Page 2 of 10

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Wed Jul 05, 2017 9:46 am
by Jake1
Ek stel ook belang in 250 asb.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Wed Jul 05, 2017 11:18 am
by Hein22
Dis reg Jake. Ek is besig om hele paar te maak en sal laat weet sodra die eerste paar duisend klaar is. Sal dan by julle manne wat eerste gevra het begin.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Thu Jul 06, 2017 9:57 am
by Kopskoot 1 WP
Hein, sit my ook op vir 'n 250 pakkie asb. Ek vlieg more oggend Europa toe vir twee weke so daar is geen haas, ek dink elk geval jy gaan bietjie stock moet opbou as ek na die bestellings getalle kyk! Well-done!! Ek moet 'n worsstopper laat optel daar in die noorde wat ek op forum gekoop en amper al van vergeet het, so afhangende van jou voorraad kan ek sommer beide laat afkom Kaap toe, as daar ander lede hier rond is wie ook bestel moet ons dalk reël vir een slag stuur. Ek oorweeg om ook op stadium op te ry want die stopper courier is nie finansiële opsie nie dan kan ek vir almal laai en terugbring?

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Thu Jul 06, 2017 10:20 am
by Hein22
Dankie Kopskoot, ek maak so. Ek is besig om so bietjie voorraad op te bou en sal oor so week of so al 'n hele paar reg he om uit te stuur. Ek sal almal op hoogte hou soos ek vorder.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Thu Jul 06, 2017 10:59 am
by Spanner
Ja wat. Ek is ook in vir 500, dankie vir die offer.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Thu Jul 06, 2017 11:18 am
by Johan van Wyk
Ek moet jou 10/10 gee vir poging hier. Dis presies hoe Speer aan die gang gekom het baie jare terug.

Ek moet ook net onwillekeurig dink wat sal gebeur as iemand hierdie idee vir Gert Odendaal sou noem. Geen twyfel dat hy `n 300-grein Barnes TSX sou probeer maak het uit `n eks-army .308 dop nie...

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Fri Jul 07, 2017 3:32 pm
by ruaanb
siesa Johan lol

@Kopskoot dit is baie gaaf van jou.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Sat Jul 08, 2017 11:02 pm
by Raakgeskiet
Hallo Hein
Ek sal ook 500 vat.
Stuur maar jou besonderhede aan asb.
Ek sa lverseker ook van die 55g punte vat.
Groete
Steve

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Sun Jul 09, 2017 9:52 am
by Wildeboer
Hi, bietjie gedink...
Eks ook in vir n 100punte, sal wel nog duim vashou vir die 55greiners as jy eendag daarby uitkom

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Sun Jul 09, 2017 6:37 pm
by Rookie008
Ek sal vir my ook nou n 223 moet aanskaf..

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Mon Jul 10, 2017 8:23 am
by Frikkie die Rot
Kopskoot ek het ook my bestelling ingesit by Hein en dit sal baie gaaf wees as ons sommer saam n pakkie kan opmaak vir die afstuur. Praat met ons nader aan die tyd dan kan ons mos maar help betaal.

Dankie vir die innisiatief!

Groetnis,
Frikkie

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Mon Jul 10, 2017 11:25 pm
by Jacques van Eeden
Kan ek my naam op sit vir 500 asseblief?

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Tue Jul 11, 2017 8:17 am
by Hein22
More Jacques, ek maak vir jou ook 500.

Ek vra maar net so bietjie geduld asb manne, ek is besig om die koeeltjies te maak maar vat dit so stap vir stap maw, ek maak 5000 cores klaar dan seat ek 5000 cores ens ipv om 250 heeltemal klaar te maak en dan weer te begin met die volgende 250.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Tue Jul 11, 2017 2:14 pm
by ruaanb
Geen haas Hein

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Fri Jul 28, 2017 2:03 pm
by Hein22
My Vriend het toe kans gehad om so paar koeeltjies uit sy 22-250 te skiet. Aangeheg die foto's van die toetse. Ek is heel tevrede met ons ou goedkoop koeëltjies, hulle sou nou wel nie my eerste keuse wees as ek 'n benchrest kompetisie wou probeer wen nie maar hulle skiet glad nie sleg vir 'n stukkie lood in 'n .22 doppie nie. ;D Hy het nie die spoed gemeet nie.

Ons vorder fluks met die koeëls en sal teen einde volgende week vir almal hulle koeëls kan gee wat bestel het. Dankie vir almal se geduld.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Fri Jul 28, 2017 2:19 pm
by Frikkie die Rot
Great Hein,

Sien uit om van jou te hoor!

Groetnis,
Frikkie

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Fri Jul 28, 2017 2:20 pm
by Raakgeskiet
Lyk mooi!

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Tue Aug 01, 2017 11:07 pm
by Kopskoot 1 WP
Hein, ek is terug uit die verre en sodra jy reg is kan jy maar laat weet en die wie punte vanuit die Kolonie bestel kan maar laat weet dan maak ons 'n plan om dit hier te kry. Ek reis baie binne die Boland en Wes Kaap so vir my om dit dan iewers binne die area te besorg behoort nie probleem te wees nie. Ek kry nie geleentheid vir die worsstopper nie so ek ry moontlik self op noorde toe daarvoor en paar ander sake. Ander ding wat ons in gedagte kan hou is dat daar waarskynlik paar skuts na die nasionale presidentskiet van SA Jagters gaan en ek weet van hylle ry ipv vlieg, so afhangende van wanneer jou voorraad vir die Kaap reg is kan ons dit met een van hulle laat afkom. Ek is nie so gereeld op die forum nie, maar sal loer van tyd tot tyd.

Mooiloop

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Tue Aug 08, 2017 7:52 am
by Hein22
More julle, ek glo ons het nou genoeg koeels gemaak vir almal wat bestel het. Ek kontak julle via PM.

Kopskoot vir wie gaan jy almal optel?

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Tue Aug 08, 2017 8:46 am
by Kopskoot 1 WP
Hein, die manne hier naby my Somerset Wes Kaap Paarl kan maar laat weet, ek is op oomblik in Sutherland maar is seker Saterdag terug. As die wie wil hê ek moet optel laat weet kan ons reelings tref.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Tue Aug 08, 2017 10:23 am
by ruaanb
great nuus ! As dit reg is en daar is vir my kan dit saam Kopskoot sin kom.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Tue Aug 08, 2017 10:41 am
by Hein22
Dankie Kopskoot, Sover is dit Ruaan en Frikkie wat gevra het dat jy asb hulle koeels saam joune optel. Ek sal jou my kontak besonderhede stuur dan reel ek en jy verder.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Wed Aug 09, 2017 7:54 am
by Jacques van Eeden
As dit reg is kan myne ook maar saam Kopskoot kom. Ek is naby.
Baie dankie Hein.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Thu Aug 10, 2017 7:48 am
by Hein22
Ek maak so Jacques.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Sun Aug 13, 2017 6:41 pm
by 30-06
Naand manne ek soek bietjie hulp asb.

watter spoed moet ek probeer kry uit my ou tikka 222 op di 50g punte.

Op watter jump werk julle aangesien die punt redelik kort is.
Wat is meer belangrik jump of voldoende neck grip.

Hoor graag wat julle dink.