.
Bestel by
geno@ggvarminting.co.za
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Sat Jan 06, 2018 4:06 pm
by BobFrosty
dankie het epos gestuur
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Wed Jan 10, 2018 8:27 am
by Witlomu
More More,
Des 2017 2 jonges en Reun. Reun en een jonge raak gelig, toe elsneus en klein jak distress net laang stiltes 2de jonge in gebring.
Des 2017 3 jonges met vlekkie D en toe raak gelig.
Jan 2018 6 jonges(hulle was al bietjie ouer, besig om te jag ver van gate en klaar n paar klein lammers gevang) het hulle met vlekkie E geroep en toe kos....toe weer na so 45min Vlekkie E toe kom hul nie nader toe ry ek na hulle toe. Lank gesit en gekyk toe sien ek hul ini vlaktes besig om hase te jag, soeel toe ore 1 en hulle stop om te kyk maar hou toe aan jag, springbok lam en hulle stop weer en kyk toe hou hul aan jag...toe speel ek freaky squeaks....toe kom hul in gestorm. Ouers was nerens
Alles in die Karoo (Somerset Oos) omgewing
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Wed Jan 10, 2018 8:36 am
by Geno
Witlomu wrote:
Jan 2018 6 jonges(hulle was al bietjie ouer, besig om te jag ver van gate en klaar n paar klein lammers gevang) het hulle met vlekkie E geroep en toe kos....toe weer na so 45min Vlekkie E toe kom hul nie nader toe ry ek na hulle toe. Lank gesit en gekyk toe sien ek hul ini vlaktes besig om hase te jag, soeel toe ore 1 en hulle stop om te kyk maar hou toe aan jag, springbok lam en hulle stop weer en kyk toe hou hul aan jag...toe speel ek freaky squeaks....toe kom hul in gestorm. Ouers was nerens
Probeer bietjie Tafjak8 of Baklei4 gemeng met ore 2. Werk gewoonlik beter as net 'n kosklank om hul aandag te trek.
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Wed Jan 10, 2018 8:59 am
by Witlomu
Thanx Geno ek sal verseker hom probeer, ek het nog nie veel jonges geskiet nie, die jaghonde vang hulle gewoonlik dan moet ek maar net die ouers sukkel, so nog min ervaring met die klein bliksems.
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Thu Jan 11, 2018 7:02 pm
by BobFrosty
Naand almal het maandag aand 6 jonges en 1 mooi reun geskiet. Elsneus en klein jak dist gespeel en dan jackrabbit dist het nogal mooi gewerk vir my. Het reun met marmot gevang. Groete[IMG]
//uploads.tapatalk-cdn.com/201801 ... d81fed.jpg[/IMG][IMG]
//uploads.tapatalk-cdn.com/201801 ... fbb332.jpg[/IMG]
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Sat Jan 13, 2018 3:47 pm
by BobFrosty
Middag almal. Ek het n vraag rakende dag jagte. Kan mens heeldag probeer jakkals roep soos wat hulle coyotes jag of is daar sekere tye wat beter werk.
Groete BobFrosty
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Sat Jan 13, 2018 4:47 pm
by Malan123
Baie vroegoggend of so uur voor donker is maar die beste tye vir dagroep.
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Sat Jan 13, 2018 4:51 pm
by BobFrosty
Malan123 wrote:Baie vroegoggend of so uur voor donker is maar die beste tye vir dagroep.
Dankie Malan123
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Sat Jan 13, 2018 5:16 pm
by Malan123
Ek verkies laat middag, dan gaan jy in die aand in. Vroegoggend moet jy donker al sit.
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Sun Jan 14, 2018 6:54 am
by Geno
Ek het al n paar maal so gemaak en het sukses behaal.
Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae
Posted: Tue Jan 16, 2018 9:33 pm
by ricus 1
Wat se julle van die maan. Volmaan of donker maan. Ek weet die katte hou van donker maan maar die jakkalse moet tog eet?