Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Eugene »

Robbie, dis seker nie wat jy wil hoor nie, maar ek dink die beste plan hierbo is daai een waar die hele huis en, vir veiligheid, so 2 hektaar om die huis ook afgebrand word.... :-\
Aim small, miss small
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1652
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by BeesBreet »

Kry n kat, of n paar. Dit het by my gehelp met rinkhalse...
En ek is nie n kat mens nie, my honde ook nie

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
User avatar
EtienneA
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 350
Joined: Wed Sep 03, 2014 7:31 am

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by EtienneA »

Probeer iets soortgeleik. Het al self slange gevang met groot rotval met muis as lokaas.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Basjan123 »

Ek kan myself net voorstel hoe moeilik daai Mamba gaan wees in so hokkie....
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Carl »

Eugene wrote:Robbie, dis seker nie wat jy wil hoor nie, maar ek dink die beste plan hierbo is daai een waar die hele huis en, vir veiligheid, so 2 hektaar om die huis ook afgebrand word.... :-\
Dis baie drasties Eugene. Ek dink net Robbie moet leer stil lê en laat slaap. As hy so teen 10 uur uitsluip is daai Mamba reeds uit veld toe.
BeesBreet wrote:Kry n kat, of n paar. Dit het by my gehelp met rinkhalse...
En ek is nie n kat mens nie, my honde ook nie
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Bees na aanleiding van jou foto lyk dit of jy nou so lief is vir katte jy dra hulle orals rond :laugh: :laugh:
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Dries101 »

Robbie- beste manier is om al die huis sleutels bymekaar te kry- so 5 meter van die slange af te staan en dit kalm op die grond in sy rigting te skuif oor die vloer.....want jy bly nie meer daar nie
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Wouter Roets »

Carl wrote:Robbie

Die stories van Jeyes en "Snake Repelant" is al deur Johan Marais getoets en dit is alles foefies met 'n K. Dis ou vrou stories en iemand wat geld maak uit mense se onkunde. Jou huis stink en dis al. Ek dink slange het die meeste ou vrou lieg stories in omgang. Mambas wat loop, spring dans, bakkies jaag, perde moeg jaag, 3m+ lank is ens. :)

Die beste raad is maar 'n goeie slangvanger en dan moet jy begin seel waar die slang inkom - nie voor hy uit is nie ;) .
Carl

Kom kuier bietjie by my dan wys ek jou sommer n paar 3m+ mambas. So terloops het ons buurman n man genaamd Karraby wat vir hom werk en die se stokpertjie is om aktief mamba's te jag. Hy het n hele foto album vol waar hy bitter trots by elkeen van sy trofee's staan. Hy vat hulle spoor en klits hulle met sy kettie.

Sterkte daar Robbie. Ons sit met presies dieselfde probleem by een van ons chalets.

Groetnis
Wouter
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Jake1 »

Die storie dat hy meer as 2m hoog kan staan en n bakkie probeer pik is ongelukkig waar.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Carl »

Wouter Roets wrote:Carl

Kom kuier bietjie by my dan wys ek jou sommer n paar 3m+ mambas. So terloops het ons buurman n man genaamd Karraby wat vir hom werk en die se stokpertjie is om aktief mamba's te jag. Hy het n hele foto album vol waar hy bitter trots by elkeen van sy trofee's staan. Hy vat hulle spoor en klits hulle met sy kettie.

Sterkte daar Robbie. Ons sit met presies dieselfde probleem by een van ons chalets.

Groetnis
Wouter
Jammer fout met my lading ;) 5m+ dis darem 'n ongelyke getal. :angel:
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Carl »

Jake1 wrote:Die storie dat hy meer as 2m hoog kan staan en n bakkie probeer pik is ongelukkig waar.
Eie oë Jake?
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Wouter Roets »

Boys

Julle moet nou fokus! n Swart mamba kan so derde van sy liggaam se lengte optel. So wil julle nou vir my se dat hulle gemaklik oor die 5m word? :o

Groetnis
Wouter
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Jake1 »

Ja Carl en ek weet hoe hoog is 2m, ek gaan eerder nie sê hoe dik hy was nie mense gaan dink ek jok. Behalwe as hy regtig kan spring... ;D
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Jake1 »

Wouter Roets wrote:Boys

Julle moet nou fokus! n Swart mamba kan so derde van sy liggaam se lengte optel. So wil julle nou vir my se dat hulle gemaklik oor die 5m word? :o

Groetnis
Wouter
Wouter ek kan gelukkig fokus en ek weet hoe hoog is n deur, ons wou hom doodry
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Carl »

Wouter die staan is net vir Land Rover manne wat breek in die bos. Omrede die Amarok so vinnig is, byt hulle gewoonlik hul eie stert en rol dan tot by die voorwiel waarna hy inseil en dan erens bo die vooras weg kruip
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Meteor
Full Member
Full Member
Posts: 239
Joined: Sat Nov 30, 2013 7:17 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Meteor »

Ek wil nou nie goeie stories met feite verneuk maar die rekords wat al gevind was is om en by 3.6m. Dis nog in die ou dae toe hulle rerig groot was.
Alles wat die moeite werd is vat tyd en tyd kan nie verdeel word
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Jake1 »

Jammer vir die hijack Robbie.

