Page 2 of 6
Nuwe Bande
Posted: Tue Nov 28, 2017 6:21 pm
by Francoisv
Ek moet ook bande vervang. Wat sal die beste koop wees? Meestal teer. 265/65R17
Goodyear Wrangler R2050
Cooper AT3 R1800
General Grabber R2000
Bridgest Dueler D693 R1890
Bridgest Dueler D694 R2100
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Nuwe Bande
Posted: Tue Nov 28, 2017 6:37 pm
by Supacow
Grabber
Re: Nuwe Bande
Posted: Tue Nov 28, 2017 6:48 pm
by Apie
Enigeiets behalwe die Wrangler.
Hulle loop net in die middel af....
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Nuwe Bande
Posted: Tue Nov 28, 2017 7:18 pm
by skollie
Francoisv wrote:Ek moet ook bande vervang. Wat sal die beste koop wees? Meestal teer. 265/65R17
Goodyear Wrangler R2050
Cooper AT3 R1800
General Grabber R2000
Bridgest Dueler D693 R1890
Bridgest Dueler D694 R2100
Sent from my iPhone using Tapatalk
Cooper AT3 kry my vote........ nie seker op watter model van die AT3 Discoverer jy prys gee nie? (sal nie die LT wees nie) Daai prys is seker vir die Discoverer Sport
Daar is ook nou 'n promosie op hulle sien ek nou
https://www.coopertyres.co.za/Promotion
Sent from my SM-T815 using Tapatalk
Re: Nuwe Bande
Posted: Tue Nov 28, 2017 8:07 pm
by Francoisv
skollie wrote:Francoisv wrote:Ek moet ook bande vervang. Wat sal die beste koop wees? Meestal teer. 265/65R17
Goodyear Wrangler R2050
Cooper AT3 R1800
General Grabber R2000
Bridgest Dueler D693 R1890
Bridgest Dueler D694 R2100
Sent from my iPhone using Tapatalk
Cooper AT3 kry my vote........ nie seker op watter model van die AT3 Discoverer jy prys gee nie? (sal nie die LT wees nie) Daai prys is seker vir die Discoverer Sport
Daar is ook nou 'n promosie op hulle sien ek nou
https://www.coopertyres.co.za/Promotion
Sent from my SM-T815 using Tapatalk
Ek dink die wat ek gekyk het was die LT. sal weer moet gaan kyk, ek ken die Coopers nie. LT en SUV lyk baie na mekaar.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Nuwe Bande
Posted: Tue Nov 28, 2017 8:11 pm
by skollie
As jy AT3-LT teen daai prys kry....... Soek ek ook nog 4 ;-)
Sent from my SM-G935F using Tapatalk
Re: Nuwe Bande
Posted: Wed Nov 29, 2017 2:27 pm
by kudu375
Francoisv
teen daardie prys op die Coopers is dit beslis die sport en nie die LT nie.
Bly weg!SUV karkas met ALL terrain loopvlak.
By die nuutste "tyre shootout" (twee weke terug gedoen en nog nie in tydskrifte nie) het die grabber WEER gewen, lw die at3. getoets in die kaap op continental se toets baan(waar die grabber ook ontwerp is)
Die nuwe Goodyear doen nie sleg nie.
die Bridgestone D693 sal my laaste opsie wees, ons vervang hierdie bande op die nuwe fortuner en hilux tussen 28000 en 35000km, dan kan die eienaars nie meer met die vibrasie en tyd wat hul in 'n bande winkel moet spandeer vat nie. Ek sal sê 5 uit elke 10 vervang.
ie bande waarmee dit die meeste vervang word is 1 Michelin LTX ,2 Pirelli atr,3 Goodyear adventure, 4 BFGoodridge, 5 General grabber.
Mooi dag
Re: Nuwe Bande
Posted: Wed Nov 29, 2017 3:21 pm
by Joe13
So julle manne reken die general grabber is goed? Het altyd BFs gehad maar was baie boos vir die nuwe KO2 bande.
Re: Nuwe Bande
Posted: Wed Nov 29, 2017 3:53 pm
by Supacow
Nexen Roadian AT Pro RA8 is glo ook n ramakkedis
Re: Nuwe Bande
Posted: Wed Nov 29, 2017 4:02 pm
by kudu375
Hi Joe,
persoonlik dink ek die nuwe Grabbers is "overated". Die vorige model was n puik band.
mooi dag
Re: Nuwe Bande
Posted: Wed Nov 29, 2017 4:15 pm
by Jaco vdW
Joe13 wrote:So julle manne reken die general grabber is goed? Het altyd BFs gehad maar was baie boos vir die nuwe KO2 bande.
Wat het gepla met die BFG KO2?
Sent from my ALE-L21 using Tapatalk
Re: Nuwe Bande
Posted: Wed Nov 29, 2017 4:47 pm
by Joe13
Ek het sonder moeite gegly op nat pad. Om n eenvoudige draai ook.
Re: Nuwe Bande
Posted: Wed Nov 29, 2017 4:49 pm
by Jaco vdW
Dankie Joe.
Sal maar kyk hoe gaan dit met hulle.
Sent from my ALE-L21 using Tapatalk
Re: Nuwe Bande
Posted: Wed Nov 29, 2017 4:51 pm
by Joe13
Dit was vir my snaaks gewees, en het ook op ander forums gelees van ouens wat groot probleem het daarmee.
