Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Arnold wrote:Hoekom moet die geweer level wees? Hoekom nie net die teleskoop level teenoor die aarde nie?
Ek stem saam, die geweer kan maar effens gekantel wees solank die scope level is.
Ek verskil met jou en Arnold Behalwe op jou zero afstand, gaan jy dan of links of regs van die vertikale lyn deur die mikpunt skiet (afhangend van afstand en watter kant toe die geweer gekantel is). Hoeveel sal afhang van hoeveel die geweer gekantel is en die afstand na die teiken
Dit is nie net 'n teoretiese situasie nie, maar werklike praktiese resultate. Jou ingesteldheid tov akkuraatheid sal jou beïnvloed en laat besluit hoe belangrik dit vir jou is.
DawieKotze wrote:
Ek verskil met jou en Arnold Behalwe op jou zero afstand, gaan jy dan of links of regs van die vertikale lyn deur die mikpunt skiet (afhangend van afstand en watter kant toe die geweer gekantel is). Hoeveel sal afhang
Stem saam met Oom Dawie.
Hoe laer jou scope se middelpunt aan die boor van die loop is, hoe kleiner die effek.
Die probleem kom in omdat die teleskoop bokant die loop gemount is en daarom verander jou trefpunt wanneer jy die geweer kantel. Die kloeel val egter net reguit af grond toe. So solank as wat jou scope level bly gaan die koeel se baan dieselfde bly, ongeag die afstand.
Hein22 wrote:Stel jou voor jy kyk deur jou loop wat rond is, jy kan hom maar draai soos jy wil, middel bly middel. Die probleem kom in omdat die teleskoop bokant die loop gemount is en daarom verander jou trefpunt wanneer jy die geweer kantel. Die kloeel val egter net reguit af grond toe. So solank as wat jou scope level bly gaan die koeel se baan dieselfde bly, ongeag die afstand.
Ja, maar ongelukkig is die koeëlbaan en die "line of sight" deur jou scope nie in dieselfde "plane" nie. Hulle kruis mekaar net op die zero afstand.
Hein - het jy hierdie artikel gelees wat ek vroëer geplaas het?
Dawie, ek stry nie dat daar wel 'n verskil gaan wees nie. Soos jy sê gaan daar 'n verskil wees maar hoe meetbaar is dit teenoor die akuraatheid van die geweer en verlangde/haalbare akuraatheid. Of as ek dit anders kan stel, hoe gekantel moet die kruishaar wees voor die invloed merkbaar is?
Soos bv. ouens wat scopes gebruik wat in Mil stel wil sekerlik nie so raak skiet soos ouens wat 1/8 MOA scopes gebruik nie
Ek dink ons praat bietjie verby mekaar. Beslis as jy jou geweer elke keer anders kantel verander jou POI. En beslis hoe laer jou teleskoop is aan die bore hoe kleiner is die effek. Maar wanneer jou scope level is met die aarde en jy maak dieslfde fout oor en oor gaan die koeel 100% reguit aarde toe val in dieselfde lyn/baan. Dus kan jy maar jou geweer kantel en hom net zero met die windage turret solank as jou scope level is met die aarde. Dit is egter belangrik dat jy die geweer elke keer dieselfe kantel oor en oor, maw 'n bubble level gebruik.
Ek het nou net die artikel gelees, en as ek dit reg verstaan, bevestig dit wat ek sê. Ek sal hom weer gaan lees though.
Edit: Kyk na die voorbeeld in jou artikel waar die geweer op sy sy lê.
Arnold wrote:Dawie, ek stry nie dat daar wel 'n verskil gaan wees nie. Soos jy sê gaan daar 'n verskil wees maar hoe meetbaar is dit teenoor die akuraatheid van die geweer en verlangde/haalbare akuraatheid. Of as ek dit anders kan stel, hoe gekantel moet die kruishaar wees voor die invloed merkbaar is?
Soos bv. ouens wat scopes gebruik wat in Mil stel wil sekerlik nie so raak skiet soos ouens wat 1/8 MOA scopes gebruik nie
Dan vra ek omverskoning - ek het verstaan jy bedoel dat dit glad nie verskil gaan maak nie. Die meetbare verskil gaan miskien nie in die praktyk saak maak nie - hoewel die fyn skieters op die ultra afstande dalk ernstig mag verskil
Nou moet ons nog net vir Hein ook die lig laat laat sien
Afhangend van die hoeveelheid kantel tussen geweer en teleskoop sal dit n beduidenisvolle effek op LA he aangesien ons stel vir elevasie van n relatief kort zero afstand (meestal 100m/100y) Deur te stel vir elevasie, maak jy die hoek tussen loop en "line of sight" deur jou kruishaar baie groter.(effek is selfde as wat jy teleskoop 60cm ipv 6cm bo loop monteer vir n 1000m skoot) Dit vergroot dan die laterale deviasie wat gekantelde geweer tov van teleskoop het.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308