Hulle is al gevind tot op 4.5 meter Meteor, bahalwe as Wikipedia nie feite is nie maar braaivleis stories.

Ek het groot geword in Groblersdal area.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Plaashaas »

Dries101 wrote:Robbie- beste manier is om al die huis sleutels bymekaar te kry- so 5 meter van die slange af te staan en dit kalm op die grond in sy rigting te skuif oor die vloer.....want jy bly nie meer daar nie
Dit is MY bakkie en ek SAL in hom slaap solank as wat EK wil!!!!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Wouter Roets »

Jake

Was daar n deur langs die slang toe julle hom wou doodry? ;D Onthou n kardeur is darem bietjie laer as n huisdeur. Of het julle die brandewynbottel wat tussen julle was gebruik vir skaal? Julle manne moet......wag vir dit.......Fokus!

Jake ek trek sommer jou been, maar dit is n redelike algemene feit dat hulle tot n derde van hulle liggaam kan optel. Jy is welkom om daaroor op te lees as jy dink ek praat poef.

Carl daai Amarok is so vinnig die mambas pik sommer agter hom verby.

Meteor 3.5m is groot maar daar is darem heelwat wat daai lengte gemaklik oortref. Ons het by my Oom se plaas tussen Ellisras en Marken in die tagtigs een van net oor die 4,2m doodgemaak in die langdrop. Hy het 14 foet op die kop gemeet. Dink my nefie het tot vandag toe nagmerries oor daai insident. Sy broek was al op sy kniee en hy was reg om te gaan sit toe hy iets sien glinster in die gat.

Groetnis
Wouter
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Carl »

Wouter Roets wrote: Ellisras en Marken in die tagtigs een van net oor die 4,2m doodgemaak in die langdrop. Hy het 14 foet op die kop gemeet. Dink my nefie het tot vandag toe nagmerries oor daai insident. Sy broek was al op sy kniee en hy was reg om te gaan sit toe hy iets sien glinster in die gat. Groetnis
Wouter
Ek het nou my gat af gelag. Mens moet nie daai storie in jou eie verbeelding afspeel nie!!

Robbie sorry vir die hi-jack, maar dit klink vir my ons het die oplossing gekry. Kyk maar elke keer as jy knieë buig.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Williel »

Ek het nou nie alles gelees nie maar my ondervinding is slange hou niks van petrol nie. Gooi daar waar hy rondloop en kyk of hy nie wil wyk nie.
Groete, Willie
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Carl »

Williel wrote:Ek het nou nie alles gelees nie maar my ondervinding is slange hou niks van petrol nie. Gooi daar waar hy rondloop en kyk of hy nie wil wyk nie.
Sal uitloop op Eugene se raad...
Eugene wrote:Robbie, dis seker nie wat jy wil hoor nie, maar ek dink die beste plan hierbo is daai een waar die hele huis en, vir veiligheid, so 2 hektaar om die huis ook afgebrand word.... :-\
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Williel »

Hehe, Carl... los die lighter en gooi net petrol. Niks word brand gesteek nie. ;D
Groete, Willie
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Eugene »

Carl wrote:
Williel wrote:Ek het nou nie alles gelees nie maar my ondervinding is slange hou niks van petrol nie. Gooi daar waar hy rondloop en kyk of hy nie wil wyk nie.
Sal uitloop op Eugene se raad...
Eugene wrote:Robbie, dis seker nie wat jy wil hoor nie, maar ek dink die beste plan hierbo is daai een waar die hele huis en, vir veiligheid, so 2 hektaar om die huis ook afgebrand word.... :-\
Ek het 'n baie ongelukkig voorval gehad in 'n "Hide" waarbinne ek toegesluit is deur die boer en die beperkte spasie moes deel met 'n swart mamba.... Anders as Wouter se nefie, het ek nie tyd gehad om my broek op my kniee te kry nie en het maar net die pype in my stewels gedruk sodat alles nie vuil is nie. Was sekerlik ook nie 'n mooi gesit om te sien hoe 'n vet outjie deur 'n skietvenster peul in rekord tyd nie.... :-[
Aim small, miss small
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by Jake1 »

Wouter

Ek is seker dit moes ten minste 1.95 m gewees het want n goeie tabak pyp breuk eers as hy van 1.95m of meer op die grond val.

Toe ons die slang tref het ons iets sien val uit die slang se bek. Dit blyk toe n baie goeie gekraakte tabak pyp wat in sy bek was. ;)
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Jake1 on Tue Oct 24, 2017 4:02 pm, edited 1 time in total.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Raad asb - Hoe kry ek Mamba uit huis?

Post by wlm »

Hoe dik is mambas as hulle lengte van 3m begin raak?
Post Reply