Re: Nuwe Bande
Posted: Wed Nov 29, 2017 5:31 pm
by Nella
Joe13 wrote:Ek het sonder moeite gegly op nat pad. Om n eenvoudige draai ook.
Selfde ondervind met hulle.
Toe oor gegaan na maxis bighorn en wat n verskil! !
Baie beter
Re: Nuwe Bande
Posted: Thu Nov 30, 2017 9:02 am
by Trompie
Ds J wrote:Die algemene wysheid hier rond sê dat BF's swaarder is op brandstof omdat hulle soveel swaarder per band is. Kan iemand dit bevestig?
Nee nie in my ondervinding nie..ekt op my vorige stel 18" BF omtrent 140 000km gekry. En daar was nog genoeg thread vir paar duisend km. Elke 15000 die wiele rotate agter na voor en voor na agter. Toe koop ek die KO2's en staan nou op 86 000 op hulle en daar is maklik nog 30 000 of 40 000 oor op hulle. Ek het nie die keer hulle rotate nie. My brandstof verbruik in die dorp op my 3lt KB Isuzu is met albei stelle op average 11.2 km/lt.
Roadnoise is relatief min. En alhoewel die Ko2 beter op nat pad is as wat my eerste stel was is dit nie die beste nie. Maar ekt nog nooit gelgly as ek moes hard rem nie. Hy spin wel baie baie maklik op nat pad maar ek glo enige tyre op ñ bakkie doen dit maar as hy nie vrag agter op het nie.
Hulle is duur maar jy ry hulle lank en hulle puncture nie sommer nie. Nog nooit puncture gehad nie. En ek ry heelwat grondpad en in die veld...
Sent from my LG-H870 using Tapatalk
Re: Nuwe Bande
Posted: Tue Dec 05, 2017 9:53 am
by Francoisv
skollie wrote:As jy AT3-LT teen daai prys kry....... Soek ek ook nog 4 ;-)
Sent from my SM-G935F using Tapatalk
Julle manne was reg, AT3 Sport.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Nuwe Bande
Posted: Thu Dec 21, 2017 12:16 pm
by Stefan Fourie
Kan iemand my dalk iets vertel van die Pirelli S-ATR? Wil dit op NP300 4x4 sit, 90% teer en 10% grondpad.
Re: Nuwe Bande
Posted: Thu Dec 21, 2017 12:23 pm
by Apie
Stefan Fourie wrote:Kan iemand my dalk iets vertel van die Pirelli S-ATR? Wil dit op NP300 4x4 sit, 90% teer en 10% grondpad.
Lekker bande.
Kry so 65 tot 70000 op n stel
Min pap wiele, baie goeie nat en grondpad band
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Nuwe Bande
Posted: Thu Dec 21, 2017 12:34 pm
by Stefan Fourie
Apie wrote:Stefan Fourie wrote:Kan iemand my dalk iets vertel van die Pirelli S-ATR? Wil dit op NP300 4x4 sit, 90% teer en 10% grondpad.
Lekker bande.
Kry so 65 tot 70000 op n stel
Min pap wiele, baie goeie nat en grondpad band
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Dankie Apie
Sou dit 'n beter band wees as Firestone Destination?
Re: Nuwe Bande
Posted: Thu Dec 21, 2017 2:20 pm
by kudu375
nie vir grondpad ry nie.
Re: Nuwe Bande
Posted: Thu Dec 21, 2017 2:34 pm
by Stefan Fourie
kudu375 wrote:nie vir grondpad ry nie.
Dankie
Re: Nuwe Bande
Posted: Thu Dec 21, 2017 2:55 pm
by Apie
Stefan Fourie wrote:Apie wrote:Stefan Fourie wrote:Kan iemand my dalk iets vertel van die Pirelli S-ATR? Wil dit op NP300 4x4 sit, 90% teer en 10% grondpad.
Lekker bande.
Kry so 65 tot 70000 op n stel
Min pap wiele, baie goeie nat en grondpad band
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Dankie Apie
Sou dit 'n beter band wees as Firestone Destination?
Albei is goed.
Op my gif bakkie wat ek baie grondpad met styf gepompde bande moes ry met en sonder vrag het die Scorpions my so 62000km gegee.(het amper 100 ton afgelaai daai stel bande).
Die Deuler 694 waarmee ek dit opgevolg het het na 35000km vinnig agteruit gegaan.
Die Destination het weer n beter waarborg.
Maar vir jou toepassing sal albei werk. Ek dink die Scorpion is n trappie beter vir soos jy beskryf.
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Nuwe Bande
Posted: Thu Dec 21, 2017 3:47 pm
by Toyrsi
Het self die Scorpions. 1 ste stel so 80000km gedoen redelik grond pad gedoen. Nog nooit n pap wiel gehad met hulle nie.
Re: Nuwe Bande
Posted: Thu Dec 21, 2017 7:41 pm
by vossie1
Ek het altyd Bf's op my bakkies gery maar dis n gevaar op n nat pad, het woensdag vir my vrou se bakkie wat skool toe en ligte grondpad ry Hankook Dynapro 265/70/16 laat opsit. Alingnment spooring en als vir R9965 by Tiger wheel. Ek ry persoonlik met Perrelli Scorpio op my Prado en dit is in my opienie n kookwater band vir die geld. Sal nie sommer weer BF's onder my stert sit as dit nie n speel voertuig is nie.