Page 2 of 2
Re: live hunt
Posted: Fri Sep 02, 2011 4:18 pm
by BLOK
maggies
Ek kon nou al 3uur met n bier gesit het nou wag ek nog hele tyd vir jou

Re: live hunt
Posted: Fri Sep 02, 2011 4:20 pm
by Gerhard
Lekke man....
Re: live hunt
Posted: Fri Sep 02, 2011 7:19 pm
by douw
MOOI MAN 300WINMAG!!
LEKKER OM TE HOOR AS MANNE IETS SO GENIET.
GROETNIS
DOUW
Re: live hunt
Posted: Sun Sep 04, 2011 10:56 am
by Cobus(Cobb)
300Winmag wrote:
Dis warm! Ek drink die water. Jys reg met lang sit,
dit is dag ses. Vorige 5 was droog! Boogjag is nie sommer
net van inklim en steek nie! hiehie
6 dae agter 'n rooibok ram aan, en hy was nie eers op die hitlist nie....wie van die manne wat "uit 'n hide skiet" oneties noem, het al te voet of met bakkie of spot en stalk, 6 dae lank gesukkel??
Ek glo nogsteeds 'n dier wat water toe kom is "2miljoen triljoen"(soos my dogtertjie praat) keer meer op sy hoede as die arme black-sam wat jy op 200m - 300m omklits en nie eers van jou bestaan weet nie...
Ek praat nou nie van hondmak bokke wat jy met soutlekke uitvang nie....
Die topic is al oor en oor bespreek en ek vra nie dat ons dit weer bespreek nie...ek lig net 'n mening na ek die opserwasie gemaak het en ek glo darm nie eks te naief nie.
My boog? ?....wel s? eerder kruisboog sal volgende seisoen in my hand wees...kannie wag nie
Geniet hom 300winmag, ons wag vir daai foto
Cheers
Re: live hunt
Posted: Sun Sep 04, 2011 11:17 am
by 300Winmag
Soos belowe.
Die 2 jong rammetjies en ooie het saam ingekom - daar was 'n monster ram wat agter die hide verby geloop
het en nooit ingekom het nie. Dis seker hoekom hy so groot geword het. Hulle was verskriklik
senuweeagtig - ek neem aan agv die wind. Hulle kon nie stil gestaan kry nie. Dan drink die een, dan vlieg hy weer
om, dan weer 'n ander een. Die mannetjie het toe by die water gaan staan, en
my genoeg tyd gegee om die boog te kon span en rustig te word - so rustig soos moonlik.
Die pyl was al deur hom voor hy beweeg het. Ek hom gesien val en gerange van waar hy gestaan het tot
waar hy geval het - 43 yards. Ek het hom met 'n 2 lem Rage geskiet.
Die meerkat het my geselskap gehou vir die hele dag.
[img width=560 height=419]
http://i357.photobucket.com/albums/oo17 ... G_0003.jpg[/img]
[img width=560 height=419]
http://i357.photobucket.com/albums/oo17 ... 11-1-1.jpg[/img]
Re: live hunt
Posted: Sun Sep 04, 2011 11:22 am
by 300Winmag
cobb wrote:
Ek praat nou nie van hondmak bokke wat jy met soutlekke uitvang nie....
Dankie !!
Glo my daai bokke is net so versigtig by die lek soos by die water.
Re: live hunt
Posted: Sun Sep 04, 2011 11:53 am
by Cobus(Cobb)
Geluk ou maat, hoop jy't dit geniet.
Daardie outjie wat jou so lekker geselskap hou, lyk my eerder soos 'n swart of witkwas muishond, (slender mongoose).
Meerkaaie(meerkatte)?? kom nie natuurlik in daai distrik voor nie.
Ook, thanx vir die live update, ek het dit geniet.
Cheers
Re: live hunt
Posted: Sun Sep 04, 2011 12:01 pm
by 300Winmag
cobb wrote:
Geluk ou maat, hoop jy't dit geniet.
Daardie outjie wat jou so lekker geselskap hou, lyk my eerder soos 'n swart of witkwas muishond, (slender mongoose).
Meerkaaie(meerkatte)?? kom nie natuurlik in daai distrik voor nie.
Dankie vir die reghelp!

Re: live hunt
Posted: Sun Sep 04, 2011 6:03 pm
by Gerhard
300Winmag wrote:
Soos belowe.
Die 2 jong rammetjies en ooie het saam ingekom - daar was 'n monster ram wat agter die hide verby geloop
het en nooit ingekom het nie. Dis seker hoekom hy so groot geword het. Hulle was verskriklik
senuweeagtig - ek neem aan agv die wind. Hulle kon nie stil gestaan kry nie. Dan drink die een, dan vlieg hy weer
om, dan weer 'n ander een. Die mannetjie het toe by die water gaan staan, en
my genoeg tyd gegee om die boog te kon span en rustig te word - so rustig soos moonlik.
Die pyl was al deur hom voor hy beweeg het. Ek hom gesien val en gerange van waar hy gestaan het tot
waar hy geval het - 43 yards. Ek het hom met 'n 2 lem Rage geskiet.
Die meerkat het my geselskap gehou vir die hele dag.
[img width=560 height=419]
http://i357.photobucket.com/albums/oo17 ... G_0003.jpg[/img]
[img width=560 height=419]
http://i357.photobucket.com/albums/oo17 ... 11-1-1.jpg[/img]
Baie netjies.
Ek het nie die seisoen n rooibok gekap nie so ekke is lekke jaloers...
Jy het hard gewerk vir hom. Skoot was mooi en jou trofee foto daar niks mee fout nie.

Re: live hunt
Posted: Sun Sep 04, 2011 6:34 pm
by douw
Baie geluk 300wm
soos die slim mense s?: "n aanhouer wen!"
Groetnis
douw
Re: live hunt
Posted: Mon Sep 05, 2011 8:06 am
by BLOK
Baie mooi, geluk man en dankie ons het die jag saam jou geniet