Page 2 of 2

Re: Die K98 Boere Mauser

Posted: Mon Jan 24, 2022 3:09 pm
by PRIVATE RYAN
HeinM wrote: Mon Jan 24, 2022 10:30 am
PRIVATE RYAN wrote: Mon Jan 24, 2022 8:45 am Dankie!

Onder watter vaandel sou hulle dan geveg het van 1900 - 1902?
Die Rep. van die OVS het ophou bestaan in 1900 toe Brittanje dit annekseer het. Die gebied is ingelyf by die Kaapkolonie. Die Vrystaatse kommando's het bly veg as deel / saam van die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR), tot aan die einde van die oorlog.
CR de Wet en MT Steyn sou definitief met jou verskil! In hulle verwysingsraamwerk het die Vrystaatse Volksraad definitief nog gefunksioneer van 1900 tot 1902, so ek gaan maar met dit. Het beide se outobiografie gelees en as ek reg onthou het Kroonstad en later Heilbron (van waar ek is) gedien as die hoofstad na Bloemdntein geannekseer is.

Re: Die K98 Boere Mauser

Posted: Mon Jan 24, 2022 5:26 pm
by Frikkie Coetzee
PRIVATE RYAN wrote: Mon Jan 24, 2022 2:57 pm Hi,

dis die inligting wat ek het. Ek gaan oom Andre eersdaags ontmote en sal al die detail by hom kry.

Ek is nie 'n expert nie, maar weet net dis nie 'n K98 nie.
Laat weet my vat hy se asb.

Re: Die K98 Boere Mauser

Posted: Mon Jan 24, 2022 6:00 pm
by HeinM
PRIVATE RYAN wrote: Mon Jan 24, 2022 3:09 pm
HeinM wrote: Mon Jan 24, 2022 10:30 am
PRIVATE RYAN wrote: Mon Jan 24, 2022 8:45 am Dankie!

Onder watter vaandel sou hulle dan geveg het van 1900 - 1902?
Die Rep. van die OVS het ophou bestaan in 1900 toe Brittanje dit annekseer het. Die gebied is ingelyf by die Kaapkolonie. Die Vrystaatse kommando's het bly veg as deel / saam van die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR), tot aan die einde van die oorlog.
CR de Wet en MT Steyn sou definitief met jou verskil! In hulle verwysingsraamwerk het die Vrystaatse Volksraad definitief nog gefunksioneer van 1900 tot 1902, so ek gaan maar met dit. Het beide se outobiografie gelees en as ek reg onthou het Kroonstad en later Heilbron (van waar ek is) gedien as die hoofstad na Bloemdntein geannekseer is.
Natuurlik... Hulle het alles moontlik gedoen om aan te hou veg...

Mooi dag daar

Re: Die K98 Boere Mauser

Posted: Mon Jan 24, 2022 6:36 pm
by Lategan1
Hier veg ons waaragtig weer...

Hoe meer dinge verander hoe meer bly dit dieselfde ++>:

Ons is nou terug by .308, dan 7mm Mauser en dan .303 met ‘n gegraveerde bajonet voor op ... voel soms is ons reeds terug by die assegaai ook... veral na die naweek.

Een van ons wêreld leiers juis die naweek genoem verhoudinge is “over heated”.

So bietjie Maandag stoom. :laugh: Hou maar die pronkstuk in die kluis.

Beste.

Re: Die K98 Boere Mauser

Posted: Tue Jan 25, 2022 9:15 am
by PRIVATE RYAN
Nee wat, 'n lekker debat. Mens gaan mos niks leer as almal saamstem nie.

Re: Die K98 Boere Mauser

Posted: Tue Jan 25, 2022 9:20 am
by Lategan1
Dit was ‘n grap, tong-in-die-kies!

Beste.