Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Voel jammer vir jou, Deon. Met al hierdie raad en voorstelle, soos dit maar altyd hier gaan, voel jy seker soos 'n verkleurmannetjie op 'n smartie-box.
Niemand het egter nog genoem dat jy moontlik 'n oop visier moet gebruik nie.!
2.5-15 of 3-18 werk beste volgens my vir jag... met sewe 5-25x scopes op my gewere het ek nog nooit oor 15-16x gejag nie....selfs springbok kop skoot jag. Nooit weer koop ek grooter as dit vir jag nie....
Speelmansjagter wrote:Halo almal...
Ek vra raad vir teleskoop koop.
My budget is R20 000...net dit. Niks meer nie.
Scope moet beskikbaar wees. Wil nie graag lank wag nie.
Gebruik vir algemene jag. Bos en vlakte.
My enigste vereiste is dat die turret 100% moet werk. Hoef nie n kompetisie of tactical turret te wees nie, maar hy moet werk soos n oordentelikk long range scope. Ek besit n kahles 624i en n leupold vx6 en hulle werk altwee fantasties, maar hulle het duur geraak.
O... en vergroting darem so in die lyn van 4-16 × 44 of so iets.
Waarna kan ek kyk?
Lekker dag.
Jaco
Hallo Jaco
Ja hierdie keuse kan, het en sal n mens altyd slapelose nagte verskaf. Jy sit huidig met twee great scopes en ek kan verstaan dat jy iets sal wil he wat darem ook in daai klas val. As n VX6 3-18x44 so bietjie goedkoper was het jy seker basies met n no-braiener gesit.
Wat ek wel vir jou kan noem is dat al my algemene all-rounder jaggewere VX3 4.5-14x40 met Boonne & Crockett kruishare op pruik. Tot en met 450m is die kruishaar vir my meer as voldoende en ek weet ek kan met n geruste hart dail as ek wil. Om eerlik te wees het ek dit tot vandag toe nie nodig gehad nie, grootliks omdat ek nie die gewere sommer verder as dit sommer gebruik nie. Kom ons wees eerlik dat die scopes bitter baie boksies tiek en dit is wat my nog altyd gelei het in my keuse. Ek weet daar is bv beter glas daarbuite, maar in watse omstandighede jag ons hier in SA? Veseker nie in dieselfde omstandighede as in Europa nie.
Ek het ook VX6 teleskope en is mal oor hulle, maar om dood eerlik te wees het ek niks meer nodig as daai VX3's vir algemene jag nie.
Ek voel heeltemal anders as jy daaroor. Daar is nie altyd tyd om te dial as jy wil vinnig skiet nie. En met ffp sal jou poi altyd op alle vergrotings selfde wees. Ek het 3 weke terug weer gesien hoe laat ñ man met sfp scope 2 manne hulle blesbokke kwes met sy gun omdat hy nie holdover verstaan nie. Al wat hy geweet het is op mildot 2 was gewoonlik 250m skote. Maar omdat hy op 10 vergroting was en nie 12 soos hy gewoonlik skiet nie. En hy kon nie mooi verstaan hoe ek bedoel toe ek hom verduidelik nie. Ek jag lekkerder en baie gemakliker met my ffp scope as wat ek ooit met sfp gejag het. Dis maar net hoe ek dit ervaar. Kruisie dun en kruisie duk is irrelevant. Dis relatief tot die target.
As FFP oor die alg vir sniper scopes gebruik word maak dit mos meer sin as dit vir LR jag ook so gebruik word.
Daar is vir my n bitter groot verskil tussen langafstand jag en algemene jag. Algemene jag verskil ook seker van persoon tot persoon.
As jy langer afstande gaan skiet en groter vergrotings gebruik sal die FFP mooi werk.
As jy egter nader gaan jag en in skaduwee/bos gaan skiet gaan n FFP reticle wat op minimum vergroting is beslis teen jou sukses werk.
Onthou ook dat ek beide SFP en FFP scopes het en nie net praat oor wat ek op die internet lees nie.
Oor jou sniper opmerking ... lees bietjie wat polisie snipers teenoor militêre snipers doen en die omstandighede waarin hulle werk. Vir in n stad sal ek ook sfp gebruik teenoor n militêre sniper wat langer skote gaan vat en seker FFP gebruik.
Mens lees net min van polisie snipers.
PWV wrote:Voel jammer vir jou, Deon. Met al hierdie raad en voorstelle, soos dit maar altyd hier gaan, voel jy seker soos 'n verkleurmannetjie op 'n smartie-box.
Niemand het egter nog genoem dat jy moontlik 'n oop visier moet gebruik nie.!
Speelmansjagter wrote:Halo almal...
Ek vra raad vir teleskoop koop.
My budget is R20 000...net dit. Niks meer nie.
Scope moet beskikbaar wees. Wil nie graag lank wag nie.
Gebruik vir algemene jag. Bos en vlakte.
My enigste vereiste is dat die turret 100% moet werk. Hoef nie n kompetisie of tactical turret te wees nie, maar hy moet werk soos n oordentelikk long range scope. Ek besit n kahles 624i en n leupold vx6 en hulle werk altwee fantasties, maar hulle het duur geraak.
O... en vergroting darem so in die lyn van 4-16 × 44 of so iets.
Waarna kan ek kyk?
Lekker dag.
Jaco
Kry vir jou die nuwe Bushnell Elite Tactical. 6x24x50 ffp. Bekostigbaar en turrets stel 100%. Kyk na die youtube clip waat hulle hom toets.