Pappabeer wrote:TFDADD wrote:
Talk is cheap, money buys the whiskey!!!
As ek so na die meerderheid van jou advertensies kyk, en die respons, of dan tekort daaraan, dink ek eerder money buys waarde vir geld, of wat werklik in aanvraag is. Ek hoop vir jou part ek is verkeerd, maar ek dink nie Jaracal is werklik die kopersmark vir baie van julle produkte nie.
Dankie vir jou siening, Pappabeer - dit word werklik waardeer!
Gelukkig vir ons, is die siening, met alle respek gesê, 'n mistasting.
Die bewys daarvan lê in die feit dat ons aanlyn besigheid in sy elfde (11de) bestaansjaar is en binnekort ons 12de jaar van bestaan en voortdurende groei sal begin.
My beskeie mening vir die rede hiervoor is, dat ons eerlik, vertrouenswaardig en betroubaar is, in ons deurlopende aanbieding van unieke produkte wat meer as bo-gemiddelde waarde vir geld bied.
Heelwat Jaracal manne en baie, baie meer ander kliënte het bogenoemde al oor al die jare van ons bestaan, ervaar.
So terloops, moet ek darem sê dat die paar PMP doppe wat ek hier te koop aanbied, nou nie heeltemal in daardie klas val nie, maar ten minste is hulle splinternuut!
Lekker dag!