Page 2 of 2
Re: Sus-Tac knaldemper, ens. te koop -
Posted: Sun Sep 10, 2017 8:47 am
by jdpretorius
Pappabeer wrote:TFDADD wrote:
Talk is cheap, money buys the whiskey!!!
As ek so na die meerderheid van jou advertensies kyk, en die respons, of dan tekort daaraan, dink ek eerder money buys waarde vir geld, of wat werklik in aanvraag is. Ek hoop vir jou part ek is verkeerd, maar ek dink nie Jaracal is werklik die kopersmark vir baie van julle produkte nie.
Pappabeer, ek dink jy slaan die spyker raak. Baie produkte, nie net die een nie, se waarde word rondom "hype" of "brand" naam vas gestel en nie waarde vir geld nie
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
Re: Sus-Tac knaldemper, ens. te koop -
Posted: Sun Sep 10, 2017 9:58 am
by TFDADD
Pappabeer wrote:TFDADD wrote:
Talk is cheap, money buys the whiskey!!!
As ek so na die meerderheid van jou advertensies kyk, en die respons, of dan tekort daaraan, dink ek eerder money buys waarde vir geld, of wat werklik in aanvraag is. Ek hoop vir jou part ek is verkeerd, maar ek dink nie Jaracal is werklik die kopersmark vir baie van julle produkte nie.
Dankie vir jou siening, Pappabeer - dit word werklik waardeer!
Gelukkig vir ons, is die siening, met alle respek gesê, 'n mistasting.
Die bewys daarvan lê in die feit dat ons aanlyn besigheid in sy elfde (11de) bestaansjaar is en binnekort ons 12de jaar van bestaan en voortdurende groei sal begin.
My beskeie mening vir die rede hiervoor is, dat ons eerlik, vertrouenswaardig en betroubaar is, in ons deurlopende aanbieding van unieke produkte wat meer as bo-gemiddelde waarde vir geld bied.
Heelwat Jaracal manne en baie, baie meer ander kliënte het bogenoemde al oor al die jare van ons bestaan, ervaar.
So terloops, moet ek darem sê dat die paar PMP doppe wat ek hier te koop aanbied, nou nie heeltemal in daardie klas val nie, maar ten minste is hulle splinternuut!
Lekker dag!
Re: Sus-Tac knaldemper, ens. te koop -
Posted: Sun Sep 10, 2017 10:07 am
by Jake1
R600 vir die knaldemper....
Re: Sus-Tac knaldemper, ens. te koop -
Posted: Sun Sep 10, 2017 10:40 am
by TFDADD
Jake1 wrote:R600 vir die knaldemper....
Jake1, as jy daardie bedrag 5 keer (5x) oorbetaal in my rekening, koerier ek die knaldemper op my koste na jou straat adres!
Re: Sus-Tac knaldemper, ens. te koop -
Posted: Wed Sep 13, 2017 4:35 pm
by Jake1
Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes..... ek dink jy wil te veel hê vir hom

Re: Sus-Tac knaldemper, ens. te koop -
Posted: Tue Sep 19, 2017 5:13 pm
by TFDADD
SA Jagter Oktober 2017 - bladsye 40 - 42 verwys - sien K/d nr. 25 se resultate -
En hier wys hierdie einste BW3040L knaldemper in toetse die volgende:
Klankvlak (dB(C)) vermindering: 28.93
% Terugskop vermindering: 51.76 %
Toename in temperatuur: 13 - laagste van 25 K/d's getoets.
Groep mm: 18.8 - kleinste van 25 K/d's getoets.
En hier word die einste K/d teen 'n prys laer as die huidige aankoopprys (R 3 762.00 + afleweringskoste) aangebied, nl.
R 3 300.00 wat in sluit pos of koerier koste na straat adres enige plek in RSA.
Hierdie Sus-Tac K/d is so goed soos nuut!
Re: Sus-Tac knaldemper, ens. te koop -
Posted: Tue Sep 19, 2017 5:18 pm
by snakker
Gaat ons alweer :-)
Sent from my Redmi Note 3 using Tapatalk
Re: Sus-Tac knaldemper, ens. te koop -
Posted: Tue Sep 26, 2017 9:15 am
by BeesBreet
My opinie: as hy 18:1 thread was sou hy lankal al verkoop het...
Prys is reg vir seker een van die beste kd's wat daar is.
Hoekom besit ek nie een nie? Ek kan hom nie nou dadelik bekostig nie
Sent from my SM-G950F using Tapatalk